Houtbaai en “Seal island”

Gister, na die reën bedaar het, besluit ons om uit te ry Houtbaai toe. Vir my is Houtbaai altyd een van die lekkerste plekke om sommer net op ‘n Sondagmiddag heen te ry.

Ons het egter nog nooit daaraan gedink om daar met een van die toeriste bote uit te gaan nie, maar toe ons gister inry by die hawe, sien ons dat die volgende boot binne 10 minute vertrek en net daar besluit ons op die ingewing van die oomblik om soos toeriste te maak en vir ‘n ‘cruise’ te gaan, “Seal Island” toe.

Dit was een van die beste dinge wat nog hierdie vakansietyd met my gebeur het. Die reuk van die see, om te staan dat die wind jou kop skoon waai daar buite op die oopsee, sommer net menswees terwyl die boot voortspoed – daar is nie lekkerder nie.

Die bootrit het omtrent ‘n uur geduur, ons is tot by die robbe se eiland en weer terug. Met die terugkom by die kaai, het ‘n faksie van die Kaapse Klopse ons ingewag en lekker musiek gemaak. Ons het net daar in die hawe vir ons snoek en ‘chips’ gekoop en sommer op die kaai sit en eet.

Eenkant op die kaai, sien ons toe ‘n man sit, met ‘n vet, uitgevrete rob wat by hom lê. By nadere ondersoek vertel hy dat dit hom 8 jaar geneem het om die rob mak te maak. Die rob kom gereeld uit die water en kom bedel kos. Wanneer hy besluit het dis nou tyd dat die rob moet terug water toe, gaan haal hy een van hierdie groot swart munisipale dromme en kap die drom se wiele op die grond. Dit is die enigste geluid wat veroorsaak dat die rob spring-spring-skuif, oor die hawemuur en terug in die water.

Hy het ook vir ons, en natuurlik ‘n hele klomp ander omstanders, demonstreer dat die rob op geen ander geluide reageer om terug water toe te gaan nie, slegs die drom se gekap. As ek dit nie met my eie oë gesien het nie, sou ek dit beswaarlik geglo het!

Hier is ‘n video met ‘n samevatting van my “magic” dag:

Advertisements

7 Responses

  1. Wow! Wat ‘n manier om ‘n Sondag te spandeer. Ek sal die boot onthou as ek weer daar kom.

  2. Ek kan sien hoekom dit “magic” was! Jy maak my sommer woes verlang Kaap toe!! Ons kon nie laas jaar Maart die trippie Seal Island toe maak nie, want die see was te onstuimig.

  3. Ek is mal oor die liedjie wat jy gekies het om daarmee te kombineer, dis amper asof dit inblend met die ritme van die water!

    Die vorige twee kere wat ons in die Kaap was het ons die eerste keer ‘n bootrit vanaf die Waterfront gedoen en die tweede keer na Robbeneiland. Robbeneiland sal ek nie sommer weer doen nie, dis die meeste politiek wat nog in een dag in my keel afgedruk is, die bootrit, beslis weer. Dalk is Houtbaai net die regte opsie.

  4. Dit lyk amazing! Elke dag gee julle kapenaars my nog meer redes om soontoe te wil trek

  5. Lyk “stunning.” Ons maak altyd ‘n punt daarvan om Houtbaai te besoek as ons in die Kaap kom, en deel van die roetine is dan om vis en chips by Mariners Warf te geniet.

  6. maak mens se hart sommer so ‘n punt trek Kaap toe. dalk ooit een dag…

  7. Ons leef darem maar in ‘n mooi land né..
    Jy’s op my blogroll….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: