Amper Kersfees

Ek loop in die winkelsentrums en ek sien die tekens oral – nog ‘n Kersfees is hier. Daar is nie net meer Kersvaders wat rondloop nie, daar is nou ook mensekinders met engele vlerke. Ek het vandag vir ‘n oomblik, toe ek uit die parkeer arkade met die roltrap bo in die sentrum kom, gedink ek het dalkies in die hemel beland, want reg voor my is toe twee pare groot, spierwit vlerke. Gelukkig het die illusie net ‘n oomblik geduur, want toe draai hulle om en ek sien dis net gewone mensekinders, met aangeplakte vlerke! 😆

Daar is 5 slapies oor, dan is dit Kersfees. Soos die kat, kom Kersfees weer. Elke jaar. En nuwe jaar ook. Mens maak planne en het voornemens en voor jy jou oë uitvee, is nog ‘n jaar op die naat van sy rug en het jy nie ‘n kwart van jou goeie voornemens uitgevoer nie. Maar somtyds bring ‘n nuwe jaar vir mense nuwe vreugde en nuwe vriende.

Toe ek in Maart met my blog begin het, het ek nooit kon droom ek sou so ‘n rykdom van inligting en interessante mense hier raaklees nie. En nou voel dit asof ek party maar altyd geken het. Mense sonder ‘n regtige gesig, maar nogtans mense wat op ‘n manier onder mens se vel ingekruip het. Waarsonder ek my nie meer ‘n dag kan voorstel nie. Waaroor ek wonder as hulle vir ‘n ruk stil raak en niks skryf nie. Elkeen het my horison verbreed op sy / haar eie manier.

Adam hou als dop met sy Blou Oog en tussen ons dwaal ‘n Tier. In ‘n verre land spoeg die Wit Drakie vuur, terwyl Karen sit en dink en droom. En by sy koffietafel sit ons Doom. In Korea is ‘n Boer in Ballingskap en by Bamboes kry mens darem altyd ‘n grap. Daar is ‘n Rivier Sonder Einde, met kort om die draai die Rus wat Salig Is. By Platterfuss gaan dit soms woes, maar hopelik het die Wingerdman met haar ‘n plan. DaMario push sy luck, terwyl Gormendizer sy vurige kitaar in plug. Vokof soek Skoor, en die Gestorwe Soldaat kan met woorde toor. Daar’s ‘n Feetjieland, Rene speel in die Woestynsand en Corli werk by die koerant. Anja se kop is oop, met Chris se kop op ‘n blok. Jo-ann staan op die seepkissie en Gedagteman vang ‘n vissie. Stoutsus en Flippa is ons skewe paar en Rustig van Onrustig is ook daar. Boendoe bash in Angola rond en daar’s Vlermuis en Kat, maar nie ‘n hond. Mag Kruidjie bly Roer en Ding bly Boer.

En nou het my power digkuns 😈 heeltemal opgedroog, maar ek het nie vergeet van Jaco en Krista, Dellie se dinge, Elektriese Orgidee, Nelba, onse Reverend, die PienkZuit,  kranksinnige Anne, Kyker met sy mooi fotos en Machiel en Jan in Nederland.

By elkeen het ek in die jaar wat verby is op een of ander stadium iets gelees en iets geleer.

Geseënde Kersfees vir julle almal!

Advertisements

10 Responses

  1. Jong, jy het dit goed saamgevat! Ek loop nou ook al ‘n paar dae met dieselfde gevoel rond: hoe mens genuine geheg kan raak aan mense wat jy nog nooit ontmoet het nie, en seker nooit SAL ontmoet nie!
    Geseende Kersfees vir jou ook.

  2. Jy mag maar…..

    En jy praat baie waar!!! Daai ‘superglue’ holle wat hulleself so in mens se hart en lewe parkeer….

    Hehe @ wingerdman… shit, jy en Basil sal maar moet gaan help druiwe pars (of watookal hulle doen) anners gaan dit lankkkkkkkkkkkkkkk vat!!

    ((((Sonkind))))

  3. Pragtige woorde!! Ek is nou nog nie eers ‘n maand in julle wereld nie en klaar gehook!! Kan nie wag vir elke oggend net om te kyk of julle almal ‘n ietsie te se gehad het nie. ‘n Geseende Kersfees en Voorspoedige nuwe jaar vir jou 😀

  4. Jinne, mag jy ‘n wonderlike, vreedsame en sommer net lekker Kersfees geniet. Ek sien uit daarna om jou volgende jaar weer raak te lees.

  5. Mag jy en jou geliefdes ‘n wonderlik geseende kersfees geniet en mag die nuwe jaar wat op ons wag net goeie dinge bring.

  6. Hier van ver-in-die-vreemde: Alle seen vir Kersfees en net mooie dinge vir 2008! 8)

  7. Dit is altijd lekker om te weet iemand geniet van mens se weblog. Baie dankie vir die commentare en opmerkings. Ek wens vir jou en Basil ‘n baie mooi Kersfees en natuurlijk ‘n baie mooi 2008. Ek hoop ons gaan sommer nog baie op jou blog kan inloer om daar nuwe dinge te leer, bekende dinge te kan deel en sommer lekker kuier.
    Groete vanuit ‘n ijskoue Nederland waar ons buite ijsskaats en hoop dat daar snee is met Kersfees.

  8. Sonkind, hope kersfees groete uit ‘n mistige londen

  9. Sonkind, dankie vir lekker saamkuier in ‘n ander dimensie en dankie vir die seënwense. Mag 2008 vir jou vet pret inhou!

  10. Dankie vir ‘n oulike inskrywing wat ons almal so deel van die familie laat voel! Ek hoop julle het ‘n wonderlike Kersfees gehad, ek sit nou lekker by die huis en wag vir Nuwejaar en haal in met blogs lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: