Realiteits TV

Ek het ‘n BAIE sterk vermoede, eintlik ‘n oorweldigende sterk vermoede, dat ek die manne met die inspuitings en wit jasse gaan nodig he as ek nog een keer, NET nog EEN keer verby die televisie loop en in die mense van Big Brother moet vaskyk.

Hoekom, hoekom kyk mense realiteits TV? After all, is televisie nie juis gemaak om mens te help ONTSNAP van die sleur en die realiteit van die alledaagse lewe nie? Of sit ek iewers die pot heeltemal mis? Is storieboek mense nie gewoonlik meer interessant as die ou langsaan nie? Blykbaar en heel duidelik, NEE.

In die begin was daar seker nog mense wat gevra het hoekom kyk ons “reality TV”, tot hulle self begin kyk het en heeltemal ge”hook” of “obsessed” geraak het daarmee.

Verlede jaar het ek myself kom kry, heeltemal verslaaf aan Survivor SA, ook darem deels meer oor die halsbandjie as die hondjie, want daai aanbieder was / is SOOOO sexy! Ek het dit hierdie jaar oorweeg en dalk sal ek dit regtig volgende jaar probeer, om self Survivor te gaan speel. En ek sal seker weer hierdie jaar kyk ook. Nee, wees eerlik! Ek SAL hierdie jaar weer kyk.

Maar intussen irriteer Big Brother die heilige wit waks uit my uit. En moenie vir my vertel ek moet die kanaal verander nie, want hier, in my huis, is mense wat dit kyk en NIE gaan dink ek is oulik as ek die kanaal verander nie, veral aangesien ek nou ook nie juis iets anders het wat ek wil kyk nie!

So, dis nou Big Brother en dis Survivor.

Dan is daar nog Amazing Race, waarvan ek heeltemal niks weet nie, want ek sien geen doel daarin om te kyk hoe mense oor die aardbol heen rondhardloop nie. 

En Fear Factor. Dis om van naar te word. Ek kan nie eers suur melk weggooi sonder om tot sterwens toe naar te word, of muwwe brood of sulke goed nie. So, hoekom in de hel sal ek myself straf deur te kyk hoe eet mense die walglike goed wat hulle daar moet eet? Ek sal permanent naar wees en bly. En ek is vir ‘n spinnekop of enige ding met meer as vier bene so bang dat ek kan dood, banger amper as om ge”mug” te word. So vir wat sal ek myself willens en wetens tussen die krioelende goeters begewe of kyk hoe ander mense dit doen. Ek gril myself in ‘n ander dimensie in!

Laastens, maar nie die minste nie, Idols. O hel, somtyds dink ek dit sou beter gewees het om bordkryt so skreeuend oor ‘n swartbord te gaan trek as om na party van daai te luister. Kan hulle ons nie maar die oorpyn spaar en net hier van amper die einde af laat kyk en luister nie, waar daar darem nou al mense is wat REGTIG KAN sing?

Maar nou ja, dit is wat die massas wil he, so gee vir die massas wat hulle wil he, dan lag die vervaardigers al die pad bank toe.  Gee maar vir my net Survivor, al maak dit my dan nou ook maar op die ou einde een van die massas / malles.

Maar kan iemand asseblief net vir my laat weet hoe kry ek dit reg om net NOOIT weer die TV raak te sien as Big Brother op is nie? Groot asseblief, ek sal jou betaal!

Advertisements

8 Responses

  1. Ek stem, maar blykbaar is realiteits-TV nou vir die mense ‘exciting’. Ek kan regtig nie sien wat die naarwees van goggas eet met vrees te doen het nie. Survivor: die een wat moontlik die beste kan survive word afgestem omdat die ander vir hom/haar bang is. Weakest Link (nou nie heeltemaal realiteits-TV nie): dieselfde storie. Daarom kyk ek nie.

  2. Oe, I feel your pain. Ek kan Big Brother nie verdra nie. Ek sal vir hulle ‘n TV in die garage sit waar hulle dit kan kyk. Ek kyk ook nie realiteits-TV nie, behalwe as ek by die huis is op die betrokke aand, sal ek Amazing Race kyk. Dit is volgens my loshande die beste program in daardie kategorie.

  3. Sela!

    Realiteits-tv is vir my ‘n aanduiding van ‘n lee samelewing wat verval het in die middelmatigheid van minimum denke en maksimum voyeuristiese stimulasie. Mense wie se eie lewens so onverken is, wat nie meer wil dink nie, word verdoof deur die vermaaklikheiswaarde van hoe ander mense se “realiteit” daaruitsien. In vroeer dae het die Romeine mense vir die leeus gegooi en gekyk hoe gladiators mekaar doodveg. Ek is bevrees ons is nie veel verder wat vermaak betref nie. Die massas van vandag is vermaaklikheidsversadig. Hulle het al hoe meer nodig om hulle op ‘n “high” te plaas. Inderdaad opium vir die massas (met erkenning aan Marx). Ontvlugting vir mense uit hulle eie realiteit na ‘n ander (valse) realiteit.

  4. Dagse
    BiB se:
    “Ontvlugting vir mense uit hulle eie realiteit na ‘n ander (valse) realiteit.”

    Sou DIT kwalifiseer as dol definisie van blogging?

    Enige vorm van tv is vir ding gaaf – solank daar ‘n bank of ‘n bed is waarop ding kan slaap.

    Sonson, smaak dan nou vir ding asof daar duiwels is wat jou juis by die BB-tv verby dryf – of is jy ‘n martelaar under cover? Vermy die tv – soek die son sulke tyd!
    d

  5. Ek sit nou juis en kyk so met een oog na die nuwe reeks Survivor. Is ook nie mal oor die goed nie, veral nie Big Brother nie. Ek verkies ‘n goeie fliek, maar moet se^ die uitsondering is beslis Amazing Race.

  6. Ek stem saam met BiB! Daar is vir my baie meer “exciting” dinge om te doen as om te sit en TV kyk!

  7. Wil nog byvoeg: tussen 3 mans (waarvan 2 sportverslaafdes is) en ten spyte van ‘n “dual decoder” staan ek nie eintlik ‘n kans om na my gunsteling kanale (Discovery, History, Travel) te kyk nie. Maar vir eers hou “blogging” my besig genoeg! 😉

  8. Big Brother is ook natuurlik deel van die sagmaakproses wanneer die antichris (BB) ons almal wil “tag” en al ons bewegings 24/7 wil monitor. Die kanaal is geblok in my huis, saam met ‘n paar ander. You are what you eat, watch, hear… Met my verantwoordelikheid as leier in my huishouding moet daar ‘n paar reëltjies wees, nie almal populêr nie maar “with leadership comes responsibility.” Het julle al gesien watter snert die “Cartoon” kanale opdis? Geweld, rebelsheid, ondermyning van ouers se gesag. Magtig, ek eerder skaapanus op “Fear Factor” as om nog ‘n cartoon te kyk. Kinnerkies is te kosbaar om hulle jonk te vergiftig.
    Liefde vir julle!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: