Hoe goed is jou motor?

So ‘n rukkie terug het ek vertel wat ek doen om my daaglikse brood te verdien. Boer in Ballingskap het genoem dat hy nogal die stats van voertuie sou wou sien. Soos hoeveel foute uit ‘n 100 elke tipe voertuig het.

Wel, ons het pas die resultate bekendgestel en dit is ook aan die pers vrygestel. Vir die van julle wat belangstel, hier is al die wenners in die verskillende afdelings. En die wat meer wil lees, ek sit ‘n paar ‘links’ onderaan.

Passenger Category Awards
1st – Best Local Plant Manufacturing Passenger Cars : Mercedes-Benz
1st – Best Luxury Car Brand Overall : Jaguar and BMW (tie)
1st – Best Volume Passenger Car Brand Overall: Honda

Light Commercial Vehicle Category Awards
1st – Best One Ton Petrol Light Commercial Vehicle Overall : Toyota and Isuzu (tie)
1st – Best One Ton Diesel Light Commercial Vehicle : Isuzu
1st – Best Local Plant Manufacturing Light Commercial Vehicles : Toyota, Opel and Isuzu (tie)
1st – Best Overall Light Commercial Vehicle Brand : Isuzu

Passenger Car Segment Awards
1st – Entry : Ford Ka
1st – Small Hatch : Chevrolet Aveo 5-door
1st – Small Sedan : Toyota Yaris
1st – Top Hatch : Honda Civic hatch
1st – Top Sedan : Honda Civic, Volkswagen Jetta and Mazda 3 (tie)
1st – Medium : Mercedes-Benz C-Class Petrol, Mercedes-Benz C-Class Diesel & Toyota Avensis (tie)
1st – Top Executive : Mercedes-Benz S-Class
1st – Sports Coupé : BMW 3 Series Coupe / Cabriolet
1st – MPV / Station Wagon : Toyota Avanza
1st – Small Recreational Vehicle : Honda CRV
1st – Large Recreational Vehicle : Toyota Prado

Light Commercial Vehicle Segment Awards
1st – Half Ton : Opel Corsa Utility
1st – Petrol Single Cab : Toyota Hilux Small
1st – Large Petrol Single Cab : Nissan Hardbody, Isuzu KB and Toyota Hilux (tie)
1st – Diesel Single Cab : Isuzu KB and Toyota Landcruiser (tie)
1st – Petrol Double Cab segment : Toyota Hilux
1st – Diesel Double Cab : Nissan Navara and Isuzu KB (tie)

To see the second and third place holders, plus all the rest of the rankings go to

http://www.synovate.co.za/qualityawards/

http://www.synovate.com/southafrica/

http://www.synovate.co.za/qualityawards/pqoct2007.html

So, waar “rank” jou motor?

Advertisements

8 Responses

  1. WordPress is befok vandag aan my kant…grrrrr

    Funny hoe VW nerens te vinde is onder die top outjies nie, en tog volgens VW het 3 uit 5 karre op SA paaie hulle logo op…

    As ek my nie misgis nie, is dit nou die 3de jaar in ‘n ry dat VW uit die bus val en STEEDS affekteer dit nie hulle verkope nie. Jou mening hieroor Son?

  2. Stoutsus, uit die aard van die saak mag ek nou mos nie te veel uitpraat nie, maar ek kan jou een ding vertel – ek ry nie VW nie. Punt. 🙄

  3. Stoutsussa, hehe, drie uit vyf, se jy … jawel, dis die ding deesdae met VW … koop jy ‘n VW, weet jy die kans is drie uit vyf dat jy ‘n Vrydagkar, Woensdagkar of Maandagkar kry – dan hou jy maar aan teruggee totdat jy die inspeksiedagkar kry, of hoe? Manman sien VW soos vrouens klerewinkels sien: jy vat en loop pas by die huis aan en bring terug as jy nie tevrede is nie – ruil om vir ander ene! hehe

  4. Ding – as mens dan nou jou size ken en jou smaak ken, hoekom eers huis toe vat en aanpas, net om weer terug te bring?

    Jy WEET mos watter winkel hou die klere aan wat reg is vir jou – so gaan koop net by daardie een en bly weg van die winkel wie se klere jy elke keer koop en dan trek dit skeef of sit net nie reg nie! 😉

  5. Sonkind, baie dankie hiervoor en ook vir die skakels onderaan. Baie interessant en ek’s skoon jaloers op jou werk! Wat vir my baie vreemd is, is dat produkte soos Peugeot en Renault (albei wat ek al self besit het) blykbaar uit die bus uit val. Vir my was hulle die beste en betroubaarste motors wat ek al ooit gehad het.

  6. BiB, jy moet onthou dat alle marknavorsing ook maar net relatief gesien moet word. Hierdie is die BESTE, maar dit beteken nie noodwendig ander fabrikate is sleg nie. Ek het natuurlik toegang tot meer in diepte syfers en ek kan jou verseker dat die twee fabrikate wat jy noem, BAIE goed is op sigself. Soms is die eerste 10 so na aan mekaar dat daar letterlik 0.1 persentasie punte verskil is, maar ongelukkig kan net een wen. En soos jy sal sien, is daar baie wat gelykop loop. As jy wil, kan ek jou die link na ons e-zine (internet tydskrif) laat kry. Dit sal jou nog ‘n paar interessante dinge kan vertel, oor meer as net motors.

  7. Sjoe, Son, dis interessante inligting hierdie. So, as ek nou weer gaan ryding koop, kan ek jou maar kom haal en saamneem? Dan het ek mos darem nou ‘n ekspert wat my die regte leiding kan gee, sodat ek nie vir my ‘n kat in die sak koop nie. Veral plaasvoertuie moet betroubaar wees en uithouvermoë hê!

  8. Sonson, dis mos waar Rebel vandaan kom, onthou jy nou weer?

    Maar net so nou en dan, net so hier en daar, moet daar ook die dapperes wees wie bereid is om te sê ek WILLIE klere wat skeeftrek, dra nie en MOENIE vir my kom vertel dis hoe almal dit aanvaar nie, sien jy?

    Net so eenkeer in ‘n leeftyd is dit nodig vir manman om sy haelgeweer uit te haal en teen die stormwolke af te vuur … net sodat 3 uit 5 nie naderhand 5 uit 5 word nie – net sodat ander kan weet daar IS nog 2 ander dae se voertuie wat foutloos is! En ja, sal Stoutsus beaam – dis glad nie sleg om te glimlag oor die persoonlike nommerplaat wat lees: VW PAID … Veral as jy 15 000km en ‘n volgende jaarmodel op die koop toe kry! Is mos wat jy verwag van ‘n Volkswagen, Sus, of hoe?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: