Veervolk

Op Nuwejaarsdag het ons by my suster-hulle gaan kuier. Ons het lekker buite gesit, toe hierdie veervoete om die draai kom. Blykbaar kom hulle gereeld ‘n draai maak en my suster voer hulle. Sy vertel dat hulle al hoe meer gaste saambring, tot hulle kleintjies kuier al saam. Ek het besluit dis die moeite werd om op video vas te vang en hier is my amateur poging  – verskoon die klank en rukkerige beeld!  

Die tarentale is regtig so mak dat hulle op een stadium tot teenaan my gekom het!

Hier is ook ‘n stillewe!

tarentale-004.jpg

11 Responses

  1. Woah. Sê iemand in die agtergrond, “hulle sê dis lekker vleis”?! Hoe kan ‘n mens iets so cute wil staan en eet? Die kleintjies is te pragtig. My ma-hulle in Pretoria het juis nou oor die somervakansie ‘n familie dikkoppe op hulle sypaadjie “aangeneem” en kyk elke dag hoe die kuikens vorder. Natuurlik is die ouers nie noodwendig te vrede oor al die ekstra aandag nie! ‘n Asemrowende mooi 2008 vir jou, Son.

  2. hehe! Kan ek almal op my pad werk toe vir jou suster stuur seblief? Dan is my windscreen en seningwees veilig?

    Waar ek bly is ongelooflike geveerde spesies, hulle kos budget 2de hoogste in die huis,, hond sn heel bo!

  3. Hulle is te pragtig, dit maak my hart so seer as hulle gejag word maar dit is nou maar die verloop van die lewe 😉

  4. Wow! Ek vrek oor tarantale!

  5. Dagse Sonkind. Ek wil graag jou op my Blogroll plaas. Is dit ok en sal jy dieselfde vir my doen?

  6. Hallo Sonkind,
    Dankie vir die reactie op die pos wat nog in bewerking was! Dis nou klaar en almal kan maar kom inloer.
    Ek hoop ons gaan sommer ‘n mooi skrijfjaar maak, met baie poste, reacties en lekker inloersessies.
    Groete uit NL

  7. In Pietersburg het ons ook tarentale in die tuin gehad. Hulle is pragtig, en kan nogal heel mak word. Dit was nou tot die wordhond hulle almal doodgebyt het!

  8. Hi Sonkind… dankie vir jou kommentaar op Sonder Grense. Ons het die tyd inderdaad geniet. Het jy kans gehad om bo-op jou geliefde berg te kom oor die feestyd? Lyk my julle het darem nuwejaarsdag geniet tussen die veervolk…
    Groete, Cobus

  9. Ek kan nie na ‘n tarentaal kyk sonder om te dink een van hulle het my o.a. ‘n kar spieeltjie gekos nie. Dis al ‘n hele ruk terug maar dit voel soos gister wat tarentaal se kind oor die pad gehardloop gekom het en ons hom met ‘n spoed getref het (+-120km). Uh..nee, hy het dit nie oorleef nie en liefie kan nou nog nie na een kyk sonder om hulle te swets nie. Cute kiekies nietemin. 😀

  10. Is dit in die Paarl?

  11. Nee, Bertus. Hierdie was in Somerset-Wes, op Erinvale.

Lewer kommentaar op orchidhunter Kanselleer antwoord