Ek slaan my oë op na die berge…

…want my hulp gaan sowaar as wragtig NIE van die verkeersdepartement af kom nie!

Iemand wat ek ken, en ek sal vir vredesonthalwe (en ook veral vir my humeur se onthalwe) eerder nie name noem nie, het amper 18 maande gelede ‘n leerlinglisensie geslaag, sonder baie moeite. Wat nogals vreemd is in hierdie tye. Die persoon moes laaannnkal ‘n afspraak gaan maak het vir die bestuur gedeelte, maar het net uitgestel en uitgestel.

Nou is ons op nommer 99 en ek bied aan, grotendeels omdat ek min of meer vrye toegang tot ‘n foon het, om te probeer uitvind hoe ver vooruit is die besprekings reeds vol. Want sien, X se leerlinglisensie verval 21 Maart 2008! JAAA! Praat van nommer 99.

My middag verloop toe min of meer so: – uit 9 verkeersdepartemente antwoord net 3 hulle telefone. Die res is, lyk my, op AWOL. En by al 3 is die besprekings al vol tot by April of Mei.

Toe begin ek verder uitwyk platteland toe. Malmesbury maak my eers bly en sê hulle is net bespreek tot einde Januarie en ruk toe netjies die mat onder my voete uit deur my in te lig dat hulle nie meer mense wat nie in Malmesbury bly, kan help nie. Het iemand dalk vir my ‘n adres in Malmesbury?

Volgende bel ek Gordonsbaai. Hulle antwoord sowaar hulle telefoon na die derde lui. En die volgende gesprek volg toe (en ek sal dit woordeliks probeer aanhaal – nie dat dit verskriklik moeilik is nie!): –

Spreker 1 (vrou) – “‘ello. Can I help you?”

Ek – “Can you please tell me up to what date are you booked for driver’s licenses? Not for writing the learners, for the actual driving license.”

Spreker 1 – “Just hold on, please.”

Ek hou aan. In die agtergrond hoor ek mense met mekaar praat, nogals hard praat. Dan hoor ek die vrou wat die telefoon geantwoord het, skree (nie vir my nie, iewers in die kantoor in): “Test your eye and then come back to me.”

Iemand anders sê: “Eh he?” Die vrou skree weer (nou bietjie harder): “Test your eye and come back to me.”

Skielik hoor ek sy tel weer die gehoorbuis op en sy sê vir my: “‘Ello. Just hold please.”

Voor ek enige iets kan sê, is sy weer weg en ek hoor weer: “TEST your eye and then come back here. Djou oge. Gaan daar by die toets, né. Asseblief en dankie. Okay.”

Weer word die telefoon opgetel: “‘Ello. Just hold please.” Ek hou nog, na die beste van my vermoë.

Net toe ek dink, nou is ek afgesny, hoor ek weer. “‘Ello. Just hold please.” En ek hou nog steeds.

Die volgende oomblik hoor ek Spreker 2 (man): “Good afternoon. Can I help you?”

Nou raak ek amper bly, want ek is mos darem nou uiteindelik deurgeskakel. Ek herhaal mooi wat ek soek.

Spreker 2: “Did someone put you through to me?”

OMF! Nee, ek het uit die donnerse lug uitgeval. Nee, ek is eintlik deurgesit na die ou daar agter jou! Behoede my! (Ek dink hierdie, ek sê dit nie.)

Ek sê: ” I have a serious suspicion that someone did, yes.” Die sarkasme gaan heeltemal verlore op hom.

Hy: “I think it is in March.”

Ek: “I really need to know when in March, since this person’s license expires on 21 March. Can you please tell me when in March?”

Hy: “Uhm, I don’t know. They have the book there in front. Can I put you back to the front?”

Ek dink: – Fok fok fok – kan ek JOU en die hele kantoor nie dalk “back to front” omdraai nie.

Ek sê: ” Yes, please.” En ek wonder hoekom het die dame “in front” nie in die boek gekyk en my gehelp nie. Nodeloos om te sê, daardie antwoord sal ek seker nooit kry nie.

Na ‘n rukkie hoor ek hom sê: “They are engaged now, they are very busy in front. Can you just hang on?” (You could have fooled me, brother! – oor die ‘very busy’ gedeelte nou.)

Hy herhaal: “Can you just hang on? I will have to walk to the front now and fetch the book. It is quite far.”

Ek: “Yes, certainly, I will hang on.” Ek het nooit geweet ek het so baie geduld nie, maar ek hang, weet nie eintlik waaraan nie, maar ek hang.

Na ek ‘n redelike tydjie gehang het en net voor ek moeg gehang is, hoor ek hom terugkom en ek hoor blaaie ritsel: “Sorry, I gave you the wrong information. It is up to end of May.”

Ek, dood bedaard: “Thank you very much, Sir. And thanks for the trouble of fetching the book. I really appreciate it. Goodbye!”

Serious. Ek dink die “aliens” het my lyf oorgeneem. Ek kon nie eers kwaad word nie. Dit was net heeltemal, ongelooflik te fucked up om my energie en woede op te mors.

My eie lisensie kaart verval in Februarie 2008. Ek dink binnekort gaan ek dalk ook onwettig op die pad wees, want ek glo nie eers by die berge gaan ek genoeg krag kry om weer na so iets te luister nie!

Advertisements

11 Responses

  1. Die mense wat heel wettig op die paaie probeer wees, suffer die hardste.

  2. wat ‘n oneindig geduld heb jij met de ambtenaren! wij hebben ook zulke mense in ons departementen. als zij de telefoon opnemen weet je al meteen dat het felbegeerde doel waarschijnlijk niet gehaald zal worden. en dan vinden ze het nog snaaks als je boos en sarcastische antwoorden geeft op hun onnozele gestuntel.
    gelukkig ben ik (bijna) perfekt, dat maakt alles weer goed. slechts een paar kleine karakterfoutjes 🙂 zorgen er voor dat ik gedwongen wordt met beide voeten op de grond te blijven…

  3. Sonkind, I feel your pain. Ek is reeds daar. Onwettig op die pad. My lisensie het verval. En my ID Boek is tydelik verlê. Ek vermoed hy doen diens as ‘n boekmerk op die boekrak. Behalwe vir my paspoort het ek dus nie identifikasie nie, en blykbaar is almal nie gelukkig met ‘n paspoort vir identifikasie nie. FNB byvoorbeeld.

    Ek wou nou die oggend die lisensie uitsorteer, maar die tou 7.45 die oggend was skrikwekkend. Hoekom moet hulle dit so moeilik maak?

  4. Eeeiish, Batho! You seem to have fallen very had from where you’ve been hanging, ne!? I tell you what you do, ôkei? Now, you don’t phone anywhê yourself, êhe. What you do, is, you get da broda or da sista, you tell him you have da prôblem. You ask him to make that call for you and to make da appointment and you tell him, he must make da appointment and you will be very grateful to him – you will give him da lion or maybe you will give him da baffalou, you see. Den you don’t have da problem again.

    Sonson, ten minste het jy vandag vir ou ding laat skud van die lag – jy vertel dit so goed – ding kan sommer sien en hoor waarvan jy praat.

  5. Dit was vivid en livid. Ek het verlede jaar vir etlike maande “onwettig” bestuur omdat ek net nie die moed gehad het om in die Tou van Vergetelheid te gaan staan nie. En narrator, ek het al menigmaal ‘n Nederlandse call centre geskakel en dit was telkens ‘n plesier! Ek is so bly ek hoef nie nou vir ‘n liksens te staan nie!

  6. Net so erg soos wanner ons die kinders se fietse aangemeld het as by polisie stasie as gesteel, vra die ?telefoniste/konstabel of wat ook al: “Registration numbler please?” …..!

  7. As ek jy was, sou ek probeer om die gesprek (‘n toekomstige een) op te neem, en vir een of ander radio stasie te stuur. 702 of so iets.

    Want die “authorities” glo mos nooit as jy kla nie!

  8. Dowwe Dolla vertel vandag oor die radio dat sy nie haar bestuurslisensie kan deurkom nie, so sy gaan nou maar vir ‘n pilotlisensie vir ‘n vliegtuig – dit dop jy glo nie.

  9. Freddy – moenie so seker wees nie – die voorwaarde van die pilotlisensie is dat jy nie moet kan vlieg nie – kry jy dit reg om te vlieg, GAAN jy daai nommer NIE deurkom nie!

  10. Rustig vrou! Hier by my in Ierland is daar al mense wat al 10 jaar en langer met “learners” ry. Hulle is so agter om mense te toets.

  11. Eish! Nasty!

    Nou wonder ek, moet ek die berge vir jou spoil? 😉 Hierdie is hoe hulle vir my verduidelik het toe ek op toer was in Israel, saam met ‘n instituut van Bybel studies of iets…

    Ek kyk op na die berge (soos ek Jerusalem nader, in vrees en bewe, want die berge bevat rowers wat my wil beroof, gevaarlike stuff…) Waar vandaan sal daar vir my hulp kom? My hulp kom van die Here (nie van die berge af nie, my hulp kom om my te beskerm van die berge).

    Dit het nogals my verstaan/prentjie van daai psalm bietjie omgedraai… Nie op die manier wat mens graag daai kantoor sou wou omdraai nie, maar whatever.

    ‘n Off-topic comment, seker. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: