Die blonde in die swart Mini Cooper

In Junie verlede jaar skryf ek oor mense met hul naam op hul nommerplaat, en wat ek daarvan dink as mense hulleself so adverteer, verewig, of wat ookal. Kortliks, ek dink dis regtig eintlik bietjie plat.

Maar vandag, VANDAG, het ek die kersie op die koek gesien. Op alle koeke, for that matter! Kommin soos kaaskoek, of aspris, of regtig net seriously nie lekker nie. Dis ‘n blonde girl, ‘n jong blonde girl, met ‘n swart Mini Cooper, met ‘n selfoon teen haar oor. Nie ‘n stunning blonde girl nie, nie eers ‘n gemiddelde mooi blonde girl nie, net ‘n blonde girl. Punt.

Haar nommerplaat – wag hiervoor – dis nou nog vir my te veel om in te neem – hou vas aan jou stoel…

Haar nommerplaat:

PMS 24 7 – WP

I mean, really! Wat se boodskap wil sy nou eintlik oordra en aan wie? Is sy 24/7 beneuk op die pad? Moet mens 24/7 in jou spoor trap vir haar? Gee die verkeer haar 24/7 PMS? En hier dog ek al die tyd PMS is ‘n afkorting vir iets anders, wat NIKS met karre of verkeer te doen het nie.

As daar nog GP agter die PMS 24 7 gestaan het, kon ek dit dalk, moontlik, net miskien tog nog verstaan het.

Kan iemand asseblief vir my ‘n lig op hierdie donker onderwerp gooi? WIE DE HEL WIL MET ‘N MOTOR MET SO ‘N NOMMERPLAAT RONDRY!!! As ek my sin kon kry, sou ek haar gestop en gevra het, maar die Liefie het so gelag, dat hy nie kon stop nie – eers vir die nommerplaat en toe vir my gesig en verontwaardiging.

Ek gaan nog lank hieroor wonder.

Ns: Na aanleiding van my skrywe hierbo, het JASPER vir my hierdie oulike foto gestuur. Dankie, Jasper. Wonder of dit nou Engelse in die voertuig is!image_118.jpg

Advertisements

24 Responses

  1. Sonson
    Ding is “regtig eintlik bietjie plat” dan.

    ^ss^ se gunsteling waarvan sy tot vir ding ‘n foto geneem het: SLAK 1 GP

    Ding se gunstelinge:
    Op ‘n verskriklike grênd sportmotor – WAS HIS
    Op ‘n blouselblou SLK – JAA JAN

    Eerlik? Ding dink of daai Lady is skerp met guts en goed keelvol; of sy het net eenkeer te veel kalenderstress-truuks getrek. Stel jou voor: vroutjie is hierie klein merrie en manlief bederf haar met ‘n geskenk – ‘n parmantige swart nommertjie en sooo ‘n nommerplaat! Kierts!

  2. genade hoe het ek nou gelag Sonkind.
    ek dink ook dis plat, maar hel, ‘n girl met so houding sal tog sekerlik op die rak met haar selfoon teen haar oor met haar pellies gesels tot haar biologieses klokkie nie meer tik nie.

    ek sou my voorstel Ding, dat as manlief iemand met so parmantige karretjie wil bederf, die vroutjie dit sekerlik tog op ‘n manier met ‘n smile eendag moes verdien ? g’n man met ‘n selfbeeld en so baie geld sal so toktokkie dogtertjie vir lank aanhou nie.

    of … dalk is sy so beneuk oor haar grootste klient … jy weet, die een wat haar die karretjie laat kon bekostig het … skielik self ‘n jonger nommertjie vir sy naweeks pret aangeskaf het ?

    Sies, ek’s nou net onnodiglik lelik.

  3. Dis kommin verby! 😛

  4. Die naweek verby ‘n double cab bakkie:

    BASPIET WP

  5. Ek weet nie Sonkind, ‘n persoonlike nommerplaat sal ek nooit self oorweeg, maar ek geniet nogal die ander mense se “adverteer”.

    Hoekom ek nog hier is:

    Jy is geTag met ‘Vat vyf’ kliek onder

    http://wagnbietjie.wordpress.com/2008/02/07/vat-vyf/

  6. Ek dink dis nogal snaaks. 😀

  7. Sonkind, vanoggend in die verkeer dink ek aan jou pos. Langs my ry ‘n wit afslaankap Ford Mustang met die nommerplaat V8GRA WP. Miskien moet mens in die gees van Valentynsdag die blond en mustangryer bymekaar uitbring? Ek dink hulle sal lekker kuier.

  8. Sonkind! Klink vir my of jy bietjie jaloers is op daai blond se nommerplaat…

    Ek dink dis qute! Dis verseker nie common nie, want sy’s die enigste met daai plaat!

    Drie hoera’s van my af!

  9. Ek een my seun ry onlangs een oggend in digte mis werk toe – voor ons ‘n swart Ford Fiesta met dit registrasienommer MIS007. Ek het gedink dit was nou baie toevallig op so ‘n mistige oggend, maar die toeval was bietjie gespoil toe ons haar 3 dae later weer in die Hyperama se parkeerterrein raakloop.

  10. Ja, ek weet ook nie of ek my so sou wou verbind tot ‘n herkenbare naam, bui of e… sal mens dit toestand noem? nie. Iets sê vir my om naamloos en etiketloos deur die verkeer te suiker het tog sy voordele. Maar ek geniet gewis ander mense s’n. En ek wonder ook gereeld wat hulle besiel het om juis daai een te kies.

  11. Ek dink dis skreeusnaaks! 😆 En as ek my die uitdrukking op jou gesig verbeel, is dit nog snaakser!

    Ek is seker niemand in die verkeer gaan met daai girl sukkel nie. 😯

  12. wot the! ek haat daai nommer plate,ek het n nommer plaat its called…..”WANT TO RIDE ME ON MY KOMBUIS TAFEL-WP” PS….check out my moermeter!

  13. Daar’s ‘n outjie wat by Joburg se hof rondkuier – Litig8tor. Gee my ‘n pyn.

  14. Ok, dan is ek nou skuldig hier, my rede, ek is die 3rde geslag met dieselfde name, ouma is lankal nie meer met ons nie maar elke keer as ek na my nommerplaat kyk sien ek haar in my geestesoog!! My rede was maar net n bietjie sentimenteel !

  15. Die beste wat ek gesien het was ‘n oubaas met ‘n wit Carerra GT

    Sy nommerplaat was

    B0NES

  16. Daar’s hy! Ons vorder … stadig … maar seker! Machiel, ding eggo jou drie hoera’s en Zee, kom staan maar langs ding – al is ding nie so sentimenteel gemotiveerd en -oriënteerd nie. Bietjiewag en Roer – kom nader, kom nader – ons kan lekker lag hier!

  17. So Ding, vertel vir ons, wat staan op Rebel se nommerplaat? 😆

    Tandula, jy het my self lekker laat lag!

    George, ek dink jy het nog die beste idee van almal. Dalk moet ek my kontak by die lisensiekantore kry om die twee by mekaar te laat uitkom! 😈

    anne – you are incorrigible! I read your 10 moermeters!

    Zee, Ding, onthou – dis net my persoonlike opinie en julle het die volste reg om van my te verskil. En ja, sommige ouens se nommerplate IS nogal heel oorspronklik en ook vir my ‘n bron van vermaak in die verkeer. Miskien moet ek net ‘n regstelling maak – toe ek genoem het van GP aan die einde van die nommer, het ek bedoel dat Gauteng se verkeer genoeg is om enige mense 24/7 aan enige moontlike soort stres te laat ly! Ek het niks leliks teenoor die Gautengers bedoel nie, al haat ek die Blou Bulle! 😉

    Machiel, nee, sorry, jaloers is ek nie. As sy nou ‘n donkerkop of rooikop was met so ‘n swart Mini Cooper, dan sou ek dalk so effens groen gewees het. Oor die motor, nie oor die nommer plaat nie. Eerstens wil ek nie blond wees nie, al betaal jy my en tweedens is ek nie een van daai vrouens wat PMS gebruik vir enige soort verskoning van enige aard nie.

    En nou krap ek seker weer met ‘n stok in die byenes 😈

    😆

  18. 😆 @ sonkind vir wat op rebel se nommerplaat staan – op die oomblik niks, Sonson. Die nommerplaat is nog op sy plek vas teen Rebel, maar ding sien dis mode om die nommerplate te verwyder, indien nie beide nie, dan ten minste die voorste ene. So miskien is dit tyd dat ding die nommerplaat afhaal en iets daarop laat staan, ja?

    Soooo, Sonson, IS daar dan van daai vrouens waarvan jy nie ene is nie 😯

  19. hehe 😆 sonkind
    ek dink die ouens in daai vuurwa was ‘n klomp pomme wat bietjie nader met die bosveldson kennis gemaak het
    😉

  20. Ding, ek het vergeet om te vra – die SLAK 1 GP gunsteling van Stoutsus, sou dit nou ‘n Steve-slak of ‘n Ding-slak in daai voertuig wees?

    Wonder ek nou maar net. 😈

  21. Met die nommerplate kan ons aangaan! Vanmôre het ek een gesien: KWAIKI1-GP. Gewoonlik speel ek ook my eie speletjies met die gewone armmens-drieletter-registrasies. Maar ek probeer dit skoon hou! Miskien moet ons elkeen so ‘n nommerplaat-widget in ons sidebar sit.

  22. SS, en ek “smaak die blou bulle stukkend” 😆

  23. En sommer net, SS staan nou vir my vir Sonstraal, jy stuur partykeer so sonstraal oor my dat die res van die dag net nie meer somber kan wees nie!! Niks soos ‘n goeie debat nie!
    Ek ken ‘n ou wie sin “GODFATHER GP” is (tot sy e-mail) en hy verbeel hom nogal hy is een maar is eintlik ‘n ……. sal maar liewer nie se nie 😆

  24. Zee, BAIE dankie vir een van die mooiste komplimente wat iemand my al gegee het, die SS een, oor die Sonstraal. Jy maak my skaam 😳

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: