Besoek aan sex shop!

Hierdie post van Platterfuss

http://platterfuss.wordpress.com/2007/09/06/poppers-sexpos-en-sex-shops/

het my laat dink aan my uitstappie so 3 maande gelede.

Saam met  my werk ‘n hele paar jong mense en twee van die girls, het ek agtergekom, is nogal nog redelik onskuldig, of naief. Weet ook nou nie eintlik of dit die regte beskrywing is nie, maar nou ja. Vir hulle eie redes het hulle my gemerk as iemand vir wie hulle dinge kan vra wat mens nou nie gewoonlik sommer net vir enige iemand sal vra nie.

So kom die een toe een oggend by my en wil weet of sy my ‘n moerse groot guns kan vra. Ek se maar altyd ja, ek sal help as ek enigsins menslik moontlik kan. So hak hak kom die storie toe uit dat hulle die Saterdag genooi is na ‘n bachelorette (het nou die Afrikaanse woord vergeet, maar daai wat mens doen voor jy nou gaan trou, so vir oulaas se uithak voor die vashaak!).

En hulle wil nou opsluit vir die “bride-to-be” ‘n sex toy en ‘n blou movie gaan koop en kan ek miskien help, want hulle is seker ek weet waarheen om te gaan (Ja, moenie julle wenkbroue vir my lig nie!!!) en hulle sal NOOIT alleen by so ‘n plek ingaan nie en kan ek nie sommer self net gaan en dit namens hulle gaan koop nie!

Ek verduidelik toe mooi, ek sal hulle enige tyd soontoe neem, ja ek weet waar is die naaste een, ek ry verdomp elke dag verby die plek, as iemand nou dalk hier wonder. Maar ek trek die streep by die gaan koop namens hulle. Ek sal SAAM met hulle ingaan en al daai dinge, maar hulle gaan self kyk en self kies en self koop.

So gaan vertel ek die baas ons sal so bietjie langer etenstyd nodig he as ‘n halfuur, want ek en die dames het ‘n mission. Nou, die baas was ‘n cool ou (hy lewe nog, hy is nou net baas op ‘n ander plek) en hy se dis reg so, maar dan moet ek se waarheen die mission is. Ek se nee, ek kan nie, want ek is tot stilswye gesweer en ek mag nie mense se vertroue breek nie. maar ek belowe ek sal dalk vir hom iets saambring van ete af.

Nou verstaan mooi, ons is ‘n baie ordentlike klomp mense wat daar werk, maar ons kan ‘n goeie grap vat as ons moet. Elk geval, etenstyd kom en ek laai die twee girls in my kar en hier gaan ons. Die plek is omtrent so 5 kilometer van ons werk af. Heelpad vertel hulle my ek moet net nie reg voor die plek se deur parkeer nie! Daar aangekom, soos die duiwel dit wil he, is daar ‘n parkering reg voor die deur en ek trek daar in, tot hulle groot ontsteltenis en verleentheid en heeltyd wil hulle net weet: “Se nou iemand wat ons ken, sien ons? Se nou iemand wat ons ken is hier binne?” Wat my laat vra; “Nou wat dan, dan is daai persoon mos ook op ‘n plek waar hy / sy nie gesien wil word nie?”

Nou is die twee al klaar aan die giggel, meer van senuwees as iets anders en die duiwel werk hard hier op my skouer, maar ek hou myself in toom. Ek meen, hulle sien mos nou darem op na my! LOL!

So, is ons die plek in, en hier staan twee jong mannetjies agter die toonbank. Ek sien al klaar die twee girls trippel ongemaklik rond en weet nie waar om te BEGIN kyk nie, want daar is “variety” glo vir my. Maar toe hulle eers oor hulle aanvanklike verleentheid kom, begin ek wens ek het nooit die mal perd opgesaal nie. Want toe ruk hulle skoon hande uit. Hulle vat hier en hulle voel daar en hulle meet die teen daai en roep sommer hard na my en vra: “Hoe lyk hierdie vir jou?!” Ek het naderhand gevoel om weg te kruip agter een van die rakke!

Intussen kom daar nog 3 vrouens in. Ja, glo my, daar was in die hele tyd gelukkig geen mans in die plek nie, behalwe die ouens agter die toonbank. En die ander 3 girls begin na die nurse uniform en dergelike goed kyk. Ek het so stil stil een kant toe beweeg en die hele gedoente dopgehou en begin voel hoe borrel die lag uit my op.

My twee metgeselle het toe darem uiteindelik op ‘n gepaste DVD vir die okkasie besluit en ‘n “vibrator” vir die aanstaande bruid. Maar dis toe hulle by die toonbank kom, dat die eintlike pret begin. Vriendin 1 skuif so ewe dapper die aankope oor die toonbank en die een outjie begin die vibrator uit die pakkie haal en begin batterye daarin sit.

Sy kyk verskrik om na my en fluister: “Why is he doing that?” Ek is ook nie links nie en antwoord haar: “He can probably see that you are a bit inexperienced, so he is going to show you now how to use it!” Haar oe rek so groot soos pierings en sy gryp my aan die arm. Die volgende oomblik toe dans daai vibrator so bzzz bzzz bzzz oor die toonbank en sy fluister al hoe harder, terwyl sy my arm vasgryp: “No no nooooo.” Ek dog ek maak my vandag nat hier in die winkel soos ek lag, maar die outjie hou ‘n straight face en se: “We have to check that it is working properly, Ma’m.” En pak ewe rustig weer alles terug in die verpakking.

Teen daai tyd het ek moeite om regop te bly van die lag, want die ander girl het versteen soos  Lot se vrou en haar oe was vasgenael op daardie dansende tool op die toonbank.

Maar die cherry, die absolute cherry op die koek, was toe Vriendin 1, na alles, haar Virgin Money krediet kaart uithaal om te betaal vir die hele storie. Toe gee ek pad, want toe lag ek so dat ek bang raak dat hulle my vir altyd en ‘n dag gaan verban uit die sex shop.

En ons het toe vergeet om vir die baas iets saam te vat. Tot vandag kon hy nog nie uit my kry waar ons was nie!

Advertisements

9 Responses

  1. Lekker het ek nou gelag, want ek kan dit nogals picture. Ek werk so 200 meter van ‘n Adult World af, maar was nog nooit daar in nie.

    Noem my konserwatief, maar ek weet nie of ek weer terug werk toe sal kan gaan en met ‘n ernstige gesig met kliënte gesels nie. 🙂

  2. hehehehehehe…virgin money

  3. Haaaaaaaaaahahahahahaha! Dit was nou snaaks! Ek kan my die situasie net indink! Thanx for making my Monday better! 😀

  4. Wens ek was daar … as deel van ‘n navorsingsprojek, natuurlik.

    Wat ek nou wonder is – wat het jy beplan om vir die bass saam te vat van daar af …

  5. lekker gelag oor die storie. in die sodom en gomorra waar ek woon klink dit bietjie té onskuldig. maar, somtyds sou mens wens hier kry hulle ook so nou en dan bietjie skaam.

  6. ROFL!!!!! Nou’s MY dag gemaak!!!!!

    Excellentttttttttttt vertel….

    😛

  7. ek was eendag in ‘n sex shop in madrid.
    dit was nie snaaks nie.

  8. Lekker gelag nou!!
    Ek en my man was eendag in so shop om vir 2 mans wat al amper 40 was en besluit het, hulle het nog nie ‘n 30ste verjaarsdag gehad nie, ietsie te koop.
    Ek is ook so rondkyk, rondkyk daar in en sommer sulke hopende poppies gegryp en da uit. My man wou nog sê, kyk hier en kyk da, toe is ek al weg.

  9. Al wat my pla van die soort plekke is die vreemde mannetjies wat daar ronddwaal en die vrouekliente op en af bekyk asof hulle ook te koop is. Dit pis my af. Soos in erg baie!

    O, en nog ‘n ding. Die ou speelgoedjies het almal ‘n stickertjie op wat se “Made in China”. En hulle hou nie. Die ou enjintjies brand so maklik en vinnig uit… Ai tog!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: