Boendoe se Sand Dollars

Ek het ‘n pakkie in die pos gekry. Toe ek dit oopmaak, haal ek hierdie bakkie daaruit:

2-sand-dollars.jpg

En toe ek die bakkie oopmaak, haal ek hierdie daaruit, elkeen mooi versigtig en afsonderlik toegedraai:

3-sand-dollars.jpg

DANKIE BOENDOE !!! Dankie dat jy soveel moeite gedoen het om vir iemand wat eintlik vir jou ‘n wildvreemdeling is, die pragtige skulpe te stuur. Hulle het ‘n ereplek tussen my versameling en een dag as jy in die Kaap is, koop ek vir jou die grootste bos blomme en koffie, saam met die grootste stuk koek!

Die sand wat saam met die skulpe was, lyk asof daar goudstof in is. Het Angola se strande goudstof in hul sand? 😆

7-sand-dollars.jpg

Ek was nuuskierig en het toe bietjie gaan lees oor die Sand Dollars.

Die geskiedenis van die Sand Dollar.

Die skulp is eintlik die geraamte van die sand dollar. Die sand dollar is ‘n seediertjie wat familie is van die seester en die see-egel (“urchin”). As mens na die bokant van die skulp kyk, sal jy die gaatjies sien wat ‘n stervorm maak. Buisvormige voetjies het uit hierdie gaatjies geloop en is gebruik om asem mee te haal en mee te eet.

Aan die agterkant van die skulp is die mond area, waar die sand dollar klein stukkies seeplante en seediere ingeneem het. Die vyf kake hier binne is gebruik om die kos fyn te maak. Klein pers stekels het eers die skulp bedek en dit gehelp om deur die sanderige water te wikkel.

Die sand dollar lewe effens begrawe onder die sand in vlak kuswaters. Sy dun, sirkelvormige lyf is omtrent 5 tot 10 sentimeter breed. Die gedroogde geraamte lyk soos ‘n groot, wit muntstuk. Maar die lewendige sand dollar lyk soos ‘n donserige bruin koekie. Die diertjies (skulpe) eet baie klein see organismes wat gevind word tussen die sandkorrels. Hulle leef in groot getalle in baie dele van die wêreld en word gereeld op die strande uitgespoel na storms.

‘n Sand dollar stel eiers vry deur die klein openinge naby die middel aan die bokant van die lyf. Die eiers ontwikkel dan tot vry swemmende larwes wat uiteindelik sink en op die see se bodem gaan lê en daar groei tot volwasse vorm.

Sand dollars behoort aan die stam Echinodermata (Stekelhuidiges), klas Echinoidea (Seekastaiings).

Dit is bekend dat kinders glo dat sand dollars geparste sand is wat drooggeword het of selfs geld van die meerminne is, wat uitgespoel het uit die diepsee uit. Dit is egter slegs net nog ‘n seediertjie se geraamte. Teen die tyd dat dit uitspoel op die strand, het dit reeds die stekelrige bedekking verloor en is dit ook reeds uitgebleik deur die son. Dit is dan moeilik om te glo dat dit eens ‘n lewendige organisme was.

Die sanddollar is familie van die see-lelie, die see-komkommer, die seester en die see-egel.

Omdat die sand dollar ‘n harde skelet het, word dit nie juis deur ander seediere gepla nie. Die diklip, seepaling eet dit tog soms per geleentheid.

Die naam “sand dollar” word natuurlik afgelei van hulle ronde, plat vorm, wat soortegelyk is aan ‘n groot muntstuk.

Die legende van die Sand Dollar:

There’s a pretty little legend
That I would like to tell
Of the birth and death of Jesus
Found in this lowly shell

If you examine closely,
You’ll see that you find here
Four nail holes and a fifth one
Made by a Roman’s Spear.

On one side the Easter Lily,
Its center is the star
That appeared unto the shepherds
And led them from afar.

The Christmas poinsettia
Etched on the other side
Reminds us of His birthday
Our Happy Christmastide.

Now break the centre open
And here you will release
The five white doves awaiting
To spread Good Will and Peace.

This simple little symbol,
Christ left for you and me
To help us spread his Gospel
Through all eternity.

9-sand-dollars.jpg

Bostaande inligting is verkry van:

* Gosner, Kenneth L., Guide to Identification of Marine and Estuarine Invertebrates; 1971 by John Wiley & Sons, Inc.

* Robbins, Sarah Fraser and Clarice Yentsch, The Sea Is All About Us ; 1973 Harcourt Brace Jovanovich, Inc.

Advertisements

7 Responses

  1. Sonkind, groot plesier! Ek soek juis ‘n verskoning om by die Kaap uit te kom!
    En ja, daardie spesifieke strand het so goue glitter. Ek kon dit net nog nooit op kamera vasvang nie. Dis pragtig!

  2. Daarsy boendoe, Sonkind vang toe sommer die goud in die sand vir jou vas met haar foto. Is hierdie Sand Dollars nie awesome nie! Sonkind, dalk moet jy ‘n boek skryf oor iets, jy se alles altyd so mooi en so goed nagevors!

  3. Interessant, en mooier as mooi!

  4. Dis nou mooi, en die vriendskapsbande wat hier op die blokke ontstaan.

  5. Dit is prag-goetertjies. Lyk net vreeslik broos – ding se Raka-vingers voel sommer klaar hoe hulle sal breek, durf ding aan een raak. hehe

    Boendoe, dierbare gebaar van jou – jy stel ‘n voorbeeld.

    Sonson, dankie vir die interessante inskrywing. Ding eggo Zee se woorde – dis altyd interessant om hier te lees.

    Mooi bly.

  6. Die sand dollars net so waardevol en delikaat soos vriendskappe wat gesluit word hier op die blogs.

  7. Dankie dit was werklike goeie, leersame leesstof. Ek kan nie glo ek is so oud as wat ek is (sal nie my ouderdom verklap) en dis die eerste keer dat ek, Sand Dollars sien nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: