Stadslegendes. Kafstories?

‘n “Urban Legend” is ‘n kort storie wat oor en oor vertel word en voorgehou word as die waarheid. Daar is egter gewoonlik geen of baie min waarheid daaraan verbonde, en daar kan ook nêrens bewyse gevind word of dit wel waar is of nie. Of ons dit nou besef of nie, ons het al almal op een of ander stadium ‘n “urban legend” gehoor, gewoonlik as iets wat gebeur het met ‘n vriend van ‘n vriend se vriend.

urban-legends.jpg

Ironies genoeg is daar egter “urban legends” wat wel waar is, al klink dit nie so nie.

Hier is ‘n klompie: –

Honde kan opgooi net wanneer hulle wil, hulle eet nie gras om hulself naar te maak nie.

Charlie Chaplin het een keer ‘n Charlie Chaplin ‘look-alike’ kompetisie verloor.

Charlie Chaplin se oorskot is gesteel en ‘n losprys is daarvoor gevra.

Geen Amerikaanse wetstoepassings agentskap het al ooit regtig ‘n werklike “snuff” fliek gevind nie.

Disney World se parke is vol geheime tonnels en kameras en afluister apparate.

Wetenskapfiksie skrywer Harlan Ellison is summier in die pad gesteek op sy eerste werksdag by Disney Studios omdat hy grappe gemaak het daaroor en voorgestel het dat ‘n pornografiese Disney fliek vervaardig moet word.

Disneyland se klere en gedragskode het op ‘n tyd mans met lang hare verbied in die park.

Disney het ‘n animasiefilm vervaardig met die naam van “The Story of Menstruation.”

In 1989 het ‘n dwelmkundige in Miami, Dr. William Hearn, 135 doller note by banke in 12 verskillende stede gekry. 131 van die note het tekens van kokaien getoon by nadere ondersoek.

Die dwelm Premarin word gemaak van die urine van ‘n swanger perd.

Sommige dierebeskermingsverenigings in Amerika, laat nie toe dat katte in die tydperk rondom Halloween aangeneem word nie, uit vrees dat die katte gebruik sal word vir satanistiese rituele.

In ‘n gevegseenheid word die nuutste soldaat, met die laagste rang, aangesê om die landmyn opsporingstoestel te gebruik, want as hy opgeblaas word, dan het die eenheid nie ‘n ervare soldaat verloor nie.

‘n Soldaat kan voor die militêre hof gedaag word op ‘n aanklag van nalatigheid en beskadiging van staatseiendom as hy kwaai sonbrand opgedoen het of ‘n geslagssiekte opgetel het. (beslis nie in Suid-Afrika nie!)

Die Pepsi klingel “Come alive with the Pepsi generation” is in Taiwan vertaal as volg “Pepsi will bring your ancestors back from the dead.”

Twee van die ‘Marlboro Men’ is dood aan longkanker.

Bausch & Lomb bemark dieselfde soort sagte kontaklense onder verskillende handelsname, teen verskillende pryse en met ‘n verskillende aanbevole dra-leeftyd.

Starbucks het kiste water aan nooddienste verkoop teen 130 doller elk gedurende die World Trade Centre tragedie.

Op ‘n Britse trein het ‘n paartjie eers orale seks gehad, toe oorgegaan tot die seksdaad self en toe ‘n sigaret aangesteek en gerook. Die sekuriteit het alle klagtes ignoreer totdat die paartjie begin rook het en hulle toe daaroor aangespreek!

Advertisements

6 Responses

  1. […] The Stogie Guys â Blowinâ Smoke on Everything Cigars – cigar reviews, news and comme… wrote an interesting post today on Stadslegendes. Kafstories?Here’s a quick excerpt ‘n “Urban Legend” is ‘n kort storie wat oor en oor vertel word en voorgehou word as die waarheid. Daar is egter gewoonlik geen of baie min waarheid daaraan verbonde, en daar kan ook nêrens bewyse gevind word of dit wel waar is of nie. Of ons dit nou besef of nie, ons het al almal op een of ander stadium ‘n “urban legend” gehoor, gewoonlik as iets wat gebeur het met ‘n vriend van ‘n vriend se vriend. Ironies genoeg is daar egter “urban legends” wat wel waar is, al klink dit nie so nie. Hier […]

  2. Nog een is dat ESCOM staan vir Electricity Supply Commision!

  3. Ek het in 199..?? een naweek sonsteek opgedoen (grasgesny in ‘n bikini sonder ‘n hoedjie). Om ‘n lang storie kort te maak – ek is afge’book’ deur die dokter, maar die staatsdepartement waar ek destyds gewerk het (min mense wat vir enige een van die Dept’e werk weet dat hulle wel 24/7 in diens van die staat is), het geweier dat ek amtelik siekverlof kon neem daarvoor – ek moes 3 persoonlike verlofdae neem, want soos die destydse hoof verduidelik het het dit gegrens aan “beskadiging van staatseiendom”! Ek het nog lank met ‘n uitdrukking van ongeloof daar rondgeloop!

  4. Hier’s ‘n paar ‘snaakse’ waarhede…
    Lol @ kop!!!

  5. Ja, Kop, dis inderdaad ‘n urban legend daai!
    Sonkind, ek het my geskeur daar by Jasper vir jou storie van jou seuntjie wat van die kroegstoeltjie afgeval het! Baie snaaks

  6. “beskadiging van staatseiendom as hy kwaai sonbrand opgedoen het of ‘n geslagssiekte opgetel het.”

    In die SADF het mens somtyds kak gekry as jy in die son verbrand het. Nie soveel as jy op die grens was nie, maar as jy pas gehad het en langs die dam in die son getan het en verbrand het, het jy les opgese wanneer jy na jou eenheid toe teruggekeer het. Malangering. En dan was daar kere wat die Samjoor jou in die son laat staan het om uit te droog omdat jy babbelas gehad het. Dan het jy in elk geval verbrand. Ek stem saam met jou. Ek het nog vriende wat in die SANW is, en mens mag deesdae nie eens ‘n troep op sy moer gee nie, wat nog te se ekstra wagdiens of ‘n bosbus omdat hy te veel getan het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: