Kulula bo die wolke!

Ek was onlangs weer Johannesburg toe, die keer met Kulula. Vir een of ander rede beland ek altyd op die vlerk, nie dat ek omgee nie. Hierdie keer het ek ‘n stukkie van daar bo die wolke saam af aarde toe gebring!

Ek sou baie maklik daar buite kon gaan speel!

Wie kom saam?

Wonder waar’s die engeltjies (of duiweltjies)?

Advertisements

16 Responses

  1. die engeltjies is agter die kamera :p

  2. Of dalk is dit die duiweltjie, Johan!

  3. Nee o koot! Ek raak op my senuwees as ek net aan hoogtes dink en vermy altyd die venster sitplek. /me hates flying!

  4. I’ve looked at clouds, from both sides now?

  5. Dis die naaste wat ek seker aan die hemel sal kom! Nice pics!

  6. Die uitsig vanuit ‘n vliegtuigvenster is seker die beste wat ‘n mens kan kry. Ek kies altyd die venstersitplek.

  7. Lyk my jy geniet vlieg net so veel soos ek. As ek so uit die venster uitkyk, kry ek altyd ‘n gevoel van saligheid. Nice pics!

  8. Ek wonner of daai wolkies soet is soos spookasem…

  9. Ek vrek oor vlieg Bib. Ek wou eintlik ‘n lugwaardin geword het, maar ek was te kort. Dit was nou in die ou Suid-Afrika. Vandag kan jy kort wees en bril dra, sien ek, anders is dit glo diskriminasie!

  10. Ek hou nie van vlieg nie, maar as ek moet, dan sit ek by die venster. Sodat ek kan sien wat aangaan buite . . . en droom oor die wolke . . . 😀

  11. ek het laas week Lissabon toe gevlieg. Verwonder my altyd dat dit alles so mooi lyk van bo af. Op die hoogte sien mens nie die not-so-nice dinge raak nie. eers as allebei jou voete weer op die aarde is, kom ek agter dat tydens die 3 uur se vlieg niks verander het nie. geniet darem baie van die uitsig.

  12. Ons het vroeër in die jaar Kaap toe gevlieg en kon van hier, (JHB) tot in Kaapstad die landskap onder sien – dit was ‘n perfekte oop dag. Ons nuwe “veselperske” lugdiens wie se vlug binne ‘n halfuur na ons s’n sou vertrek, het terwyl ons gewag het om aan boord te gaan, afgekondig dat hulle vlug vertraag word as gevolg van slegte weer in JHB. Ek het by die “porthole” uitgekyk na die sonskynweer buite en hardop gelag!!

  13. Stunning fodies. Ek raak baie knorrig as ek nie by die venster kan sit nie.

  14. Niceeeeeeeeeeeee!!!

    En as jy weer Jhb toe kom, skree…..

    Koffie of iets?

  15. …..Stoutsus, en ek as jy klaar is! LOL!!!

    …..Ja, ek moet sê, dit is nice pics.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: