Sexy lies in the eye of the beholder!

So ‘n dag of wat terug het ^Stoutsus^ ‘n halfdosyn vleispaleise op haar blog uitgestal en toe ek my opinie gee en vra vir regte manne, het sy dit goedgedink om hierdie vir my te plaas.

Wel, dus het ek nou maar besluit om ‘n regstelling te maak en gou-gou hier te vertel wat Sonkind dink is sexy. Maar onthou, soos ek sê: “sexy lies in the eyes of the beholder”, so my sexy is nie noodwendig andervrou se sexy nie.

Verskoon die gebruik van bekende manne, maar darem is hulle binne almal se verwysingsraamwerk. Sal nou nie veel help ek vertel hier van manne wat niemand nog ooit gesien het nie, né?

Nou, Sonkind het nogal fiemies as dit by manne kom, maar ek glo ook elke mens het iets moois aan hom / haar. Maar sexy is vir my:

Bok van Blerk se mond –

bok-van-blerk.jpg

Daai is die soenbaarste lippe wat ek al gesien het. Mwha!

Valiant Swart se “droopy eyes” – pure “come-to-bed-eyes” –

valiant-swart.jpg

Robbie Wessels se loslyf – veral as hy daai onderlyf van hom so gooi –

robbie-wessels.jpg

Bobby Skinstad se tong – Wow!!! –

bobby-skinstad.jpg

Theuns Jordaan se stem en sy hande (mooi hande maak my doeksaf!) –

theuns-jordaan.jpg

Tommy Lee Jones – sommer als aan hom –

tommy-lee-jones.jpg

Robert Downey Jnr – nog een wat my sommer net lamknie maak! –

robert-downey-jnr.jpg

En dan – die HELE package – Percy Montgomery (ai, my swak vir blonde mans!!!) –

percy-montgomery.jpg

Dan net nog dit – as ‘n man kan dans, as hy kan loslyf lyfswaai, as hy kan lekker lag en as hy my kan laat lag – dan is hy al klaar driekwart pad sexy vir my!

En dan – laaste, maar by verre die belangrikste – Basil – jy maak nou nog my knieë lam met daai stout smile van jou en daai dansie, OMW, daai dansie sal ek NOOIT vergeet nie. Daai dansie het my ge”hook”, lyn en sinker!

En as die Son nou sou skeef opkom eendag, dan sal Karen Zoid

karen-zoid.jpg

dit nou nogals vir my doen (sal dalk net haar hare bietjie netjies knip!) 😆

So – dit is vir Sonkind Sexy! Sommer net ‘n vleispaleis doen dit nie – sorry!

Advertisements

22 Responses

  1. Jy’t voortreflike smaak Sonkind!!!
    Die Bok kan maar vir my kom blêr en Theuns for that matter ook!

  2. Ek sallie kan byhou my meeste van hiri ouens nie. Ma ek besit ‘n bottel Wonder-sweep. Wha Tischhh! (en ja, Karen Zoid is voortreflik…Robbie Wessels is die odd-one out. Hy was nog nooit vir my mooi nie.)

  3. Ja, goeie smaak, lyk my. Moet ons ons foto’s instuur?

  4. Stuur Kop, Stuur! Dalk kan ons ‘n kompetisie hou – iets soos Sexyste op WordPress! Wicked! 😈

    K A T – dis juis die ding – Konvensioneel MOOI is nie altyd SEXY nie en sexy is ook nie altyd net mooi nie. Maar ek is seker daarvan ‘n Kat met ‘n Room Karwats is hel uit SEXY!

    Tier – en dan grom jy nou vir Bok as hy blêr – of hoe? 😆

  5. wou net se, ‘n geseende kersfees en net die mooiste vir jou vir 2008!

  6. Sit ek nou en wonder oor die ‘instuur’ van fotos… kan ‘n paar van die ‘blogmans’ nie maar hulle sn incognito instuur nie?

    Ek hoor toe nou gisteraand die blog gaan ‘n blogger ‘skok’… maar nou verstaan ek nie… ek dink die druifie het verkeerd verstaan of gelees of iets?? Of…. is ‘n ding in die pad van sy sig?

    Die antie kan nogal doen met ‘n kombinasie van jou ‘sexy’ manne! Nie te k@k smaak nie sonkind! Nou moet jy nog net vir ons ‘n paar bloggerfotos organise! HEHE!!!

  7. Sal die grom help?

  8. Wimpie – dankie – en vir jou ook! Don’t drink and drive, né!

    Tier, as grom nie help nie, dan eet jy sommer die Bok heelhuids op! 😆

    Platterfuss – as ek nou DAAI fotos hier moet ‘post’ dan het ons oornag ‘n slakplaag in die wingerd en het arme Basto nog meer werk as wat hy alreeds het! 😉

  9. /me sug! Eish sonkind… is ook net jy wat my kan help….

    Ekke dink hy’s tegnologies gestremd!!! HEHE!!!

    Ek en stoutsus sal maar MOET regsit met die … anti-slak-potion!!!

  10. Karen Zoid?
    KAREN ZOID??
    K A R E N Z O I D ? ? ?

    Kinna, DIT het niks met persoonlike smaak te doen nie, ernstig, hoor – DIT getuig afdoende daarvan dat jy en Basil by mekaar hoort – jy is straight, Sister – nee, donnertjiedemmittog – nie Karen Zoid nie, toe?

    Oor die manne – jawel, daardie is nou nie my afdeling nie…. !

  11. Jy het van Sebastien Chabal vergeet…

  12. Nee, BiB – te veel hare 😆

    NEE Flippa! En ek dag dan ‘n skewe sus is georiënteer om nie te diskrimineer!? IEMAND moet tog van Karen Zoid hou. En jy reken dit maak my sonder twyfel pylreguit? En as ek nou vir jou fluistersê dat ek eintlik ook nogals van Lize Beekman sou hou as die Son die dag in die weste opkom? Of Nina Swart? 😈

  13. hehe! Nou laat jy my dink son…

    Fok, stem met P, Karin? Uh uhhh! Juanita? Maybe! Effens sexygeite daar…

    Met my luck sal ek met Koert v Egoli se girlfriend opeindig.

    Nee donner,, as ek dan nie n x tussen Theuns en Chris Chameleon en paar ander kan kry nie.., dan dink ek ek bly single, met Bob as ek desperate raak?!

  14. Pfuss, so, wat is fout met Koert se girlfriend?

    Sonkind, wat is die kans dat die son in die weste kan opkom? Robbie Wessels herinner sterk aan white trash in ‘n Jerry Springer trailer park. Hy pas nie op jou lys nie, maar die res toon tekens van puik smaak – soos jou blog in die algemeen.

    Van al die blogs wat ek lees, interesseer joune aansienlik meer as die gemiddeld. Dankie tog daarvoor.

  15. […] ons voorkeure. Uit die aard van die saak deel ons nie noodwendig mekaar se voorkeure nie. Ek lees hier van sonkind se voorkeure, en wonder toe as jy nie straight/gay was nie, maar aan die anderkant van […]

  16. Sal ek ook wil weet wat danig fout is met die gawe Koert se vriendin?

    Remmo – niks onder die son is onmoontlik nie -ook nie opkom in die weste op ‘n dag nie.

    Oor Robbie Wessels – en nou gaan ek myself wyd oop laat vir die klippe! – jy (en kat) lees mis dat ek geskryf het sy LOSLYF trek my aan, niks anders nie. En dan wil ek myself nou hier verstout en vra – soek ons almal maar nie een of ander tyd iets trailer trasherigs nie? Jy weet, daai ding van ‘n man soek ‘n dame op straat en ‘n slet in die bed.

    So, ‘n vrou mag nie? ‘n Man wat sy lyf SO kan beweeg op die verhoog, moet hom bepaald ook goed kan beweeg af van die verhoog af! 😈

    Net ter verdediging van Robbie – hy lyk nogal heel aangenaam in ‘n swaelstertpak en so – heel ordentlik, hoor.

    En dankie vir die kompliment oor my blog. Vok van Vokof verskil bepaald hieroor met jou 😆

  17. Ai sonkind, hier sit en huil jy nou oor ‘n comment wat ek nie op jou blog gemik het nie! Is dit nou die trane werd, of die ‘help my, iemand is lelik met my’ skreetjies op jou blog!?

    Karen Zoid is gladnie so sleg soos daai Fisvingerindielug wil afmaak nie, en blykbaar sal sy gladnie sit en wonder wat om met jou te maak nie, if u catch my drift!

    Maar de mooie Anna Davel sal my al my v’s na f’s laat convert, net vir ‘n leeftyd, okay, i’ll settle for a night, met haar!

    En ou Robbie(s) is nie so bad nie, ek dink hy’t ‘n kommin geur oor die rolle wat hy moes vertolk.

    Sien sonkind, sonder ‘n lelike woord. I can do 2!

  18. Goeie smaak, Sonkind, Robert Downey Jnr doen dit absoluut vir my… 😉 wag, laat ek opstaan voor ek van my stoel afgly! :mrgreen:

  19. Ek gril bietjie vir Tommy Lee Jones…

  20. ‘n Geseënde Kersfees, en ‘n mooi 2008 vir jou en jou geliefdes!

    Blogging off.

  21. Die belangrikste? Sjoe, kyk nou hoe breëbors staan hierdie swaer nou, dansie en al, of hoe?

    Sonkind, Basil sal enige tyd weer vir jou daai dansie dans. Jy wat so praat van ‘n dansie, ek stem, Robbie mag maar sy lyf swaai.

    Daai dansie wat ek gereeld kry as jy so in die gang afloop, daai is mos nou die dansie wat nooit vergeet sal word nie.

    Karin Z “EN JY” kan vir my ‘n dansie of twee kom dans. Basil sal mos nie uitmis op ‘n dansie of twee nie, al dans ons totdat die son so skeef skeef opkom. LOL!

  22. Lize Beekman (Son)
    Nina Swart (Son)
    Juanita (Platzy)
    KayZee (Bas-Son en effie)
    Anna Davel (effie)

    Hmmm … Anna Davel – effie, jy toon tekens van goeie smaak.
    Nee, huh-uh, Kinna, dis nie diskrimineer nie – oor 😮 KayZee; dis nader aan waar jy jou mes en vurk vashou wanneer jy eet. Basil, gaan daai twee vir jou paaldans?
    Juanita – ag Platz, jy weet net!

    Kinna, Nina en Lize, yummie-yum-yum … jy kan maar fluister wanneer jy soooo fluister – ek is die ene ore (en oor die res brei ek nie uit nie!)hehe

    Robbie Wessels moet bepaald besondere goeie eienskappe hê ook, geen twyfel nie… I just fail to recognize them. Rolle of nie rolle nie, regtig ‘n persoonlike siening waaraan niemand hulle hoef te steur nie – Afrikaner mans kan doen sonder daardie beeld van hulle. Sy lyfswaaiery … meer dikwels as nie is suggestie net aansienlik meer sexy en opwindend – dis so in die gesig, wat bly oor vir die verbeelding??

    En eintlik wou ek maar net vir jou kom vertel, Kinna, dat jy met ‘n fluisterstem potensiaal toon…
    PF

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: