“Toast” is NIE opgewarmde brood NIE!

Ek het in die Engelse woordeboek EN in die Afrikaanse woordeboek gaan kyk WAT is ‘toast’, roosterbrood.

Toast = bread CRISPED and browned on BOTH sides by heat (die hoofletters is my eie)

Roosterbrood = brood wat aan BEIDE kante bruin laat BRAND is.

So, watter gedeelte van daardie beskrywings is onverstaanbaar?

Ek wil nie meer op enige plek gaan ontbyt eet nie, behalwe net by my eie huis. Dis een van die luukses wat ons onsself op ‘n gereelde basis gun, om op ‘n naweek oggend ontbyt in ‘n koffiewinkel of restaurant te gaan eet. Ek wil nie meer nie. Ek is bang vir die gevolge daarvan.

ELKE keer vra ek die kelner BAIE mooi; “Kan ek asseblief my brood ORDENTLIK ge’toast’ kry? ‘Crispy’ asseblief, so net duskant gebrand. Nie opgewarmde brood wat pap genoeg is dat ek dit heen en weer kan beweeg soos blare in die wind nie. Dankie.” Ek kan al die rympie in my slaap opse.

En, met twee uitsonderings tot dusver, kry ek dan opgewarmde slap brood! In die begin het ek nog stilgebly en maar gesluk, maar toe besluit ek op ‘n dag SE MOER! Ek probeer om nooit onnodig in die openbaar ‘n scene te maak nie, maar toe het ek genoeg gehad.

Toe die opgewarmde brood weer by my kom, stuur ek dit terug en ek praat nie hard nie, ek praat net duidelik. Sodat my stem dra. En ek het ‘n goed gemoduleerde stem , so hy DRA as ek hom wil laat dra. Toe kry ek my crispy toast. En van toe af kry ek altyd my crispy toast in daardie spesifieke plek.

Maar nou kan ek nie elke keer soontoe gaan nie. So, dan is dit weer, en glo my sonder uitsondering, dieselfde storie. Nou het ek nog ‘n reeltjie by my rympie gevoeg; “En asseblief, ek waarsku jou sommer nou al, as die toast hier kom en dis opgewarmde brood, gaan ek baie omgekrap wees en ek gaan dit terugstuur, totdat dit reg is.”

Ha! Ek lyk seker glad nie gevaarlik nie en soos ‘n groot grapgat, want steeds kom die opgewarmde brood homself aanmeld vir die eerste rondte. Dis al amper soos ‘n amateur boksgeveg – ek en die brood en drie rondtes.

Gisteroggend was dieselfde storie en ek was juis nie in die beste van buie nie, want dis lentedag en dit flippin reen soos mid-winter hier. Toe die brood arriveer, het ek doodeenvoudig van moedeloosheid met my kop in my hande gaan sit en net so bly sit. Basil het my later vertel van die uitdrukking op die arme kelnerin se gesig (ek dink die arme girl het gedink ek is besig om te huil!). Met een of ander handbeweging het hy vir haar beduie om die brood te gaan toast, soos in TOAST! 

Ek het so bly sit, want ek het geweet, as ek vandag hier opkyk en daardie warm brood sien, gaan ek alle sanity wat ek ooit gehad het verloor, so ek beter net baie, baie, verskriklik DOODstil sit. Uiteindelik, toe ek opkyk, was die toast daar – regtige toast, crispy toast. Dank vader.

Ek dink regtig nie ek gaan meer uit vir ontbyt nie – ek kan nie dit meer aan myself doen nie en ook nie aan die arme kelners nie. Ek wonder net regtig en eerlikwaar wat is so moeilik aan wat ek vra? Watter gedeelte verduidelik ek nie reg nie? Ek gaan altyd bly wonder, want dit wil vir my voorkom of die vraag na crispy getoaste brood omtrent op dieselfde skaal is as sou ek dalk vir ‘n atoombom gevra het in die koffiewinkel!

Advertisements

11 Responses

  1. Ek sal maar ‘n toast drink op jou deursettingsvermoë! Ek weet ons moet meer staan op ons regte op goeie diens, maar gee dikwels liewer op.

  2. Die probleem is nie die toast nie, dis die botter. Hulle bring altyd vir mens botter wat so hard is dat dit die toast skeer as jy dit probeer smeer. Die toast kan maar so lank gebraai wees as dit wil, hel die toast kan van sement gemaak wees, daai restaurantbotter is gewoonlik hard genoeg om die toast te breek as jy probeer smeer.

  3. Ek kan verstaan hoe jy voel, toast is toast!!! Ek sou dit ook terug gestuur het.

  4. Lus is ek nou vir ‘n roosterbroodjie… Vanweë my prikkelbare derm mag ek nie meer roosterbroodjies eet nie. Ek het die naweek baie gesondig wat dit betref, aangesien my geliefde op die 1e September verjaar. Dus kan ek nie eens sê dat ek soet was die naweek en nou maar mag sondig nie…

    Ai.

  5. Ek stem saam met Bertus. Die toast is nie vir my so erg nie. Dis altyd die blerrie botter wat kliphard is. As dit nog in foelie papier toegedraai is soos ‘n toebroodjie, kan ek dit ten minste teen my warm koppie koffie druk sodat dit bietjie smelt, maar meeste van die tyd is dit daai opgerolde gevriese balletjies botter. Eish!

  6. Hehe, ek dink ek gaan volgende keer ook my stem dik maak oor opgewarmde brood! So ‘n bek moet jam kry!

  7. Ten eerste moet ek sê dat jy nêrens in Holland ontbyt kan gaan eet nie! ‘n Koue broodjie met kaas of tjoklitsmeer is al wat jy hier kan kry vir ontbyt. Ons is dus lekker jaloers op die lekker ontbyte wat mens (spotgoedkoop) oral in SA kry!

    Ten tweede moet ek sê dat my gunstelking toast die sagte taai soort is. (As ek self maak, maak ek die broodjies ‘n rukkie in foelie toe, dat hulle sag en taai kan word!!!)

    Harde toast maak my verhemelte seer… 🙂

  8. ek drink water. baie. altyd.
    “glas water sonder ys asb.”
    kry ek OOIT water SONDER ys? huh?

  9. […] baklei nie meer oor opgewarmde brood in restaurante nie – ek het vrede gemaak daarmee. Dit het net TE uitputtend […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: