Duif en Kat

Hierdie duif

duif.jpg

het Donderdagmiddag by ons huis aangeloop gekom. Ja, regtig. Ons huis lê teen ‘n opdraande en is in ‘n hoek. Dus, die duif het verby al die ander huise in die straat geloop, op met ons oprit en in by ons voordeur, deur die traliehek.

En toe loop hy in die sitkamer rond en pronk en pof sy vere uit. As enige iemand nader kom, dan spring-vlieg hy net een kant toe. Hy het geen ringetjie of enige ander aanduiding van eienaarskap of identiteit aan hom gehad nie. Later die aand het hy hom tuisgemaak op die onderste ronde pyp van die muureenheid en ons het vir hom brood en water neergesit.

Hy het baie water gedrink, maar nie juis geëet nie. Ek het in die nag opgestaan en gaan kyk, toe sit hy met sy koppie ingetrek en slaap en die volgende oggend het ons hom nog daar gekry. Ons moes hom buite sit toe ons gaan werk en het hom uitgelok en vir hom plek gemaak onder ‘n bankie buite, maar toe ons Vrydagmiddag by die huis kom, was hy weg. Daar is geen spoor van hom nie, nie eers ‘n veertjie nie en ek hoop maar net hy is veilig terug na sy huis toe.

Niemand naby ons het duiwe nie, so dis ‘n totale “mystery” waar hy vandaan gekom het. En ek dink nie hy sal weer na ons huis toe kom nie, want Vader Xmas het vroeg gekom en vandag vir my hierdie gebring:

kat-1.jpg

Dit was omtrent ‘n ‘mission’ om ‘n foto van hom te neem! Hy toon alreeds tekens van helse stout wees, maar hy is PRAGTIG! Hy het nog nie ‘n naam nie. Enige idees?

Advertisements

13 Responses

  1. Nou beter daai duif nie weer kom nie …
    Die Romeine het geglo voëls is boodskappers. Afhangende van watter soort voël dit is, is die boodskap. n Uil het een keer met my gedoen presies wat daai duif met jou gedoen het, en net mooi dinge het daaroop gevolg.

  2. Nou wonder ding by homself of die duif nou net ‘n duif was en of dit ‘n boodskapper was en of dit glad nie ‘n duif was nie. Dalk het die kietsie vir duif gestuur om te gaan kyk of die plek okay is vir kiets om dit sy nuwe huis te maak. hehe
    Ernstig – die duif en die kat lyk altwee heel poetsig en gesellig.

    En nee, man, Sonson, hoe sal jou kat nou nog nie ‘n naam hê nie?!

  3. Ek probeer nou dink aan ‘n naam wat ek vir ‘n swart en wit katjie gegee het in 1976, maar dit wil nie terug kom nie – wie was almal daardie jaar beroemd of berug?
    Tot ek kan onthou is die beste wat ek kan doen Matewis.

  4. Noem hom: vlermuis.

  5. Ag, hy’s net te pragtig!

  6. N.a.v Ding se skrywe wat van “Poets”?
    (of dalk “Dingetjie”….sorry Ding????)

  7. Die kat is gedoop – dankie vir al die voorstelle. Adam, die kat heet Sylvester Frederik, met noemnaam Sylfred.

  8. Dis dan amptelik: Die kat is halfpad familie van my.

  9. Die kat is mos nou reeds gedoop. Dan is dit nou veilig om voor te stel dat die kat se naam Basson kon wees.

  10. Dankie Son. Ek is goed met troeteldiername… In ons huis bly daar ‘n Tudor hond (so gespel omdat ek saam met iemand in die boubedryf bly) en ‘n Karolus kat. Die ander 2 diere se name het ek nie alleen gekies nie…

    Ek het gisteroggend ‘n mossie uit Karolus se greep moes red. Die mossie by die deur laat uithop, en Karolus in die ander rigting verjaag. Die mossie kon net sy een vlerk beweeg… So hop hy toe oor die grasperk tot in die oorkantste (lees: enigste) bedding. My geliefde se hardvogtige bydrae op die situasie: It’s the circle of life…

    Bloody hell. Nie as ek dit kan verhelp nie…

    Toe ek gisteraand tuis kom was hy nie meer onder die Yukka nie.

  11. Ek wens ek was nie allergies vir katte nie…

  12. […] in Desember het ek HIER vertel van my katjie wat ‘n vroeë kersgeskenk was. Ek het nie ‘n naam vir hom gehad nie. Omdat […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: