Skulpe

Karin se koei wat hang  het my laat dink aan dit wat in my huis altyd eerste ‘n ereplek kry as ek trek en aan die ander kant begin uitpak. Eintlik kyk ek reeds waar ek dit kan ophang as ek nog net gaan kyk na ‘n ander blyplek. Want as daar nie plek is vir my skulpies-aan-die-toue nie, dan bly ek ook nie daar nie.

 

Ek het letterlik maande en maande gesoek na NET die regte skulpies, die regte ‘look”. Ek het in Stilbaai gesoek en amper daar een gekoop, het al selfs die dame gekry om op ‘n leer te klim en dit vir my af te haal. Toe besluit daai skulpe ‘praat’ nie met my nie. Ek dink sy was erg vies vir my.

 

In Agulhas ook die winkeltjies platgeloop. Aikona! Hulle skulpe wil nie met my praat nie. Ook nie Gordonsbaai s’n nie. Later het ek moed opgegee en gedink dis my nie beskore nie.

Toe gaan ons een naweek Montagu toe en ek loop in by ‘n plaasstal, hier in die middel van die platteland en Voila! Daar hang dit! En dit PRAAT kliphard met my.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

skulpe31.jpg 

As hierdie hang, is my huis my tuiste. Dan weet ek – hier bly ek. Oral in my huis is bakke skulpe. Ek kan die skulpe vir jou uitpak en elkeen het ‘n storie. Baie kom uit my perlemoen dae.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

skulpe6.jpg

 

 

 

 

 

Behalwe vir die skulpies-wat-hang, het ek elkeen self uitgesoek en opgetel op strande van die Weskus tot die Ooskus. Ek ken hulle, soos wat ‘n ma haar kinders ken. Sommige het ek in sonskyn opgetel, ander in reen. Eendag amper my dinges gesien langs die berg by Gordonsbaai, amper deur ‘n brander die see ingeslaan van ‘n skulp probeer uitvis uit ‘n rotspoel uit. Maar ek het geklou en skulp het huis toe gekom.

 

Ek soek nie diamante en goud en duur geskenke nie – gee my ‘n besonderse skulp; nie ‘n gekoopte een nie, ‘n regte egte seeskulp, wat opgetel is – en jy hou my in die holte van jou hand.

 

 

 

 

 

 

 

 

skulpe52.jpg

Advertisements

13 Responses

  1. Jou skulpies is baie mooi, ek hou ook van skulpe. Ek het ‘n groot skildery wat gedoen is deur ‘n vriendin wat ‘n kunstenaar is. Almal wat dit sien se dis baie mooi. Dalk sal ek dit op my blog post en julle voorbeeld volg.

  2. Die digter sê in sy gedig sy nooi is in ‘n naartjie, sy ouma in kaneel, daar’s iemand iemand in anys … wie is in jou skulpe?

  3. Dis jammer dat die see so geplunder word dat daar deedae maar selde volwasse skulpe uitspoel. Baie dankie dat jy hulle optel en nie die lewende slakkies uitduik nie. Skulpe is voorwaar van die natuur se mooiste skeppings. Ek het op ‘n stadium ‘n obsessie met hulle gehad toe ek nog naby die see gebly het.

  4. Ek maak weer klippe bymekaar. Het ‘n hele kas vol uitsonderlike klippe. Dalk kan ek hulle eendag vir jou wys. 😉

  5. I ‘do’ koeie & paddas….. en klippe!

    En.. ‘n mooi skulp laat my altyd dink dat die Oom daarbo elke oomblik geniet het om dit te ‘ontwerp’… die kleure, die vorms…

  6. Kry mens “sand dollars” in Suid Afrika? Plat, groenerige skulpe met ‘n daisy-gesiggie? Dis vir my die mooiste ding – as jy wil he, kan ek vir jou bring!

  7. Orchid – ek het nog steeds ‘n obsessie met skulpe, sal altyd he, al bly ek in die woestyn 🙂

    boendoe – ASSEBLIEF! Ek is jou ewige slaaf as jy vir my nuwe, onverkrygbare skulpe bring.

    Platt & Bastardo – ek ken nie eintlik van klippe nie, maar ek sal graag wil sien. Al wat ek ooit met klippe gedoen het, was om my maatjies op die plaas te gooi met klippe as ek moeg gespeel was en wou he hulle moet nou huis toe gaan. 😈

    Ding – wie is in my skulpe? Die see is daar binne, met Neptune en sy meerminne wat vir hom sing. Die Lorelai is daar binne, wat die seevaarders na die rotse lok met haar sirene-sangstem. Die swartslang bamboese swiesj in my skulpe en die dolfyne, die robbe en die walvisse speel aan-aan binne in my skulpe. My hart is in my skulpe, my wonderwereld ver van hier is in my skulpe. My ek-alleen is in my skulpe.

  8. Skulpie skulpie in my hand, wie is die oulikste sonkind in die land?

  9. Baie oulik. Dis nogal waar wat orchidhunter se^ of miskien soek ek nie hard genoeg nie. Hier op Vishoek het ek en die kinders al ‘n paar keer gaan soek. Kry nie mooi skulpe nie.

  10. Basil, DIT is nou die eerlikste, kostelikste, mees romantiese stukkie kommentaar wat ek nog op hierdie blogs gelees het. Prysloos!

  11. skulpe!aaaahhh!my een seun se naam is skulpe,hy is so wit en mooi soos daardie skulpe van jou,somtyds sit ek hom in n bak.

  12. Welkom anne! Is hy ook so mooi in die bak? 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: