Bladsy 123 Sinne 6 tot 8

Rooskind – soos Ding haar noem –  het vir ons ‘n kompleet nuwe ‘tag’ speletjie uitgedink. En nogals ‘n interessante ene daarby. Sal graag wil sien wat lewer die resultate op.

Dit werk so – jy moet die boek vat wat naaste aan jou lê (of dalk wat jy tans besig is om te lees) en die boek MOET 123 of meer bladsye hê.

Blaai dan tot by bladsy 123. Tel die eerste 5 sinne af. Neem dan die volgende 3 sinne, m.a.w. sinne 6, 7 en 8 en post dit op jou blog. Onthou darem net om te sê uit watter boek dit kom 😆

Hier is myne:

Die bose diensmeisie het die prinses se perd, Falada, se kop laat afkap, uit vrees dat die dier haar geheim sou verklap. Die prinses het dit reggekry om Falada se kop by die ingang van die kasteel vas te spyker, sodat sy elke oggend, wanneer sy met die ganse daar verbyloop, met die perd se kop kon praat. Dan het die kop geantwoord: As jou moeder dit geweet het, sou haar hart gebreek het.

Die Ring van konflik tot innerlike vrede – Truida Heymann

Nou ‘tag’ ek weer vir

Zee

Boendoe

Karin

Tier

Ding

Kom, wees nou mooi en speel saam, ‘Pretty Please!’

Advertisements

12 Responses

  1. Dis ‘n bangmaak boek daai!

  2. Hi Sonkind,

    Klink na oulike tag speletjie die. Maar ek wil weet hoe kry jy jou blog se comments onder aan jou postings, en ook hoe kry jy die pages op. Help seblief as jy kan, want ekke dom 😀

    Groetetjies
    Sonneblom

  3. Sonneblom, die comments is maar vanself onderaan die posts – ek is nie seker presies van watter comments jy praat nie. Stuur vir my ‘n email, dan verduidelik jy presies wat jy waar wil he, dan sal ek probeer antwoord na die beste van my vermoe 🙂

    my email: – runxie@gmail.com

  4. Imagine as ons kinders so ‘n perd kop kon hê om hulle te laat dink voordat hulle doen 😆 Klink nogal na ‘n lekker leesboek hierdie!

  5. Okey dokey! Ek is altyd game vir so lawwe ding! 😀

  6. Klink soos ‘n cool boek. Zee het my getag. Sal later vandag myne plaas.

  7. Feëverhale op die oudag..
    Ek is bly om te sien ek is nie die enigste een wat myself verstout in sulke boeke nie 🙂

  8. Eish, met jou boeke in die rondte sal ek maar versigtig wees vir my kop!

  9. KoP, ek is darem nie in die gewoonte om mense se koppe af te kap nie, solank hulle my nie kwaad maak nie 😈

    Jasper – jy sal verbaas wees – ek het nog die hele “Chronicles of Narnia” ook om klaar te lees en nog so 2 of 3 ander ook. Oudag se voet, hoor!

  10. Sonson
    Dankie vir die geleentheid – gaan loer gerus!
    http://lxding.wordpress.com/2008/02/13/boekevat/

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: