Diskriminasie is dood, lank lewe diskriminasie

Om te verstaan waaroor ek hier gaan skryf, moet ek eers vir julle die agtergrond gee van wat ek doen vir my daaglikse brood.

Ek werk vir ‘n internasionale maatskappy wat marknavorsing doen. Ons doen marknavorsing hoofsaaklik in die motorindustrie, maar ook vir baie, baie ander groot maatskappye. Elke semester bring ons ‘n verslag uit van watter voertuie die minste foute het per 100 eenhede en watter die meeste, watter handelaar gee die beste diens, ensovoorts.

Ek programmeer vraestelle, eintlik werk die Engelse woord beter, nl. Questionnaires. Vir amper ‘n jaar lank was ek die enigste een wat hierdie questionnaires kon programmeer, in hierdie spesifieke “programming language”, maar ek het die afgelope maand nog 3 ander mense opgelei, omdat die werksdruk doodeenvoudig te veel vir een mens geword het. Verlof wat eintlik al ‘n jaar terug aan my toegeken was, is 3 keer uitgestel.

In elk geval, as iemand ooit aan jou deur kom klop het of jou iewers in ‘n winkelsenttrum voorgekeer het met ‘n laptop byderhand en jou allerhande vrae wou vra, oor selfone, jou skeergewoontes, jou koeldrank drink gewoontes, die sigarette wat jy rook, jou leesgewoontes (wat se tydskrifte en koerante jy lees) en selfs wat se suiker of versoeter jy in jou koffie / tee gebruik, is die kanse so naby soos bliksem aan demmit, dat ek daardie questionnaire geprogrammeer het om op daardie skerm te verskyn in die formaat wat hy daar verskyn en dat ek weer agterna met daardie inligting gaan werk en die resultate gaan sien. Natuurlik bly jy naamloos, indien jy dit so sou verkies het met die ondervragingsessie.

Nou tereg kan julle teen hierdie tyd vra wat het alles hier bo met diskriminasie te doen.  Hou nou in gedagte dat baie van hierdie navorsing gedoen word vir buitelandse maatskappye wat hul produkte hier in Suid-Afrika wil bemark. Lande wat teen apartheid is, wat teen diskriminasie is. En ons is mos nou na 1994 hierdie bevryde land sonder enige diskriminasie. En tog, ongeag dit, word daar in ELKE liewe questionnaire gevra wat is jou ras. Daar is natuurlik die “Refused to say” opsie, maar dis half doelloos om vir iemand wat reg voor jou sit en jou kan sien, te se jy weier om te se watter ras is jy. Die persoon het tog oe in sy kop.

Net so doelloos as wat dit is om by die “Gender” vraag die opsies, ‘Male’, ‘Female’ en ‘Refused to say’ te he. En glo my, dis daar. Met ander woorde, ek sit voor jou, maar ek weier om te se of ek ‘n man is of ‘n vrou is. Jy meen, jy kan nie SIEN wat ek is nie? Rather scary, as jy my sou vra. En nee, dis nie vir veiligheidsredes dat jy kan weier nie, want jy het altyd die opsie om te weier dat jou persoonlike besonderhede, ons noem dit jou “demographics”, aan die klient of enige ander persoon bekend gemaak word. Ons MAG NIE dit bekend maak sonder jou uitdruklike toestemming nie.

Nou, soos ek maar is, bevraagteken ek nou die rasvraag. Hoe kan ons nog in hierdie tyd vir mense vra wat is hulle ras? Is ons dan nie nou die reenboognasie nie, wil ek weet van die hogere mense? Hul antwoord: – Elke ras het ander koopgewoontes. Die klient MOET weet watter ras gee watter antwoorde, want wit en bruin en swart koop nie dieselfde nie.

Is dit so? Ek neem aan dit is seker so. Maar as ons dan moet onderskei in ras as dit by koopgewoontes kom, hoekom word enige ander onderskeid in ras dan as diskriminasie aangesien? Ek praat nie hier van rassisme nie, waar een kleur reken ‘n ander kleur is noodwendig minderwaardig nie. Ek praat van diskrimineer in die sin van, jy koop pap omdat jy swart is en ek koop brood omdat ek wit is. ??? So, dit is NIE diskriminasie nie?

Diskriminasie in Suid-Afrika is dood, lank lewe diskriminasie!!!

Advertisements

10 Responses

  1. Ek dink die groot fout wat ons blankes gemaak het toe ons met ‘n referendum “demokrasie” ingestem het – ons het daardie ideaal van “hulle” gekoop dat daar nie meer ras gaan bestaan nie. Selfs die laaste drie syfers van my ID-nommer is verander van 000 (blanke man) na 083.

    Maar nou word ras aanhoudend gebruik vir AA. Ek voel ek is nou al meer benadeel as was ek voorheen bevoordeel is en die “voorheen benadeeldes” is nou al meer bevoordeel as wat hulle benadeel is. (Ek praat oor die brëe band, nie van mense wat vermoor is nie – dit was misdaad.) My loopbaan is so stadigaan besig om verby te gaan een daar is GEEN vooruitsig op bevordering nie al is ek hoe briljant of werk ek hoe hard. Dit beinvloed natuurlik nie net my salaris nie maar ook die pensioen waarmee ek moet wegstap.

    Ek stem saam – daardie vraag hoort op geen vorm of vraelys nie. (Interessante werk wat jy het!)

  2. Sonson, jy laat ding se oe dol in hulle kasse rol, jy weet!
    Ten minste kan die rasse-klassifikasie by die vraelyste nog byna slukbaar, maar darem logies sinvol, gemotiveer word – en die klient is darem nie die bewaker van die Grondwet nie. Die diskriminasie daaar kan amper begryp word.
    Maar ding se deksel bly die nuutste ontwikkelinge met betrekking tot die enkele grootste batebasis in hierdie land se ekonomie, te wete die grondregistrasiestelsel. Jarrre gelede het die kaart en transport van jou eiendom nie noodwendig gemeld hoe jy getroud is en of jy getroud is nie, maar boeta, dit HET gemeld watter RAS jy is! Aahhh, nou is die nuutste teiken van die regering se duikbootbeleid-periskoop daai einste inligting in titelaktes, of eerder, die afwesigheid daarvan. Met groot fanfare word aangekondig dat die beleid rakende buitelanders en grondbesit / eienaarskap daarvan onder die loep geneem moet word, maar in die fynskrif, stilletjies op sy sokkies, word die ras-element mbt Suid-Afrikaanse titelhouers bygesleep.

    Sonder regulerende wetgewing in plek vir die klassifikasie van ras, word dit ondersteun dat ‘n titelhouer se ras bekendgemaak moet word. Hou maar dop, nie net is hierdie nie ‘n ongegronde angsaanval nie, maar daar is baie spesifieke rede vir die sokkie-sluip-tegniek wat gevolg word mbt hierdie aangeleentheid. Onthou julle nog die ontstaan van die vuurwapenwetgewing?? Die periskoop het verskyn, almal in die water het luidkeels of ondersteunend of protesterend van hulle laat hoor. Die periskoop het verdwyn. Waters was rustig … totdat die eerste torpedo sy teiken bullseye styl getref het….
    HKGK…

  3. Nee jong, gaan staan in Woolies en kyk deeglik. ‘Hulle’ koop nie meer pap nie…. ‘ons’ doen!! 😉

  4. Nou laat jy my ook weer seriously dink….

    Nice entry… confusing, maar nice!!!

  5. Sonkind, jy het ‘n interessante werk, wat ek ook sou geniet het (die foute per voertuie). Ja, diskriminasie is “alive and wel”. Hoe anders?

  6. ek ondervind presies hierdie probleem wat hier aanraak met die sielkunde ook.

    verskillende rasse koop tans verskillend. daai klein woordjie is uiters belangrik. TANS. hulle koop tans verskillend omdat hulle deur wat ook al in die verlede gebeur het, as ‘n kollektiewe groep ontwikkel en saamgesmee is.

    hulle koop nie verskillend omdat hulle dieselfde lyk en een of ander inherente eienskap het wat hulle onderskei van ander mense nie.

    die vraelyste erken die huidige werklikheid en probeer daaruit die mees effektiewe formule vir geldmaak squeeze, eerder as om dit te probeer verander.

    dis dieselfde met sielkunde – daar’s soveel stront hipoteses (verskoon my frans) oor die menslike aard afgemaak as inherent, omdat kortsigte navorsers nie click dat hulle data oor ‘n groep mense in ‘n sekere tydvak en nie die essensie van mense oor die algemeen, beet het nie. in my eerstejaar wou ek myself amper bevuil toe ek lees wat my ontwikkelingssielkunde handboek (deur my dosente geskryf) oor gender sê.

    (hulle het regtig – ek belowe – gesê vrouens wil oor die algemeen by die huis bly mans wil graag werk en aftree. ek wou myself B-E-S-K-Y-T. natuurlik het ek vir hulle ‘n briefie geskryf.)

    n.s – nice post

  7. (sorrie as ek beterweterig of verwerdigend voorkom innie vorige comment, dis glattie die bedoelingie)

  8. Dis ‘n baie interessante inskrywing. Iemand het gister ook ‘n gesprek met my begin … omdat ons teruggaan SA toe, oor die raskwessie. Sê die persoon vir my, maar daar is mos nou ook apartheid in SA?? Ja, ek glo daar is weer apartheid in SA, maar omgekeer as 13 jaar gelede.
    Ek het onlangs gehoor as jy huis wil koop, moet jy ook invul watter ras jy is … waar gaan alles tog eindig??

  9. Johan – moenie worry, ek het jou kommentaar baie interessant gevind en glad nie gedink dis beterweterig nie. Ek wil teen die mure uitklim omdat mense so maklik as gevolg van ras en geslag in sekere kassies ingeprop word. Selfs ‘n mens se grootte, laat ander mense sekere besluite oor jou neem. Ek is redelik kort en klein en mense kyk reg bo-oor my en somtyds hanteer hulle my asof ek onsigbaar is, of bloot net stupid. Dit het natuurlik soms sy voordele as mense jou so onderskat. Ek het ‘n niggie wat bietjie rond is, maar sy het ‘n vlymskerp verstand. Sy word egter as gevolg van haar “looks” baie keer heeltemal verkeerd opgesom.

    “NEVER JUDGE A BOOK BY ITs COVER!” Sulke ware woorde, net jammer dit gaan bo-oor meeste mense!

  10. in die land waar ek woon ken ons ook discriminasie. maar hier wordt die begrip baie maal verwar met meningverskil. as jy nie met iemand van buitelandse afkoms saamstem nie, word jy as discriminerend bestempel.
    tolerantie is ook so lekker begrip wat te pas en te onpas gebruik wordt om ander mense te oortuig?!?
    geniet jou naweek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: