1 Korinthiërs 13

Kies mens altyd vir wie jy lief word? Of kies die liefde jou soms? En word mens soms lief vir iemand vir wie jy dalk in ander omstandighede nooit sou lief geword het nie?

Hoe maklik sê ons vir iemand – “ek is lief vir jou.” En as en wanneer ons hierdie woorde sê, weet ons altyd regtig WAT ons sê en wat is verbonde aan daardie woorde?

Vir ons almal, wat dalk vergeet het hoe die liefde EINTLIK behoort te wees:

1 Korinthiërs 13

1. Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword.

2. Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.

3. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.

4. Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.

7. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

8. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.

9. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik,

10. maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

11. Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind.

12. Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

13. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Advertisements

16 Responses

  1. dit is so waar, dis net so jammer party mense se dat geld liefde kan koop. en dit maak my so hartseer

  2. As mens nadink hieroor, dan besef jy hoe skuldig jy staan en hoeveel keer tree mens nie in liefde op nie! Mens het GELOOF nodig om te kan HOOP om in LIEFDE te lewe…

  3. Wens dat mens kon kies vir wie jy lief word. Maar nou kan mens nie kies nie en as jy rerig lief is soos in Korinthiers, dan is dit vrek seer as dit nie wederkerig is nie, maar ook ‘n diep dankbaarheid dat so ‘n wondermooie emosie op jou pad gekom het om altyd in die agtergrond jou lewe te verryk.

  4. Skuldig voel ek nou…maklik om te se ek is lief vir jou, maar om aan al die vereistes van 1 Kor 13 , wat die liefde van mens vereis, te voldoen, is maar moeilik.

  5. Sonson, is die 1Kor13-liefde ‘n interaktiewe begrip of nie?

  6. Interaktief = wisselwerkend? Met ander woorde; ek het jou SO lief net as jy my ook SO lief het?

    Nee, Ding, dis nie 1Kor13 se liefde nie. 1Kor13 se liefde is daai liefhê ONGEAG, daai liefhê wat nie sy eie belang soek nie, maar wat die een wat jy liefhet se belange vooropstel. Daai liefhê van – ek is lief vir jou, maak nie saak of jy nie is soos EK wil hê jy moet wees nie, maak nie saak of jy nie doen wat EK wil hê jy moet doen nie. Sonder voorwaardes. Net – ek het jou lief. (.)

  7. Ek hou van hierdie inskrywing…
    My antwoorde:
    Nee, mens kies nie altyd vir wie jy lief word nie.
    Die liefde kies JOU meer as net soms.
    En ja, mens word soms baie lief vir iemand vir wie jy onder omstandighede nie lief sou geword het nie.

  8. Ek dink ook nie dis altyd binne ‘n mens se beheer nie bv. ek het nie van my man gehou toe ek hom ontmoet het nie. Nogal gedink die ou is verwaand, maar ai, ‘Cupido’ het anders gedink en is ek nie vandag bly daaroor nie. In ons huis hoor jy die woorde ‘ek het jou so lief’ baie keer ‘n dag en ons bedoel dit. Ek is oneindig lief vir my 3 mannetjies. Korinthiers bly mooi en ‘n les vir ons almal.

  9. My stuiwer. Mens kies nie om lief te hê nie, maar partykeer word jy gedwing om te kies om nie meer lief te hê nie, anders gaan jou omstandighede vir jou kies. Gaan lees bietjie wat sê Platterfuss (http://platterfuss.wordpress.com/) oor haar huwelik met ‘n vroueslaner en haar verhouding met ‘n gerehabiliteerde alkoholis.

  10. Nou Kandas, nou hoe het ek dit dan nou met jou? Dit wil my voorkom jy lees nogal deeglik, nou hoe het jy dan gemis wat ek op einste daai post van Platterfuss ge-comment het?

    En nee, mens kies NIE om NIE meer lief te hê nie. Liefde is soos ‘n plant. As ek my plant nie water gee nie en elke keer as ek verby dit loop, dan breek ek sommer ‘n stuk van die plant op enige denkbare plek af of trap op die plant, SAL daardie plant doodgaan – sonder twyfel.

    Liefde is dieselfde. Teen die tyd wat mens KIES om pad te gee, is die liefde laaaankal dood en begrawe. Omdat dit doodGEMAAK is, nie omdat jy gekies het om op te hou liefhê nie.

  11. “Net – ek het jou lief.(.)”

    Sonson, is dit ‘n vereiste dat die “jou” se jy (in jou antwoord) ontvanklik moet wees vir daardie liefde?

    Sonson, wie se woorde ego ding hier: “Ek kan sê: ek het liefgehad.”?

    Watter liefde is die liefde wat lyke agterlaat? Ding is bang vir daai liefde.

  12. Ding – nee, soms het mens iemand lief wat glad nie ontvanklik is vir jou liefde nie, maar dit maak nie jou liefde weggaan nie. Dit sou ‘n perfekte wêreld gewees het as elkeen se liefde in gelyke mate beantwoord kon word.

    Brink – Voor ek Vergeet? dalk?

    ‘n Liefde wat lyke agterlaat? – ja, hang af hoe mens daarna kyk. Een perspektief kan wees dat dit ‘n selfsugtige liefde is. Ek dink ons is ALMAL bang vir daai liefde.

  13. Sonson is goed!
    Brink? Altyd.
    Voor ek vergeet? Dalk verder in die boek, maar nog nie sover nie.hehe
    Kennis? O ja. 😉

  14. Hoe KON ek so dom gewees het – NATUURLIK Kennis ja!

    Wil net byvoeg – ek HOU van die nuwe Ry-Ding! 🙂

  15. Hmmm… nie dom nie, Sonson, dom is wanneer jy Sonkind en dom in een sin gebruik, ja.

    Dankie vir die woorde, Me’Lady T! Ding verkneukel homself in Sonson se woordgebruik – skerper as Brink selfs!

    Hmmm… min ry wat ding so geniet soos BRRR, moet ding bieg.

  16. […] Sonkind: 1 Korinthiërs 13   […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: