My vyf? Nee, JULLE vyf!

Wag-‘n-Bietjie merk my vir nog ‘n ‘tag’-speletjie. Ek moet vyf van my beste inskrywings hier aanwys.

Ek het lang jare terug hierdie woorde raakgelees: – “As jy iets doen wat die moeite werd is, moenie daaroor praat nie. Na jy dit gedoen het, sal jou vriende EN jou vyande wel daaroor praat.” So, ek kies dus om nie my eie skrywes hier uit te lig nie.

Veroorloof my dan asseblief die vryheid om eerder vyf inskrywings van ander bloggers, wat my diep geraak het, binne geslaan het, laat nadink en laat herkou het, hier op te noem.

En glo my, dit sou veel makliker gewees het om my eie 5 skrywes te loop kies, maar die wat my goed ken, sal nou al weet ek gaan nie sommer vir maklik nie.

Vyf is natuurlik nie by verre genoeg nie, dus lys ek nog 10 na die top 5. Ja, ja, ek weet ek is nou stroomop, maar sien my maar hierdie keer oor, asseblief. Okay? 😉

Neem ook asseblief kennis daarvan dat die 5 (en die verdere 10) nie in volgorde van voorkeur genoem is nie, want elke inskrywing het sy eie bekoring of boodskap vir my gehad. Ek gaan ook nie uitbrei oor hoekom ek gekies het wat ek gekies het nie – gaan lees self en ek glo julle sal verstaan.

Die Gode van Bertus.

Daar is net die dans van George.

Wat ek glo van Boer in Ballingskap.

Jou ode van Skoor.

Weerlose mense van Reverend.

En my ander 10. Hel, mense, hierdie was moeilik. Ek sou maklik nog 10 kon kies, maar nou ja, “one can only push your luck so far!”

Die verbode liefde van Rosalind Franklin.

Inkeer van ds Attie

Jou huis is waar jou hart is van Ding

Brief aan Stefan van Boer in Ballingskap

Brief wat nie gepos is nie van labmuis

Welkom in Welkom van Dellie

Kraam suster kraam van Roer

Slanghoek vallei van Uno

Wat is in ‘n naam van voetjies

Liewe pa liewe ma van George

Ek gaan nie vyf ander ‘tag’ nie, ek gaan eerder vra dat enige een wie se inskrywings ek hier bo genoem het en wat nog nie deur iemand ge’tag’ is nie, asseblief hulself sal ‘consider’ as ge’tag’ om hul vyf beste inskrywings op te noem.

Ja, moet nou nie maak soos ek gemaak het nie, maak soos ek sê! 😆

Advertisements

6 Responses

  1. Dankie, jy’t omtrent hier vir ons ‘n tydskrif saamgestel!

  2. Dankie, ek voel geëer dat jy my ‘brief wat ek nie gepos het nie’ gekies het. Jou ander keuses was uitstekend. Ek het daarmee aangrypende inskrywings ontdek van voor ek begin blogs lees het.

  3. Hallo jy! Ek’s mal oor jou blog!! Ek hoop jy geniet elke oomblik hier. Alles wat jy skryf is so waar al wil party van ons dit nie besef nie.

    Chat met jou op SSSB!!!

  4. Nr 1 sien ek – dit wil gedoen word, baie geluk!

  5. Dankie Sonkind. Ek werk weer bietjie vir ‘n verandering. En volgende week gaan ek bietjie in Stellenbosch kuier. Maar ek sal binnekort my vyf plaas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: