EK IS DEUR!

Bwahahaha! Ek is al twee my vakke deur! Het vanoggend gehoor Unisa het resultate bekend gemaak en met bewende hande het ek gaan in-log op ‘My Unisa’. Ek het hoeka so duim gesuig met die tweede vak se skryf!

En daar staan dit: Vak 1  xx% SLAAG

                              Vak 2 xx% SLAAG

Moenie vra oor die xx% nie. Die een is net bo die broek se gat en die ander een is darem so halflyf bokant die broek se gat. Maar vet weet – SLAAG is SLAAG.

Is jammer is Dinsdag vanaand. Sou kon doen met Doodles en BAIE Tequila!!!

22 Responses

  1. Geluk Sonkind!!

  2. yipppeeeeeeeeee!congrats!vader xmas calls me his duim,as ek slaag dan vra hy om die duim te suig!

  3. Baie geluk. Wat swot jy? Volgende is my beurt. Ek is baie gespanne…

  4. Dankie – Kaalvoetkind.

    anne – wat gaan vader xmas my gee omdat ek deur is?! 😈

    Adam – ja, is eintlik lang storie. Ek swot LLB so op my ou dag, nie dat ek weet wat gaan ek daarmee doen nie. Is nou so driekwart klaar. Moes eintlik na skool dit gaan swot het, maar het nie Latyn gehad nie. Beland toe in IT wêreld en is vandag ‘n flippin goeie ‘programmer’ wat my werk haat. So jaar of 6 terug vind ek toe uit ek kan LLB deur Unisa doen en begin toe. Het eerste 2 jaar Saterdae as waiter by House of Coffees in Tygervallei gewerk, behalwe nou vir my week se werk, vir ekstra geld om vir swottings te betaal. Nou kap ek maar aan, behoort in 2010 klaar te wees.

  5. Baie geluk Sonkind. Het al vergeet van daardie vreugde wanner jy die woorde lees “Slaag”.

  6. Veels geluk!
    Ek sê ook – slaag is slaag. Eenkeer was ek besig om te leer vir my eksamens, ek was hond-siek van griep die Sondag, besig om te leer vir ‘n vak die Donderdag waaroor ek baie bekommerd was. 4-uur die namiddag kom ek agter ek het my rooster verkeerd gelees en skryf ‘n ander vak die Maandagoggend. Ek het toe weggespring en siek-siek geleer tot 4-uur die oggend.
    Daar was toe ‘n lang vraag waarvan ek die eerste deel nie kon beantwoord nie. Ek verduidelik toe vir die eksaminator stap vir stap hoe ek die daaropvolgende dele sou oplos, as ek die eerste deel kon doen. Soos Michael Schumacher het ek nooit gaan lê voor die vlag nie geval het nie. Ek het die vak geslaag: met 50%!

  7. Doodles?! Het iemand “Doodles” gesê?

    🙂

    Baie geluk! Lyk my 2010 is die jaar waarin alles gebeur.

  8. Great stuff! Baie geluk.

  9. Byvoorbaat geluk.

  10. Welgedaan. House of Coffees, seg jy? Miskien het jy soms vir my ‘n decaf aangedra. Die lekkerste kofi ini Kaap, daai HoC. Behalwe vir Vida…

  11. Kierts-kierts! Baie, baie geluk, Sonnie. Ding hoop jy gebruik die res van die jaar wat oor is om jouself tot by knap kort van ‘n LLB te vier. Ding se gesin reken ding is met twee grade gebore – die ruggraat mos darem en dan natuurlik LLB. Maar dan weet ding darem ook jou LLB is nie ding se LLB (Low Level Bastardo):lol:

  12. moewwwww geluk (((sonkind)))

  13. ek is ook by unisa. slaag is slaag! ken die gevoel van…..afwagtig…..geluk!

  14. Congrats!!!

    ding…….. jy’t my nou so half in massahisterie!!!

    Dink ek moet jou ‘n posduif stuur!

  15. Baie geluk! Ons wag nog in spannig vir liefie se uitslae.
    Moenie worry oor die punte nie, 50% is deur, 51% maak van jou ‘n akedemiese wrak en op 52% skeep jy jou vriende af!

  16. sonkind,hy het my permission gevra om jou op die kombuis tafel te sit,jy weet wat gebeur dan,vir jou,het ek ja gese^.

  17. Mwah.

  18. Mooi man! Haal nou ‘n stukkie jol in! 🙂

  19. van harte gefeliciteerd zeggen we hier, maar eintlik bedoel ek BAIE GELUK. Die lekker smaak van oorwinning is dubbel, want dis nie gemaklik om te studeer en fulltime te werk nie. Jy slaag vir albei.

  20. Ek is baie bly vir jou. Geluk! Ek moet more eksamen skryf vir 3 ure. Gelukkig is dit nou al Woensdag, so as jy dit nog nie gevier het nie, doen dit nou! En hou duime vas vir my tussen 8 en 11!

  21. /me buig diep en laag vir almal se gelukwense 😉

    Dellie – ek hou STYF duimvas, jy SAL lekker skryf!

    annedelicious – en jy dink dis ‘n given dat ek gaan mooi stilsit op die kombuistafel? 😆 vader xmas en al sy elfs beter hulself vetsmeer! 😈

    Ding: Low Level BASTARDO’s is mos eintlik my kos. Jy weet dan. Ek gaan nie vir maklik nie.

    En Bastardo – laaste maar nie die minste nie – thanx vir die surprise. Dit was hipercool!

Lewer kommentaar op kat Kanselleer antwoord