Gemerk!

Agt dinge oor myself, soos wat Dellie vra. Strange enough is my numerologiese nommer ook ‘n 8. Well, here goes…

1. Ek kon vlot lees uit die koerant “The Argus” nog voor ek skool toe is. My pa het my leer lees.

2. Ek was PF in die Weermag, gekeur vir JL kursus en het 98% op die skietbaan gekry. Toe jeuk my gat en ek koop myself uit en trou. Big Mistake!

3. Ek het een keer trein gesteel (Trans Karoo) vanaf De Aar na Kaapstad – dit was darem nie beplan nie, maar as gevolg van ‘n sameloop van omstandighede.

4. Ek het nie belletjies aan my ore nie (my ore loop net reguit tot teen my kop) en die binnekant van my enkels, het nie knoppies nie, maar duikies in.

5. Ek het altyd op skool my kys se opstelle vir hom geskryf, en keer op keer het hy meer punte vir sy opstel gekry as ek vir myne. Divine justice!

6. Ek gaan slaap nooit voor al my skottelgoed nie gewas is en my kombuis nie skoon is nie, al is dit die middel van die nag.

7. Ek het op een stadium, as kind op die plaas, 17 katte gehad en elkeen by die naam geken. My ‘favorite’ was Tommy, ‘n gemmerkat.

8. Ek het regtig vir 2 jaar perlemoen gesmokkel en een nag in Kleinmond se polisie selle geslaap.

En nou, vergewe my asseblief julle drie!, tag ek vir Bertus en George en Adam.

Advertisements

14 Responses

  1. Ek smile vir nommer 1, maar veral vir nommer 1! 😆

  2. Ek wens ek kon dieselfde se^ van my ‘belletjies’…

  3. Gelukkig kan jy dan nie jou enkel-‘knoppe’ stamp nie, want dis blêddy seer!

  4. Hmm, die perlemoensmokkelary klink na ‘n lekker storie!

  5. Kyk nou so ‘n slimkind met daai Argus lees nommer!

    Jy kan daai trein storie maar enige tyd weer vir my vertel. LOL!

    Ja, die skottelgoed ene is tog so waar en ek tog so Lief vir jou omdat jy dit doen.

  6. Smaak vir ding daar is omtrent ‘n sappige storie aan die Trans Karoo???

    Hmmm… sooo Sonson, jy sê jou gat het gejeuk – maar wag, laat ding nie nou gat krap nie – ding se lippe en all is gezip…

  7. Nogal snaaks hoe ‘n mens as jy die tags so lees altyd die een of ander ding kry wat so in die kol is met mens se eie manier van doen – sien #6 – ek is ‘n ware pyn in die jis in daardie opsig!

  8. hmmm….
    ek laat soms die skottelgoed vir ‘n week ophoop.

  9. Perlemoen gesmokkel . . . Hier waar ek woon skiet ons mense soos jy en begrawe hulle in die agterplaas.

    Ek is ook numerologies ‘n 8.

    Oopkop het my ook getag, toe skryf ek maar op haar blog.

  10. my een oor het n belletjie,vader xmas dink ek is unique,as hy my biet kry op my kombuis tafel ,skree hy”amper belletjie amper”,”amper wat”,vra ek,”amper is die koel uit die geweer uit!”ek verstaan tot vandag nie wat hy bedoel nie.

  11. Basil / Ding – die trein storie, ja, die trein storie… watch this space!

    Ding – Moenie krap waar dit nie jeuk nie! 😈

    Maeree – sies vir jou! Ek dink BB sal my ondersteun met hierdie een!

    Bertus – ek is ‘n gerehabiliteerde smokkelaar. 😉
    Ter versagting moet ek net noem dit was April 2007 net mooi 10 jaar gelede en ook dat ek NOOIT ondermaat perlemoen gesmokkel het nie. Maar ek is darem bly ek lê nie vandag in jou agterplaas nie!

    anne – as ek vader xmas was, het ek jou een oor se belletjie afgebyt! 😈

  12. Sonson – ding se hande het gehoor: sakketoe!

  13. […] , eksistensialisme , homosexualiteit , kerk , random post , wtf Anja het my eerste getag, en Sonkind […]

  14. Big mistake indeed vir nr 2 – ek was ook in die weermag. Ook PF en gaan koop toe ook myself uit en trou met ‘n Ier – ek dink dis ‘n bigger mistake!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: