OOB en nog wat

SOLDAAT ek dink jy het ‘n monster ‘create’! Hier is my beskeie poging tot OOB. Nie heeltemal uitgekom soos ek wou hê nie, maar ek speel lekker! 😆

oob1.jpg

Op ‘n heeltemal ander noot – ek lees vanoggend in Die Burger hoe goed waatlemoen nou eintlik vir mens is. Waatlemoen se grootste gesondheidswaarde lê in die hoë likopeen-telling opgesluit. Geen ander vars vrug of groente kan kers vashou by waatlemoen as dit by likopene kom nie. ‘n Porsie van twee koppies waatlemoen bevat sowat 18,16 mg likopeen.

Likopeen is bekend daarvoor dat dit die verouderingsproses by beide mans en vroue teenwerk, maar onlangse navorsing toon ook dat likopene die selgroei van prostaatkanker kan verminder – en resultate kan so gou as binne ses weke gesien word.

Ek is versot op waatlemoen en nou het ek ‘n verskoning om dit te eet. Wonder hoe lank kan dit mens nou eintlik jonk hou?! 😈

Dis nie al voordele wat waatlemoen het nie. As jy meer daaroor wil lees, kliek HIER . Daar is selfs ‘n paar resepte ook!

Advertisements

9 Responses

  1. Flippit Sonkind! Dis stunning! Net ‘n tip… Wanneer jy die dele wat by die raampie uitsteek uitvee – stel die size op die Navigator tot so 300%, dan kan jy die raampie lekker crisp tot teen die dele wat uitsteek bring. Maar ek moet toegee – hierdie foto is perfek om ge-OOB te word, en jy het dit dêm goed gedoen! Well done! Lekker speel!

  2. Nou raak ek ook lus… Maar ek flop flatervrye koeke, so my oob gaan dalk n oop…s word! Hehe!

    Ek was mal oor waatlemoen, maar diabetis… Wel ja! Ek drool maar op die sideline en voel die plooie meer word!

  3. Sonkind, jou doring!

  4. Klim terug in die boks!

  5. Jislaaik sonnie, jy vat die ding nou na nuwe vlakke toe. Ek dink dit is tyd vir ons amateurs om uit die pad te skuif sodat professionals soos jy en DGS vir ons kan wys hoe dit nou eintlik gedoen moet word. Stunning!

  6. Mooi so Sonkind, eendag gaan ek dit ook leer!

    @Platter, jou ‘drool op die sideline’ laat my onwillekeurig aan my pa se storie dink. Hy was op ‘n baie klein dorpie op kosskool – niks daarmee verkeerd nie, een van sy maats het ‘n professor geword. Hy vertel dat die ryk kinders (waarvan hy nie een was nie) partykeer ‘n waatlemoen gebring het, dan sit hulle hom in ‘n kring en eet. En hulle armes sit in ‘n tweede kring buite-om en elkeen probeer sê vir een in die binnekring: Ek ‘second’ jou skuiwe! Daar is miskien nog so ‘n pienk skynseltjie …

  7. Ek bevind myself volgende week juis in die middel van Waatlemoen wereld. Jy sal maak dat ek ‘n paar boere gyselaar hou vir so paar nyslstroom pampoene 😆

  8. Nylstroom pampoene meen ek…

  9. Ooooh, waatlemoen! Ek het nog altyd daarvan gehou maar die afgelope seisoen kan ek net nie genoeg kry nie. Ek het al hoeveel geëet, ek begin nou baie worry oor suikerinhoud en sulke nonsens. Daar kan mos nie meer suiker in wees as in `n stuk chocolate nie? Ek is nou by die werk maar die oomblik as ek by die huis kom is dit ek en my waatlemoen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: