Sabbatsreis

Deur Annelie Botes. Nog een van daardie boeke wat jou DIEP DIEP binne slaan. Ek het dit pas klaar gelees en voel ek moet daaroor skryf.

Die heel eerste bladsy lees so:

“My sabbatsreis was ‘n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar die dwingende behoefte om in my eie spieël te kyk, was nog nooit groter nie. Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg, soos die mislaag weggetrek het, het ek agter my in die spieël ‘n see van gesigte gesien. Soekers, soos ek. Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseëndes. Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieëlskare in te stap. Dalk was die essensie van die lewe iewers in die menigte. Soek ek nie daar nie, sou ek nooit weet nie.

Die pad was ongelyk. Ek het meermale diep in myself verdwaal. Algaande het ek egter die doolhof van ontrouheid en verslawing beter begryp. Dat ek die pad geloop het, enduit, alleen, en ook nie alleen nie, het my stem in harmonie met die neuriekoor gebring. Want toe ek besef: elke aardling is op sy eie sabbatsreis, het ek eindelik in die Kanaan van melk en heuning in myself tuisgekom.”

Woorde wat so baie sê. Die boek is met totale eerlikheid, soms ontstellende eerlikheid, geskryf. Die skrywer se familie moet sekerlik ook sterk staan hier, want rou wonde word skoongemaak. ‘n Skoonmaak wat na alle kante toe diep sny.

Dit gaan ook hier oor ‘n ouer wat boete doen vir dinge wat verkeerd gedoen is, al was dit uit onkunde. Foute wat gemaak is deur iemand wat moes kind grootmaak terwyl sy nog self so kind was. Hierdie kan ‘n reis wees vir almal, ‘n reis wat binne, waar dit saak maak, gesond maak. Hierdie kon ook so maklik my reis gewees het.

Hennie Aucamp het eens geskryf: “Om mense te bereik, moet jy bereid wees om sélf mens te wees; moes jy dikwels ja gesê het vir die lewe en net so dikwels seergekry het.”

Hoe kan mens anders lewe as om JA te sê vir die lewe, met seerkry en al?

Advertisements

3 Responses

  1. Wat Hennie geskryf het, is ongelooflik waar. En tog is mense dikwels baie skaam daaroor.

  2. Ek dink nogal Hennie se woorde is van toepassing op God.

  3. Ek het gesien http://suzettesa.blogspot.com/ het gesê sy is besig om die boek te lees en gevra sy moet meer vertel as sy klaar is. Lyk my ek sal die boek moet kry en lees.

    Vir ‘n oomblik het die woorde van Hennie Aucamp my laat dink aan die liedjie “Die mense wat ek lief het” , en gedink hy het dit geskryf, maar nee, dit was Stephan Bouwer. Nietemin, dit sluit mooi aan:

    Maar as iemand wat op my gegroei het
    Weg moet gaan
    Dan sit daar ‘n seerplek
    Dan sluip ek deur die wêreld
    Die kwesbaarheid self:
    Ek met my seerplek
    Wat net nie wil genees nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: