Dis 15 jaar…

Ek onthou steeds…

die lyne van jou mond

die afgrond in jou oë

Ek herken jou stap

in ‘n ander se lyf

Ek herken jou mond

in ‘n ander se woorde

Ek weet

nog altyd waar is jy

Die naambord van die dorp

skree jou naam vir my

Ek het myself daar verban

Die keuse was nooit joune

Ek kon jou behou

Die keuse was myne

sy bly jou vrou.

Advertisements

11 Responses

  1. Sjoe dis mooi…

  2. Ai. Duidelik is daar ‘n diep verhaal agter hierdie hand vol mooi woorde. Sterkte Sonnie.

  3. Ek dink ek het ook daardie skoene gedra… en by die padpredikant die regte koers gevat.

  4. Skies, hier kom ek nog ‘n keer verby! Daar’s ‘n liedjie van Danie Niehaus, Simone, waarin hy sing “En die nag word wit, en ek sou bly sit, maar dis reeds al 15 jaar” (groot favourite). Ek het nog altyd gewonder wat bedoel hy met “die nag word wit” – die dag breek?

  5. Dis beautiful…

  6. so eina seer maar tog pragtig

  7. Baie oulik Sonkind. Eerste loerslag. Sjoe die plek is GROOOOOT!
    Mooibly.

  8. […] nie meer 15 jaar nie, dis nou 18 jaar – dalk was hierdie die fout van my […]

  9. Om te kies by ‘n vurk innie pad issie ‘n fout nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: