Vreemd Kwadraat

Ek het verlede naweek twee vreemde goed gesien.

Vreemd 1:

bottelboom.jpg

Ek wonder; wat is die storie hieraan verbonde? Is dit ‘n bottelboom; ‘n boom vol bottels; ‘n boodskap in ‘n bottel in ‘n boom? Dit freak my uit, completely. Wat dink julle?

Vreemd 2:

koeskatgat-straat.jpg

‘n Gat met ‘n straat naambord? Koeskatgatstraat? Die seestraat (soos Straat van Gibraltar) van Koeskatgat? Moes hier dalk nog ‘n straat gebou word? Ek sal vir ure hieroor kon spekuleer.

‘n Boom vol bottels en ‘n Seegatstraat met ‘n straatnaambord!? Maak my kop raas – in stereo! 😆

Advertisements

12 Responses

  1. Wetie van die seestraat nie, #1 laat my dink aan David Kramer wat sing: Jy, my botteltjie blou!

  2. Ek dink die boom is die alkolis se kersfeesboom!

    Koeskatgat is ‘n gat, nie ‘n straat nie. Want gat-straat klink net nie lekker nie….

  3. Ek wil ook so ‘n Krismisboom maak. Maar my lewer sal ingee as ek so baie moet suip voor die seisoen verby is. Miskien moet ek ‘n paartie hou?

    Koeskatgat laat my dink aan ‘n grappie: “Weet jy hoekom jou ma so goed kan swem? Want sy was ‘n straatvrou in Venesië”.

  4. Sonson – daai boom is ‘n heel natuurlike verskynsel – dis die bottelboer se boom. Of WAAR dink jy, kom bottels vandaan??? 😛

    Wat ding laat stilsit op sy agterpote en kop hondskeef gedraai: is die rypwordproses van daai bottels van blou na blink na swart / blink na blou na swart? Watter bottels is nou die “groenes”; watter is “ryp” en watter het sleg geword?

    Orchidhunter, jou grappie het my lekker laat lag en laat dink aan Wikkel se een grappie oor die vrou van Vereeniging wat so goed kan swem omdat sy beide oewers van die rivier bedien…

  5. nee, nou is ek ook confuse

  6. bottle your sorrows, and bury them in the hole in koeskatgatstreet. Kat het gepraat.

  7. …OOOO is diiit wa kaster-olie vedaan kom???

  8. Julle is…. snaaks!! LOL!!!

  9. As daai boom in Korea gestaan het, sou ek dadelik gese het dis ‘n Buddhitiese gebedsboom.

  10. Ek’s mal oor die boom vol bottels…dis pragtig! 🙂

  11. Ek dink dis weird! Die boom lyk of hy in ‘n AA meeting versier is. Koeskatgat? Iemand het dalk sy gat afgeval, en waarsky ons nou om te koes, voor ons ook ons gatte daar sien? Hehe.

  12. Het iemand dalk ‘n antwoord waar die naam Koeskatgat vandaan kom.

    ‘n Duitse toeris wou vanadg by my weet en ek kon nie verduidelik

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: