Boland, my Hartland!

jul07-du-toitskloof.jpg

Met erkenning aan Lina Spies

Net vir ingewydes

Sal ons in diè stil seisoen

– ons geheime gety –

reklameer vir binnelanders

wat glo dat in die Boland

winter net ‘n reëntyd is?

Sal ons vertel hoe blou

en hoog is die hemel dan

as op sonskyndae dit wolkloos

van horison tot horison

oor berge en valleie span?

Sal ons sê hoe stiletskerp

en diamantgeslyp bedags

die berge geteken is

en hoe hul in die laaste ligval

gloei soos rooskwarts en ametis?

Sal ons selfs swymel

oor die kosmopolitiese tortel

wie se diep en donker tone

in die ongetooide bome

helder opklink na die reën?

Boland, mooiland, liefland, hartland,

ons wat vier jaargetye lank

jou bewoon en jou bemin,

weet jy sluit ons in die winter

vaster in jou omhelsing in!

Advertisements

2 Responses

  1. Dis baie mooi, veral:

    Boland, mooiland, liefland, hartland,
    ons wat vier jaargetye lank
    jou bewoon en jou bemin

    ek het nog altyd ‘n liefde vir die Kaap, al is my eintlike hartland die droê wêreld.

  2. Baie mooi woorde en ‘n verlang-foto. Die Boland is altyd in my hart.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: