Ma’s met pistole!

Kersdag het ons hele familie weer saam geëet, soos elke ander Kersfees. Dis die een dag van die jaar wat ek die familieding doen. Die res van die jaar hou ek my maar skaars by familie. Daar is ‘n gesegde wat sê mens moet familie een keer ‘n jaar op ‘n ou foto sien. Ek is nogal soms geneig om daarmee saam te stem. Dit sluit darem nou nie kinders in nie.

Hierdie Kersfees was die hele familie weer saam by my niggie se huis in die Paarl. Dis ‘n lekker sentrale ‘venue’ en groot genoeg vir ons almal. Elkeen bring een soort vleis en een soort slaai. Ons is ongeveer 30 mense so op Kersdag, so julle kan julle die klomp kos indink. En my ma maak ‘trifle’. Dit is haar spesialiteit en ek dink natuurlik nie daar is iemand wat dit so lekker maak soos sy nie.

Vanjaar het sy die Orley Whip vergeet en stuur my om geld uit haar handsak te gaan haal om te gaan Orley Whip koop. Die handsak lê een kant langs die rusbank en toe ek die beursie uithaal, vat ek iets kouds raak. Sowaar, dis haar .38 pistool! Ek besef natuurlik hoekom sy dit saam met haar dra, maar nou moet jy my ma ken om te weet dat dit ‘n absolute doellose aksie is.

My ma kan nie eers haar sleutels in haar handsak kry sonder haar leesbril nie. Dus moet sy eers vir haar bril rondvoel in haar handsak, die bril raakvat, dit opsit en dan haar sleutels soek. So stel jou nou voor sy wil enige iemand skiet wat haar aanval! Sy sal die rower, of wat ookal, eers moet vra om bietjie te wag, sy wil net gou eers haar bril soek, om op te sit om te kan sien waar om haar pistool te kry, voor sy die pistool kan uithaal en hom daarmee dreig of skiet! En dan moet sy nog onthou om die veiligheidsknip af te haal!

Toe ek haar voor stok kry oor die pistool in haar handsak en haar vertel dat die rowers dit sommer by haar gaan afvat en ook sommer byvoeg, vir ekstra skokwaarde: “Ma, enige aanvaller sou jou in elk geval al klaar verkrag het teen die tyd wat jy eendag jou pistool in die hande kry!”, slaan sy my mooi netjies vir ‘n ses.

Haar woorde; “Ag jong, wat sal ‘n ou verkragtinkie op my ouderdom tog nou saak maak! En buitendien, skiet hulle my nou met my eie pistool, dan was dit nou maar seker my tyd, ne.”

Ek was vir ‘n oomblik stom en natuurlik was sy nie ernstig nie, maar sy het die rondte gewen. Almal het uitgebars van die lag. Ek dink nog steeds nie sy is baie wys of verantwoordelik om die pistool so saam te dra nie, maar nou ja. So hardkoppig soos wat sy is, sal ek nie hond haaraf maak om haar anders te oortuig nie. Ten minste weet ek sy KAN skiet, dis nou net ‘n kwessie van die ding in die hande kry om mee te skiet!

Advertisements

5 Responses

  1. Koop vir haar volgende krismis mace

  2. so op die oudag…. *grinz* Ek stem saam met jou ma! Beggars cant be choosers! *winks*

  3. Hey! So bring en kuier is altyd ‘n wenner. Ek sal die blink in my ouma en oupa se oë op ons saamtrekke altyd onthou. Dit was goeie tye. My ma is altyd gevra om aartappelslaai te maak en nou is dit my werkie. Ek ken haar geheimpie :-). Ek hou nie van trifle nie en druk altyd vir vrugteslaai en roomys.

  4. Ek stem saam met jou ma – dis miskien beter om met jou eie pistool geskiet te word as dat jou vingerpunte met ‘n snoeiskêr afgeknip word soos in ‘n onlangse berig in Beeld wat ek nie een behoorlik klaar wou lees nie.

  5. Oulike inskrywing – thanks!

    Vat 2008 vas!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: