Ek is GATVOL!

Ek is gatvol vir reën, vir koud kry, vir wintersklere dra, vir wag vir die somer! Gatvol, gatvol gatvol!!!

Dankie, nou voel ek beter. As ek dit nie gesê het nie, kon ek dalk net begin het om my polse stadig, maar deeglik af te kou.

Sover het ons hier in die Kaap een week – nee wag, dalk is ek nou te optimisties, dit was meer soos 3 dae – somer gehad. En ‘n paar wat amper somer was. Of het ek dalk aan die slaap geval en eers weer in die middel van Junie wakker geword? Iemand daar buite – wat is die datum vandag?

Net sodra ek begin dink nou kan ek my somersklere uithaal, nou kan ek die dik duvet wegpak, nou kan ek bietjie son op my sonhonger lyf kry, dan pak die wolke saam en dit flippin reën. En nee, ek is nie ondankbaar nie, ek verstaan van droogtes en al daai 12 dinge, maar asseblief – GENOEG IS FOKKIN GENOEG!

As dit nie gou, GOU soos in eergister, somer word nie, gaan julle maar die manne in die wit jasse kan stuur. Miskien kan hulle my wegvat na ‘n plek waar daar son is, 365 dae van die jaar. Dit kan in die nag reën, asseblief, terwyl ek slaap.

Ek WIL NIE meer wolke sien nie, ek WIL NIE meer reën sien nie. Ek WIL NIE meer vandag my motor was, net om more op te staan en hy is weer vaal en vol stof gereën nie. E K  W I L  N I E  M E E R  W I N T E R  H E  N I E! Het ek myself duidelik genoeg gemaak?

Is daar iewers in hierdie land ‘n plek waarheen ek kan gaan, ‘n plek wat amper soos die Kaap is, maar waar dit nie reën nie, soos in nie reën nie vir die volgende 65 jaar? Waar die son skyn, asseblief? AsseGROOTblief.

As enige een weet van so ‘n plek, kom haal my asseblief en vat my soontoe. Ek sal AL my aardse besittings vir jou gee!

Advertisements

21 Responses

  1. Jong, hier in Pretoria was dit al somer, maar deesdae is dit maar pretty much bewolk en reënerig. So, hier gaan jy ook nie regkom nie! Sorry!

  2. Sjoe, man! Jy kan die die Kaap so verraai nie – ek verlang dan juis so baie na die Kaapse reen. Jy’s welkom in Korea – hier is die winters droog (maar weet nie of jy lief is voir sneeu nie?) 😉

  3. Sonkind, ek voel soos jy en soos Sonstudio se hier in Pretoria is die Somer ook maar skamerig om regtig te voorskyn te kom…EN EK SOEK HOM OOK. O jy gaan ver soek om ‘n plek soos die Kaap te kry!

  4. Ek was nou al die laaste 7 dae in Durban, by die huis in Pretoorsdorp en in die kaap, en orals reën dit.

    Sal ons Namibie probeer?

  5. Jip, jou naam is nie verniet Sonkind nie, ne. I feel your pain sister. Hier anderkant die berg is dit ook maar nat en koud en ek het klaar my elektriese kombersie weggepak. Hoe is daai vir optimisties.

  6. Ja’k! Ook geen joy hier in KwaZulu Natal vir jou nie! Dit sous nou al dae lank een stryk deur. Sterkte, ek deel jou pessimisme. Ek soek SON!

  7. Daar is so ‘n bietjie son in Welkom, maar dit voel soos winter! Die reën dreig die hele tyd, en rerig, dit voel nie soos November nie. Ek het gisteraand weer my winter nighties aangetrek. Wat gaan aan? Is dit globaalse verwarring?

  8. winter is net om die draai. vandag en more gaan dit storm en verwag ons reën en lae temperature. maar weet jy, dit word eintlik lekker wanneer die houtkachel so ‘n bromgeluid maak en ons sit en geniet van die warmte. netnou netnou gaan dit nog vries en val die snee. dan weet ons, nou is die winter daar en ons kan dit wel geniet. ysskaats, lekker stap in ‘n wêreld wat wit is en waar alle geluide gedemp word deur die snee.
    maar, ons is ook maar bly as die somer weer kom.
    groet,

  9. Ja toemaar, hier in JHB begin ons ook nou al gewoond raak aan ‘n monsoon-seisoen in plaas van ‘n ordentlike somer.

    Volgens my pa se rekords wat hy nou al hou van 1984 af is dit sover die tweede natste Oktober hier gewees van toe af – 1994 was blykbaar selfs effens natter.

    Hoop jy vind jou stukkie sonskyn sommer net waar jy is, en sommer in die volgende week al! 🙂

  10. Demmit vrou. Ruk jouself reg!

  11. Sal jou weer enige dag ruil vir die weer hier in Kuwait. Ons kry gemiddeld so 10 dae reen per jaar, somer temperature styg tot bo 50 grade, sonskyn elke dag… Jy kan dit gerus kom toets-bestuur voor jy besluit!

  12. Ek sal enige dag met jou plekke ruil – son vir reen – hier in Namibia is dit lekker warm,ek wens al so dit wil bietjie hier by ons reen.

  13. Ek stem saam. En dis nog vir my half orraait as dit reën, maar dit moet nie net so…BEWOLK wees sonder om iets te doen nie. Dit pers die laaste lewenslus bietjie vir bietjie uit my. Gee my ‘n sonskyndag gevolg deur ‘n ordentlike donderstorm en weer sonskyn daarna enige dag!

  14. Ai Son, en vandag sê die koerant dit gaan nog ‘n rukkie lank eendeweer wees hier. Wat van ‘n rooiwyntjie by ‘n lekker warm kaggelvuur?

  15. Dis maar nog net November. Chill. As die temperatuur eers 40 slaan in middel-Januarie, dan wens almal weer vir die winter.

  16. Kom nou somer, kom vinnig! Ek voel soos Son – moeg vir die koue en die nat en die grys. Veral vir die grys. Die damme is vol en ek is bly. Maar ons soek ‘n beurt vir lekker warm wees in die sonnetjie. En my brak weet nie of hy moet ophaar of afhaar nie….

  17. Hierdie inskrywing laat my aan die volgende woorde uit 4 Seisoene kind van Laurika Rauch dink:
    …waar die wintervure brand
    en die nagte vir die somer lê en wag

  18. Bib – ek ken nie sneeu nie, so ek weet nie, maar ek hou nie van nat en koud nie, so ek twyfel.

    Ja Jaco, ek dink Namibië. Of Kenhardt. Of Kuwait. Nogal wye keuse wat ek het 😉

    George, NEE, ek willie! Ek het nie meer reserwes nie. Die wintervampier het my leeg gesuig, verstaan jy?!

    Bertus, CHILL? C H I L L!! Dis van chill wat ek so mislik is, van te veel ge-chill wees, letterlik. En nee, ek vat ENIGE dag 40 grade bo winter, dankie.

  19. […] Posted on 9 November 2007 by George Maru Ja, die Kaapse winter was lank die jaar. Vir diegene wat nou gatvol is: hou moed! Selfs die winter het sy eie bekoringe. En om my punt te staaf, wys ek […]

  20. My ideale bestaan is ook een waar ek na ‘n ander halfrond kan vlug sodra dit koud raak en winter vir ewig kan vermy.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: