Kop skoonmaak

September / Oktober is die begin van die lente en dan maak mense hulle huise skoon – “spring cleaning”, word dit genoem. Dis dalk ‘n goeie tyd om mens se kop ook skoon te maak.

En met kop skoonmaak, dink mens noodwendig aan mense wat deur die jare jou pad gekruis het. Sommige mense kruis jou pad en laat geen blywende indruk of merk agter nie. Ander maak so ‘n diep indruk, so ‘n duidelike merk, dat mens vir jare hulle nooit vergeet nie. Party bly deel van jou lewe, ander sien jy nooit weer nie. Maar die merk wat hul gelaat het, bly. En elkeen laat iets agter, leer jou iets, soms van jouself en soms net van die lewe, goed en sleg. Ek dink aan ‘n paar van hulle, terwyl ek “spring clean.”

Nicolene – vir meer as 30 jaar ken ek jou. Ek onthou nog daardie eerste dag, toe ek jou gesien het. Jou arm was gebreek en in gips en jou boksterte het so weg gestaan van jou kop. Ons was net 6. Ek onthou hoe jy my geleer het van Weetbix met kaas tussen-in eet. Ek het jou geleer om nie meer vir hoenders bang te wees nie. Ons het mekaar se klere gedra en mekaar se geheime gedra. Ek het saam aan jou seer gedra met jou 4 miskrame; jy het saam aan my seer gedra destyds in Pretoria. Jy is die beste, die enigste vriendin wat ek ooit regtig gehad het.

Roberto – jy het my geleer dat mens die kosbaarste ding kan verloor deur “spiteful” te probeer wees. Dit was een van die hardste lesse wat ek ooit moes leer.

Helene – jy het my geleer dat geen terugslag in mens se lewe so groot is dat mens nie weer kan opstaan en voor begin nie. Ek ‘salute’ jou vir wat jy bereik het, enkelma, vrou-alleen.

Peter – jy het my geleer van gevaarlike mans, wat nie goed is vir enige vrou nie. Maar jy het my ook geleer sulke mans is eintlik lafaards. Ek het jou nooit verwens nie, die lewe het jou sommer self gegee wat jou toekom.

Zalda – jy het my geleer dat ‘n mens se kleur nie belangrik is nie. Dat dit die mens aan die binnekant is wat tel. Jy het lag in my lewe gebring, juis toe ek dit die nodigste gehad het en ek lief jou soos ‘n suster, al sien ons mekaar so min.

Basil – jy het my geleer dat mense wel ten goede kan verander.

Die wat ek nie hier noem nie, ek het nie vergeet nie. Dis net, dit sny te na aan die been.

En noudat ek mooi skoongemaak het, pak ek elkeen weer terug in sy plek, in my kop en in my hart! Mens kan ook net een keer ‘n jaar derms uitryg!

Advertisements

8 Responses

  1. (((((((((((((((((sonkind))))))))))))))))))

    For some reason voel ek jy moet ‘n ‘hug’ kry….

  2. En daar sit jy my toe aan die dink… en aan die onthou. Ek het baie wonderlike mense geken. Net ‘n handvol ken ek nog steeds. Maar mens vergeet nie.

    Ek het ook slegte mense geken. Ek het gekies om hulle nie meer te ken nie. Maar mens vergeet nie.

    Dankie. Ek het nou ook ‘n bietjie afgestof en reggepak.

    K ‘-)

  3. Hey! eeeepplllaaatmettiestrepie, ding sal vir jou en Sonson sommer altwee gryp, ‘n draai oppie stoep loop maak, julle stoele afskuur en olie gee, nuwe kussings vir julle opsit, lekker sit en uittuur oor die plaas heen en dan, as die son sak, julle elkeen ‘n behoorlik beerdrukkie gee en julle na stoutwikkelsus se pub sleep en julle opvrolik met genoeg dop!
    (((platt))); (((Sonson))).

    Net so ‘n vragie tussenin: Sonson, nou wonder ding soooo by homself: is nie vergeet nie dieselfde as nie ophou onthou nie? Anders gestel: is vergeet en ophou onthou dieselfde ding?

  4. Dit wat jou die diepste raak in jou lewe sal nie eers deur Altzheimers uitgewis word nie. Om die waarheid te se, dit sal al wees wat oorbly. Al wat jy kan doen is om dit te embrace vir wat dit is en was, en daarmee vrede te maak. Bring jou haan vir ‘n dop en los hom op die dak.

  5. Nee Ding, ‘vergeet’ en ‘ophou onthou’ is nie presies heeltemal dieselfde nie, nie in my boek nie. ‘Vergeet’ is soos vir altyd nie weer onthou nie, NOOIT weer nie, soos in uitgevee, soveel as wat dit moontlik is om uit te vee uit mens se geheue uit. Om die boek TOE te maak en weg te pak, vir altyd.

    ‘Ophou onthou’ is om iets weg te pak, nie meer elke dag daaraan te dink nie, nie meer elke dag te onthou nie, MAAR om dit wel nog somtyds uit te haal, af te stof en te onthou, van begin tot einde. Om nog weer soms die boek van die rak te haal en weer te lees, en dan weer weg te pak, maar nie so ver weg dat mens dit nie soms kan uithaal nie.

    Dis vir my die verskil tussen ‘vergeet’ en ‘ophou onthou’.

  6. Sjoe, neem jy my nou hier ver die verlede in.

  7. Sjoe, dis ‘n mooi inskrywing.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: