Brain Freeze op Plattekloof Heuwel!

As ek hierdie ding nie uit my gestel uit gaan skryf nie, gaan ek vanaand iewers iemand aanrand.

Ek ry huis toe en dit reën en ek is HAASTIG. Ek kom van die stad se kant af en ek kom by Plattekloof heuwel. Toe ek nog so aankom, sien ek al ‘n ry rooi remligte. En ek dink – hel, wat nou. ‘n Ongeluk? Ek’s ook nie verbaas nie, want die paaie is nat en party mense ry asof hulle water op die brein het.

En hoe nader ek aan die heuwel kom, hoe stadiger ry almal, selfs dié in die vinnige baan. En ons kruip kruip so oor die heuwel. En ek soek die motorwrakke, die ambulanse, die 911’s. En raai wat? Niks nie! Nee, geen moerse ongeluk nie – maar net die gewone Brain Freeze wat die bestuurders op die heuwel kry. En ek onthou, toe ek nog elke dag van dié kant af werk toe gery het, het dit my soggens uit my klere uit frustreer.

Wat, WAT, maak dat almal net voor die heuwel “Brain Freeze” kry? Word hulle vir daai paar minute oorgeneem deur zombies of WTF! Dan moet die arme kar homself teen sy eie revolusies bult op trek en sodra die anderkant in sig is, verlaat die zombie die menslyf en kom die bestuurder weer by en RY actually verder?

Ek verstaan dit nie, ek gaan dit nooit verstaan nie. Asseblief mense, die pad is aan die een kant van die bult presies dieselfde as aan die anderkant. Dis ‘n nasionale pad, dit loop net in EEN rigting. Daar kan nie iets oor die bult van voor af aankom nie, ek belowe julle. Daar kruip ook nie iets weg anderkant die bult wat net wag vir jou om oor te kom sodat hy/sy/dit jou kan bespring en opvreet nie.

Ry net normaal voort, teen jou normale spoed, asseblief, verkieslik iets soos 120 km per uur, veral as jy in die vinnige baan is. Sodat ek nie binnekort in Valkenburg beland as gevolg van padwoede nie!

Dankie.

Advertisements

7 Responses

  1. Ai, ai, ai – Sonson, dankie tog dat jy maar liewers hierdie ding uit jou gestel uitgeskryf het en nie iewers iemand aangerand het nie! hehe
    Alhoewel … smaak dan nou of die slagoffer dalk nie sou kla oor die aanranding nie – sou dit haas naastenby so passievol wees soos die skrywe is! ghieghieghie
    Wou maar net se: jy is ook ‘n annerste ene – selfs in jou veg-veg met die mense, komplimenteer jy darem baie motoriste – om te praat van brain freeze impliseer jy tog dat almal daar wel breine het…
    Ja-ja – ding wil terg.
    Ernstiger: vang my eerder ‘n handvol reendruppels, toe, seblief?

  2. Het jy al gehoor van “traffic waves”? Jy moet so begin bestuur dat jy hulle “erase”. Gaan loer by http://www.amasci.com/amateur/traffic/traffic1.html en stuur die inligting aan soveel as moontlik ander mense. Daardie ou het baie interessante idees oor presies wat jy beskryf.

  3. As hulle bestuurderslisensies op grond van IK moet toeken, sal daar seker maar min motors op die pad oorbly…

  4. Ja ja Ding – ek hoor jou. En ja, ek doen ALLES passievol. En die aangerande een sou mos nou helemaal onskuldig gewees het. Shame. Ai tog, wonder wie sou my kom uitbail het uit die selle uit?

    Kop-Op-Blok – dankie vir daai link. Wragtig interessant, maar ek is van nature ‘n haastige bestuurder. Sal maar moet gaan vir “Anger Management”!

    BiB – LOL! Dink net hoe lekker leeg sal die paaie dan wees, veral sonder ‘n paar taxi’s!

  5. ek was self al eendag amper in ‘n moerse ongeluk op daardie einste bult juis ook as gevolg van die massa brain freeze.

  6. ek was nou die dag in ‘n padwoede insident betrokke. ek was die slagoffer.

  7. Son, onthou dat ek vir jou ‘n besigheidskaartjie gee vir wanneer die padwoede ding jou nou regtig beet kry 😉 Dankie, het nou lekker gelag! Jy klink soos my man op ‘n GOEIE dag in die verkeer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: