Ek is hier en more aand is ek nie meer hier nie

‘Hier’ is Johannesburg. En ek is hier omdat ek hier MOET wees, nie omdat ek wil nie. Verstaan my asseblief nie verkeerd nie. Ek het geen probleem met die mense hier nie en ek dink selfs hulle is ver beter bestuurders as ons Kapenaars. Maar hierdie is NIE my plek nie. Ek is heeltemal ontwortel.

Ek is hier vir werk, maar gelukkig is ek more aand hierdie tyd ampertjies terug op Kaapse grond. Daar is net iets in my lyf wat nie reg werk sonder die berg en die see nie.

Kyk, ek is absoluut mal oor vlieg. Daar is vir my iets orgasmies aan die versnel van die vliegtuig in daardie oomblikke net voordat jy opstyg en dan die opstyg self. Daardie geweldige spoed en dan die aarde wat wegval onder jou, met elke bietjie hoer styg, die dip wat jou maag vang. Dis iets waarvoor ek nooit moeg sal word nie. Dalk is dit die kind in my wat nooit sal toelaat dat ek daardie verwondering van vlieg verloor nie.

En gisteraand, die wegdraai oor die see, met Tafelberg in sy wolkkleed, wat amper lyk asof ‘n atoombom daar geval het, die skepe op die oop see en Robbeneiland, afge-ets op die water. Toe, daar, sou ek kon, sou ek maklik kon uitklim en teruggaan. want toe dit wegraak, toe trek hierdie hart van my sulke kougomdrade.

En dit was ‘n bumpy ride, al die pad. Amper soos ‘n ou bus oor ‘n sinkplaatpad. En selfs dit sit my nie af van vlieg nie. Maar toe ons begin sak, en ek sien die see van liggies, en ek weet – hier is ek in Johannesburg – toe kom le die klip in my maag.  En toe ek afklim, toe ruik ek Johannesburg. Want die stad het sy eie reuk. En die klip gaan le nog bietjie dieper.

My dag self het goed geloop, bo verwagting goed, en more weet ek gaan ook reg wees. Maar die regste van more gaan wees dat ek weer kan huis toe gaan. En more aand, omtrent hierdie tyd, as die vliegtuig sy draai gaan gooi en inkom om te land, en  ek sien die berg, dan sal ek weet – ek is okay, ek is by die huis.

Julle is almal moerse nice hier met my, maar dis nie my huis nie. My huis is daar ver!

Advertisements

6 Responses

  1. Hoe sê hulle …. there’s no place like home!!! Jy moet lekker terug vlieg, en geniet dit. My maag maak weer sulke snaakse draaie as die vliegtuig opstyg.

  2. Nou hoe dink jy moet ek voel wat al 10.5 jaar hier bly oor ek hier moet bly, met nog ‘n klompie wat voorlê?

  3. ‘n Mens se huis is jou huis en klaar.

  4. Jou huis is waar jou hart is! Ek is ook mal oor die opstyg!

  5. Ek haaaaat vlieg! Dit maak net nie sin nie. Daai sware ding in die wolke… I mean come on!! Nadese verlaat ons nie die Kaap baie nie. Dankie tog.

  6. ek vlieg ook oor twee weke na daai plek.
    maar ek hou nie van vlieg nie. dit irriteer my. eintlik is dit weird – vlieg voel vir my baie minder produktief as 7 ure in ‘n kar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: