Tears of the Sun

Ek het hierdie “otherwise” streep in my om oorlogflieks te kyk. You name them, I’ve seen them. Ek wil WEET van oorlog. Hoekom doen mense hierdie dinge aan ander mense? Ek sukkel om te verstaan.

Vanmiddag het ek per ongeluk beland op ‘n plek waar iemand na hierdie fliek gekyk het. Tears of the Sun. Ek het hierdie fliek self al 2 keer gesien en elke keer ruk dit my binnekant buitentoe. In plaas van om my kuier te kuier, het ek gaan stilsit en die fliek weer gekyk.

Kortliks – die demokratiese regering in Nigerie het ineengestort en die land is oorgeneem deur ‘n genadelose diktator. Waters, ‘n Army veteraan word ingestuur net om ‘n dokter wat vir “Doctors without Borders” werk daar te loop uithaal, maar sy wil nie die mense agterlos nie. Waters en sy manne is nie veronderstel om in die konflik betrokke te raak nie en eers dwing hy die dokter om saam te gaan, sonder die mense, maar dan sien hy die wreedheid van die diktator en hy draai terug vir die vlugtelinge. En dit word ‘n “mission” om hulle daar uit te kry.

Hier is ‘n musiek video uit die fliek: LET WEL – nie vir sensitiewe kykers nie!

Advertisements

4 Responses

  1. Oww, ik heb de film gezien en gejankt joh.
    Ik zag je blog adres bij Narrator en dacht effe reageren.
    Groetjes Saxima

  2. “Hoekom doen mense hierdie dinge aan ander mense? Ek sukkel om te verstaan.”

    Mense dit doen elke liewe dag aan mekaar. Man en vrou, kind en ouer, kollegas, vreemdelinge, lovers…

    Hoekom? Dis ‘n oer oue selfsug van “ek wil my eie wil en fok jou met liefde”.

  3. Jy is taaier as ek Son. 3 Keer! Ek het hierdie fliek een keer gemaak, maar nee, kan nie nog ‘n keer nie. Ek kan mos nie sulke scenes kyk nie. Ek kan nie kyk hoe mense so gemartel word nie.
    Oorlog, haat dit. Wie ken daai liedjie van: ‘Masters of war’? Is altyd iemand aan die bo-kant wat die toutjies trek, en dit gee die mense op die grond volmag om dit aan mekaar te doen.

  4. Het jy al ‘Shooting Dogs’ gekyk? Ek kon die voorprent nie maak nie, probeer steeds moed bymekaarskraap om dit eendag uit te neem. Gaan ook ‘Tears of the Sun’ probeer sien. Dankie vir die link na my blog!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: