Internet “Hacking”

Dis nou al geruime tyd wat ek elke dag sien “A recent attempt to attack your computer was blocked.” Iemand probeer inbreek in my rekenaar, maar my anti-virus sagteware is die nuutste en die beste op die mark, so die persoon misluk elke keer jammerlik. My uitdruk vertel my dat daar “a file was that was trying to track your computer activities and report them to a third party.” En dat die “attacking computer is 41.208.227.73,3533” en dat daar Spyware.CometCursor op my rekenaar probeer installeer het!

 

Ek wonder wie dit is en hoekom die pogings? Ek het nie baie geld in die bank nie en ek het ook geen staatsgeheime in my rekenaar nie. Hoekom doen mense dit?

 

Twee jaar gelede het ‘n 15-jarige seun ingeteken op die Internet onder die alias ‘Comrade’. Sommige van ons se idee van ‘hacking’ sal wees om in ‘n email adres in te breek of vertroulike inligting van ons maatskappy te kry. Niemand het verwag dat ‘Comrade’ die sluiting van NASA vir 3 weke, sou veroorsaak nie. Hy het email passwords van die regering gesteel, meer as 3000 emails onderskep en ongeveer 2 miljoen dollar se sagteware afgelaai wat gebruik word om die internasionale ruimtestasie te beheer. Asof dit nie skokkend genoeg is nie, het hy 2 keer toegang verkry tot die Pentagon se rekenaars wat gebruik word om dreigemente van atoom of biologiese oorlog te monitor.

 

Rekenaar ‘hacking’ is al met ons vandat ons die wereldwye web het. Soms hoor ons in die nuus van die tydelike sluiting van ‘n webblad, maar niks ernstigs nie. ‘Comrade’ se ‘hacking’ het die VS regering $41 000 gekos aan herstelwerk.

 

Onlangs was daar ook die geval van ‘hackers’ wat ingebreek het op die CIA se webblad en die titel verander het na “Central Stupidity Agency” en nog vele ander vuil taal daar geplaas het. Hierdie was slegs ‘n lastigheidjie vir die agentskap, want hulle vertroulike leers kan nie van hierdie webblad af bereik word nie.

 

Daar is egter meer ernstige misdade, wat nie ‘n grap is nie. In een geval van ernstige korporatiewe spioenasie, het twee groot vervaardigingsmaatskappye getender vir ‘n 900 miljoen dollar kontrak. Die een het gewen met ‘n tender van net ‘n breukdeel minder as die ander een. Dit was geen toeval nie en kort daarna het die maatskappy wat verloor het, uitgevind dat iemand hulle rekenaarnetwerk ge’hack’ het en toegang verkry het tot hulle hele tenderstrategie en prys.

 

Behalwe die verkoop van vertroulike inligting aan ‘n maatskappy se kompetisie, gebruik party ‘hackers’ ook hul inligting vir afpersing. So het ‘n 15- en 17-jarige probeer om 2 miljoen dollar uit ‘n selfoon maatskappy te kry deur hulle te dreig met die vernietiging van al hulle inligting.

 

As gevolg van die aard van die internet, is dit gewoonlik baie moeilik om ‘n ‘hacker’ se identiteit vas te stel.

 

Maatskappye soos eBay, Buy.com, Yahoo! Amazon en Excite was nie voorbereid toe ‘Mafiaboy’ besluit het om toe te slaan nie. Die 16-jarige van Montreal het hierdie ‘sites’ lamgeslaan toe hy hulle gebombardeer het met duisende boodskappe gelyktydig en daarmee wettige verbruikers verhoed het om toegang te kry. Sy 5-dag tirade het hulle ongeveer 1.7 biljoen dollar gekos om die skade te herstel.

 

‘n Opname van die Fortune 1000 maatskappye in 1999 het beraam dat hulle ‘n verlies van 45 biljoen dollars ly as gevolg van inligting diefstal. Natuurlik gebruik maatskappye allerhande ekstra sekuriteitsmaatreels, insluitende ‘firewalls’, wat slegs beperkte toegang tot die internet toelaat.

 

Maar nog steeds verkry ‘hackers’ toegang. As ‘n 15-jarige by NASA kon inbreek, wat se hoop is daar werklik op onfeilbare internet sekuriteit?!

 

Ernst & Young, ‘n groot rekeningkundige maatskappy, het rekenaarlaboratoriums regoor Noord Amerika opgestel wat sekuriteitskonsultante toelaat om ‘ethical hacking’ te doen om sodoende vas te stel waar is die swak plekke in hulle kliente se netwerke en stelsels. In effek beveg hulle nou vuur met vuur. ‘Ethical hackers’ word duisende dollars betaal om hierdie swak plekke aan hulle kliente uit te wys.

 

Gewoonlik is ‘hacking’ ‘n rebellie teen groot besighede, die spreekwoordelike Dawid teenoor Goliat. Dit bly egter ‘n onaanvaarbare daad wat almal wat die Internet gebruik, viktimiseer.

 

Virusse, rekenaars wat ‘crash’, email wat ge’hack’ word – dit is alles wat kan gebeur met ‘n internet gebruiker. Is daar iemand wat nie geaffekteer kan word deur Internet misdaad nie? Nope!

 

Ek dink mense wat in ander mense se privaat rekenaars inbreek, is siek en moet vir hulself iewers anders ‘n lewe gaan kry, want duidelik het hulle nie een nie! 

Advertisements

6 Responses

  1. “…wat se hoop is daar werklik op onfeilbare internet sekuriteit?!”

    ek dink nie daar bestaan iets nie.

  2. Sonkind, dit is eintlik “cracking” waarna jy verwys. In sy oorspronklike betekenis, het “hacking” ‘n positiewe konnotasie. Mens kry selfs die “hacker ethic” waarin aanvaar word dat dit verkeerd is om in ander se rekenaars in te breek.

    Vanaf Wikipedia:
    The mainstream media’s current usage of the term may be traced back to the early 1980s (see History). When the term was introduced to wider society by the mainstream media in 1983, even those in the computer community referred to computer intrusion as “hacking”, although not as the exclusive use of that word. In reaction to the increasing media use of the term exclusively with the criminal connotation, the computer community began to differentiate their terminology. Several alternative terms such as “black hat” and “cracker” were coined in an effort to distinguish between those performing criminal activities, and those whose activities were the legal ones referred to more frequently in the historical use of the term “hack”. Analogous terms such as “white hats” and “gray hats” developed as a result. However, since network news use of the term pertained primarily to the criminal activities despite this attempt by the technical community to preserve and distinguish the original meaning, the mainstream media and general public continue to describe computer criminals with all levels of technical sophistication as “hackers” and does not generally make use of the word in any of its non-criminal connotations.

    ‘n Bietjie useless info.

  3. Hi Sonkind,baie dankie vir die kompliment oor my blogsite.Ek moet vir jou ook komplimenteer jy blogsite is baie informative en ek hou baie daarvan

    Groete

    Gerhard

  4. Interessante inskrywing.

  5. Dit maak mens bang, dis deesdae so maklik vir enige Jan Rap om mens se persoonlike inligting in die hande te kry. Ja vriendin, daar is ongelukkig siek mense daarbuite.

  6. daar gaan ook elke keer ‘n koue rilling by my ruggraat af as ek my kredietkaartbesonderhede oor die internet moet gee. ((((!!!)))))

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: