Vrydag, die 13de

Bietjie interessante feite oor Vrydag en Vrydag die 13de: Die naam Vrydag is afkomstig van die Germaanse godin Frige. In Islam is Vrydag die dag van publieke aanbidding in moskees. Die Islamitiese week begin wel steeds op ‘n Sondag en eindig op ‘n Saterdag, net soos die Joodse en Christelike week. Die Joodse sabbat begin om sonsondergang op Vrydag en hou aan tot sonsondergang op Saterdag. “Friday” was die naam van ‘n kannibaal, wat die dienskneg van Robinson Crusoe geword het. Cadbury het ‘n sjokoladestafie bemark met die slagspreuk “Thank Crunchie it’s Friday”. In September 1989 is daar die volgende oor rekenaarvirusse en Vrydag die dertiende geskryf:

’n Logiese bom is ’n program wat in ’n rekenaar geplaas word en wat sal begin uitvoer wanneer aan sekere voorwaardes voldoen word – dit kan byvoorbeeld begin uitvoer op ’n sekere tyd of wanneer ’n sekere ander program uitgevoer word. Die Jerusalemvirus vee data uit as die datum die dertiende is en dit ’n Vrydag is – dit is dus ’n virus wat elemente van ’n logiese bom bevat. Die Jerusalem-virus maak die rekenaar normaalweg stadiger; maar op ’n Vrydag die dertiende vee dit egter lêers uit.

Die vrees vir Vrydag die 13de staan bekend as “paraskevidekatriaphobia”. Die vrees is nie gegrond op enige wetenskaplike logika nie en meeste mense wat glo diè dag is ongelukkig, kan ook geen logiese of onlogiese verklaring gee vir hulle bygeloof nie. Diè bygeloof het egter wel diep en onomstootlike wortels en daar is ‘n hele paar interessante stories agter die ongelukkige dag. Die vrees vir Vrydag die 13de het sy ontstaan uit twee aparte vrese – die vrees vir die nommer 13 en die vrees vir Vrydae. Albei vrese het diep wortels in die Westerse kultuur, veral in die Christelike teologie. Dertien is belangrik vir Christene omdat dit die hoeveelheid mense was wat aangesit het vir die laaste Avondmaal (Jesus en sy 12 dissipels). Judas, die dissipel wat Jesus verraai het, het laaste, m.a.w. dertiende, by die maal aangekom.

Christene is ook tradisioneel versigtig vir Vrydae omdat Jesus op ‘n Vrydag gekruisig is. Daarbenewens glo sommige teoloë dat Adam en Eva op ‘n Vrydag van die verbode vrug geëet het en dat die Groot Vloed op ‘n Vrydag begin het. In die verlede het baie Christene nie enige nuwe projek of reis op ‘n Vrydag begin nie, aangesien hulle geglo het dat dit dan rampspoedig sou eindig.

Veral matrose is baie bygelowig in hierdie verband en weier om uit te vaar op ‘n Vrydag. Volgens ‘n onbewese legende (heelwaarskynlik onwaar), het die Britse Vloot in die 1800’s bevel oorgeneem van ‘n skip genaamd die H.M.S. Friday, juis om diè bygeloof tot niet te maak. Die vloot het die hele bemanning op ‘n Vrydag gekies, die skip te water gelaat op ‘n Vrydag en selfs ‘n man genaamd James Friday aangestel as die skip se kaptein. Toe, een Vrydag oggend, het die skip uitgevaar op sy eerste seereis … en spoorloos verdwyn, tot vandag toe. Daar is ‘n soortgelyke, feitelike storie oor die vlug van Apollo 13.

Sekere geskiedskrywers reken die Christelike wantroue van Vrydae is eintlik verbonde aan die vroeë Katolieke Kerke se algehele onderdrukking van die heidendom en vroue. In die Romeinse kalender word Vrydag opgedra aan Venus, die godin van liefde. Toe die Nore die kalender aangepas het, het hulle die dag vernoem na Frigg of Freye, die Noorse godin van liefde EN seks. Beide hierdie twee sterk vroulike figure was ‘n bedreiging vir die dominant manlike Christendom, dus het die Christelike kerk die dag, vernoem na hulle, as boos voorgestel.

Die karakterisering kon ook deel uitgemaak het van die vrees vir die nommer 13. Daar is gesê dat Frigg gereeld deel uitgemaak het van ‘n heksevergadering, normaalweg bestaande uit 12 hekse, maar tesame met Frigg was hulle 13. Dit is onmoontlik om die oorsprong van hierdie oorlewering vas te stel. Daar is ook ‘n soortgelyke legende wat 13 as onheilig voorstel omdat dit die vergadering van 12 hekse en die duiwel versinnebeeld.

Die nommer 13 kon ook as heidens beskou word omdat daar 13 maande in die heidense maankalender is. Die maankalender kom ooreen met die menslike menstruele siklus, wat weereens die nommer verbind aan vroulikheid.

Die Christelike perspektief oor Vrydag die 13de is egter net een deel van die tradisie van Vrydag die 13de.

Sommige navorsers volg die spoor vir die berugtheid van Vrydag die 13de terug tot by die antieke Noorse kultuur. In die Noorse mitologie is die geliefde held Balder doodgemaak deur die moedswillige god Loki, tydens ‘n banket. Loki het ongenooid opgedaag by die partytjie van 12 mense. Hy was die 13de gas. Hierdie storie, sowel as die storie van Jesus se laaste Avondmaal het tot een van die mees vaste bygelowe gelei oor 13: Jy moet NOOIT aansit vir ete om ‘n tafel met 13 mense nie!

Nog ‘n belangrike stukkie legende is oor ‘n besondere slegte Vrydag die 13de wat afgespeel het gedurende die middeleeue. Op Vrydag die 13de in 1306, het Koning Philip van Frankryk die hooggeagte Ridders Tempelier laat arresteer en begin martel. Die dag is gemerk as ‘n dag van die Bose.

Beide Vrydag en die nommer 13de was ook eens nou verbonde aan die doodstraf. Volgens Britse tradisie was Vrydag die aangewese dag vir die hang van misdadigers in die publiek en daar was glo 13 trappe wat gelei het na die galgtou.

Uiteindelik het hierdie komplekse volksvertellings nie veel te make met mense se hedendaagse vrese nie. Die vrees het veel meer te doen met persoonlike ervaring. Mense leer van kleintyd af dat Vrydag die 13de veronderstel is om ongelukkig te wees en dan soek hulle bewyse dat die legende waar is. En natuurlik is dit nie moeilik om bewyse te kry nie. As jy op Vrydag die 13de in ‘n motorongeluk was, jou beursie verloor het of selfs net jou koffie gemors het, gaan jy daardie dag altyd onthou, want dis Vrydag die 13de.

Maar as jy mooi dink sal jy besef dat slegte dinge, groot of klein, maar elke dag gebeur. Soek jy egter “bad luck” op Vrydag die 13de, sal jy dit heelwaarskynlik kry!

Advertisements

9 Responses

  1. Hallo.
    Interessante inligting oor Vrydae en die 13de.
    Gelukkig het niks nog met my gebeur op Vrydag die 13de nie, maar ek is ma versigtig.
    My ma maak klere en sy weier om iets nuuts op ‘n Vrydag te sny. Sy sal met die masjien werk of lostrek, maar nie nuwe lap sny nie.
    Lekka naweek

  2. Die Dertiende…

    11013 V.C. – Skeppings jaar

    10883 V.C. – Adam 130 jaar oud toe Set vir hom gebore was

    2167 V.C. – Tera 130 jaar oud toe Abraham vir hom gebore was

    1877 V.C. – Jakob 130 jaar oud toe hy hoor sy seun Josef leef

    7 V.C. – Jesus gebore op die dag van Versoening (Day of Atonement)

    AD 7 – Jesus word 13 jaar oud

    AD 29 – Jesus word deur Johannes gedoop en kies 12 dissipels .. saam met Hom 13

    AD 33 – 13 Tishri(Hebreeuse kalender) die dag voor Jesus gevange geneem word..

    AD 1988 – 13000 jaar vanaf die jaar van Skepping… begin van die tyd van Groot Verdrukking… God se oordeel begin by die kerke

    AD 2001 – 13 jaar na die aanvang van die tyd van Groot Verdrukking word die boodskap dat die Kerk-era verby is, en dat gelowiges hulle kerke moet verlaat via die radio regoor die hele wêreld verkondig…

    AD 2011 – 13-4/01/2011(13-4 Tishri wat die eerste maand van die Hebreeuse kalender is) die begin van die Fees van Tabernakels … heelwaarskynlik die Laaste Fees wat hier op aarde herdenk gaan word en wat ten einde loop op die 20-1/10/2011 heelwaarskynlik die Laaste Dag

    13 dae van die 1ste maand (van die Exodus)sou verloop voor die bloed van die lam op die aand van die 14de van die maand in die jaar 1447 V.C. aan die deurposte gesmeer moes word.

    die 13de is voorwaar betekenisvol
    dankie tog dat die 14de dag wat daarop sou volg ‘n dag van Lewe inhou

    Geniet die 13de…!

    vir nog meer inligting ook die allerbelangrike verlossingsplan wat gedurende die afgelope net meer as 13000jaar afgespeel het kan jy gerus http://www.timehasanend.org lees.

  3. Nice post, Sonkind!! My Vrydag, die 13de was maar ‘n dag soos enige ander dag behalwe dat ek ALWEER vergeet het dat die materiaalwinkel op Vrydae toe maak tussen 12:00 en 14:00 as die Indiërs gaan bid. Lekker naweek vir jou!!

  4. Baie interessant. Baie dankie!

  5. Ek glo nie in die hele “13de” ding nie, maar is nietemin so ‘n klein bietjie ekstra versigtig vir die wat dit wel doen.

  6. hoe algemeen is frydag die 13de?

  7. […] https://sonkind.wordpress.com/2007/07/13/vrydag-die-13de/ Share this:TwitterFacebookLike this:LikeBe the first to like this post. Tags: Vrydag die 13de Permalink […]

  8. Wow ! Dit Was nou lekker lees stof en baie interessant .

  9. Like it

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: