1 September deur die jare in die wereld

1 September is die amptelike begin van die lente hier by ons, in Suid-Afrika. Nie dat die Kaap veel na lente lyk nie, eerder meer nog soos die middel van die winter. Maar 1 September bly vir my die liggie voor in die tonnel, elke jaar. My baken, my oase langs die pad.

1 September begin ek gewoonlik uit my beergewaad klim en regmaak vir MY tyd van die jaar – SOMER! Dis vir my die einde van donker dae, die begin van ligter dae. “Old Endings, New Beginnings”. Ek “spring clean” my huis, ek skuif my meubels rond, ek gaan klim Tafelberg, ek het matelose energie! Ek HAAT winter!

Toe het ek vandag bietjie gaan kyk wat het deur die jare op 1 September gebeur en op die volgende afgekom.

OP 1 September:

1997

In Brittanje word die reelings vir Prinses Diana se begrafnis bekend gemaak.

1990

Prins Charles sterk aan in die hospitaal na ‘n tweede operasie aan sy regterarm, wat hy gebreek het met die val van sy polo ponie af.

1989

In Brittanje begin die Konserwatiewe Regering van Margaret Thatcher met die kontroversiele privatisering van Publieke Water.

1982

Voormalige Ipswich bestuurder Bobby Robson word aangestel as Engeland se voetbalbestuurder.

1978

Jeremy Thorpe, die voormalige leier van die Liberale Party in Brittanje word aangekla daarvan dat hy David Holmes aangehits het om moord te pleeg.

1976

450 mense is beseer en 50 word ge-arresteer gedurende die geweldpleging by die jaarlikse Notting Hill Karnaval in Londen.

1972

Bobby Fischer wen die Russiese wereldkampioen Boris Spassky in Reykjavik en word so die eerste Amerikaanse wereldkampioen in skaak. Dit was ook die eerste keer wat Spassky die titel verdedig het sedert hy dit in 1969 gewen het.

1971

Die pennie muntstuk word nie meer as ‘n wettige geldstuk beskou in Engeland nie, wat toe besig was om oor te skakel na die desimale muntstelsel.

1969

Die militere leier Muammar Gaddafi (wat homself later die titel Kolonel gegee het) neem beheer oor in Libie deur die regering van Koning Idris I omver te gooi.

1951

Brittanje open sy eerste supermark in Earl’s Court in Londen.

1939

Britse owerhede begin met die ontruiming van meer as ‘n miljoen vrouens en kinders vanuit die hoofstede toe die moontlikheid van oorlog met Duitsland ‘n definitiewe feit word.

1939

Duitsland val Poland binne en bombardeer die Poolse hoofstad, Warschou. Dit begin om 6 uur die oggend. Vir die eerste keer in die geskiedenis gaan die Koning van Brittanje na Downing Straat in plaas daarvan dat die Eerste Minister na Buckingham Paleis kom, aangesien Neville Chamberlain naby sy telefoon moes bly gedurende die krisis wat aanleiding gegee het tot die begin van die Tweede Wereldoorlog, naamlik dat Duitsland geweier het om toe te gee aan Brittanje se eis dat hulle (Duitsland) hul troepe onttrek uit Poland.

1933

Die eerste druk van die klassieke wetenskapfiksie roman, ‘The Shape Of Things to Come’ deur H.G.Wells, word gepubliseer.

1928

Albanie word as Koninkryk verklaar met Zog (Ahmed Beg Zogu) as die verkose koning.

1923

‘n Aardbewing in Japan ruineer feitlik die stede Tokio en Yokohama en ongeveer 500,000 mense sterf.

1916

Wereld Oorlog I: Bulgarye verklaar oorlog teen Roemenie.

1914

Die Russiese stad St Petersburg word hernoem na Petrograd.

1908

In die Middel Ooste word die Hejaz Spoorlyn geopen, wat Damaskus verbind met Medina.

1896

Chop Suey, wat veronderstel is om ‘n tradisionele Chinese gereg te wees, word uitgevind in New York.

1879

In Suidelike Afrika teken Brittanje ‘n vredesverdrag met die Zulu opperhoofde.

1859

Pullman (slaapwaens) trokke word vir die eerste keer bekendgestel – op die spoorlyn tussen Bloominton en Chicago in die Verenigde State. Slaapwaens is ontwerp en gepatenteer deur die Amerikaanse uitvinder en besigheidsman George Mortimer Pullman.

So, wat het JY op 1 September gedoen, deur die jare?

Advertisements

5 Responses

  1. Interessante klompie feite!. Mmmm… wat het ek elke jaar op 1 September gedoen? Kan nie onthou van enige geskiedenis wat ek gemaak het nie. Meestal seker gejuig oor die winter wat verby is. Daar is mense wat meer van die winter hou, maar ek dink hulle is ver in die minderheid.

  2. Elke seisoen is mooi.

    En hierdie jaar is die hele Rietvlei-area oortrek met varkore. Meer nog as vorige jare. Dit is werklik ‘n gesig om te beleef.

  3. Ek het net gister bly geraak oor die begin van die lente, toe onthou ek dat ek aan die ander kant van die aardbol is. So, dit beteken eintlik die einde van die somer en die begin van die gehate winter vir my 😦

  4. Weet nie mooi van ander jare nie – was vorige jare eintlik nog winter op die 1ste Sep, maar VANJAAR!!! Pretoria was warm en lente met die feeling inni lug!

  5. 1 september is vir my die einde van die somer, nie dat dit nou ‘n lekker somer was díe jaar nie. mind you, winter kan ook lekker wees met die houtkaggel en snee, ysskaats ry en warm sjokolade met slagroom drink. ek hoop dit raak sommer lekker koud die jaar, want goeie vrieskou beteken min reen! weet jy hoe mooi die wêreld lyk as dit so koud is dat dit kraak; die hemel is blou en mens sien die mooiste sterre.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: