Sondag blues – Die blou duiwel.

Sondae middae 3 uur dan slaan hy my onderstebo – die ding wat mens Sunday Blues noem. Die blou duiwel. Blykbaar is ek van kleins af al so. My ma het al vertel ek het gewoonlik daardie tyd op ‘n Sondag verdwyn en dan het hulle my op allerhande vreemde plekke gekry. Onder die bed, een keer selfs in die hond se hok, waar ek saam met hom gelê het. Een keer so hoog bo in die boom op ons erf, dat sy haarself moes inhou om nie op my te skree nie, van vrees dat sy my sal laat skrik en val. Ek kan nie dink hoekom ‘n kind kon Sondag blues kry nie, maar blykbaar het ek.

Toe ek verstand kry, het ek gaan sit en die ding vir myself probeer ontleed. Ek het probeer uitfigure of daar iets is wat my pla. Gewoonlik was daar nie. Ek was nooit bang om op ‘n Maandag skool toe te gaan nie, my huiswerk was altyd gedoen. Ek was ook nooit abnormaal nie lus om op ‘n Maandag werk toe te gaan nie. Dit was ook nie finansiële probleem nie, dit sou mens immer elke dag van die week gepla het. Daar was net mooi GEEN verduidelikbare rede daarvoor nie.

Ek het 12 jaar in die plat vlaktes van die Oos-Transvaal gebly en toe was dit ‘n hele paar grade erger op ‘n Sondagmiddag, want dan was die verlang na my mense en die Kaap baie, baie erger. Daar het Sondagmiddae hierdie uiterste verlatenheid oor my kom lê. As ek die selfmoordtipe was, dan sou ek definitief nie oorleef het nie. Maar die blou duiwel het ook saamgekom toe ek terugkom Kaap toe, het seker gemaak hy klim ook in die treklorrie! En hy is vandag nog hier.

My arme kinders het die swaarste gekry, want ek is oor die algemeen ‘n “happy go lucky” mens wat baie lag en altyd die positiewe kant van ‘n saak sien. As iets skeef loop, dan het ek gou ‘n plan gemaak om dit reg te kry. Maar Sondaemiddae het hulle ma in ‘n bot, ontoeganklike vreemdeling verander. Ek het geweet dis nie ek nie, maar ek kon myself nie help nie.

Ek kan myself nou nog nie help nie, maar my mense het dit lankal aanvaar. Hulle weet Maandagoggend is ek weer terug en die vreemdeling weg, tot volgende Sondag. Somtyds, as ons ‘n regtig baie lekker naweek gehad het en Sondagmiddag breek aan, dan het ek myself al lankal in my kop ‘n “pep talk” gegee en hard probeer om die blou duiwel af te keer. En dan kry ek dit amperkies reg. Dan sien ek soos die tyd loop, hoe hou hulle my dop totdat een dit nie meer kan hou nie en my vra: “Ma, is jy nog okay so ver?”

Dan lag ek so bietjie, omdat hulle so fyn ingestel is op my  blou duiwel, en dan lag hulle ook en daardie Sondag kry ek dit tog reg om die blou duiwel te ontduik. Maar ek weet nou al, die blou duiwel loop Sondae in my skaduwee en hy wag vir 3 uur. Ek kan hom een keer mis, maar volgende week sit hy weer vierkantig op my skouer. Ek het al gewonder of ek nie Sondae kan “skip” nie?!

Advertisements

7 Responses

  1. Die blou duiwel het my ook Sondae beet – maar hy kom eers wanneer dit tyd raak om te begin ligte aanskakel.

    Ek het al vrede gemaak daarmee. Ek dink dis ‘n natuurlike manier om die balans te hou.

  2. Ongelooflik! En hier is ek en Krista dinkende dat dit net ons is wat “Sunday night Blues” kry. Ja by ons slaan hy eers toe as die son begin sak.

  3. Wat van jy klim 3 uur op ‘n Sondag in die bed en staan nie weer op tot dit verby is nie?

  4. Such are Sunday afternoons – they are the long, dark teatime of the soul. As far back as I could remember, I hated Sunday afternoons.

    It is a surreal time of the week – where time and space behaves differently. Space, all at once seems infinite, but it rushes in and tries to strangle you. Completely the opposite of the Infinite Perspective Vortex. Time, at the same time, drags and the clock seems to tick a wee bit faster. Except that on a Sunday afternoon, there are 120 seconds in every minute.

    Colours seems dull to me on Sunday afternoons. Food has no taste, and although I take it in small quantities, it always make me feel bloated.

    Sunday afternoons confines me to my own little universe. And I was never meant to be alone.

    Then again… that may be why they invented the Sunday afternoon nap.

  5. Soms is die Sondae hier in Korea ook baie lank…

    Vir my is die ergste van enige Sondag, daardie Sondagmiddag wat jy ‘n geliefde op die lughawe moet gaan afsien. Die gevoel wat volg is werklik aaklig.

  6. Ek is darem bly om te sien ek is nie alleen nie, nou sal ek Sondae weet daar is mede siele saam met my in verdrukking!

    Marat – ek het daai een al probeer, maar dan word ek hier teen 12 uur die nag wakker en dan is ek nie meer blou nie, maar wel mislik geslaap, en dit is amper erger. Nee jong, ek ry die duiwel maar uit.

    Nico – your words describe it so perfectly!

    Bib – naas Sondae, is afskeid neem van ‘n geliefde die ander duiwel vir my. Ek HAAT dit. Ek groet liewer by die huis, want om die trein of die vliegtuig te sien vertrek, is net so goed ek skeur ‘n stuk van my hart uit en gooi dit agterna!
    Weet jy wat doen ek as die geliefde/s vertrek het? Ek begin huis skoon maak, met ‘n verwoeste passie, amper soos “spring clean”. Ek put myself so uit dat ek nie dink nie, ek doen net.

  7. Hi daar

    Sjoe, dis vreeslik! Ek het gedink dis net ek en my een broer, maar dalk het dit iets met die Paarl te doen…want die meeste mense kry die Sondag blues, maar ons het dit ook al van nog voor ons behoorlik kon dink! Met my is dit al hier van 12 uur se koers af. Asof al wat depressie duiwel is my bloots ry tot by die afgrond van ‘n diep donker gat…

    Eergister (Sondag) het ek en die kids gebraai. Daar is toe soveel kole oor dat ek sommer ‘n potjie en ‘n pot pap ook opsit vir Maandag. Gelukkig is my huis rondom ‘n lekker groot braai-stoep affere gebou en ek het daar gesit met ‘n boek tot donkernag…gewoonlik klim ek sommer al 4uur in ‘n DIEP bad water en le daar en lees vir sommer 3 ure aanmekaar en dan reguit bed toe met daai boek – net om in ‘n ander wereld weg te raak.

    Maar nou skryf ek alweer ‘n laaang storie en eintlik wou ek jou net se. Ek was in ander dorp in die Kaap op H/S, maar in Laerskool W.A. Joubert langs onderwys-kollege. Ken jy die Dempers?Bouers in Paarl? Ou familie vriende. Al my family in Worcester, Somerset, Overberg-area, Kuilsrivier (ag, die hele plek vol, want ek het ‘n army family). Ek trek ook Desember met die getrouery (ons wil in Struisbaai bou, maar sal seker in Bredasdorp bly tot kids klaar is met skool). Sien nie eens ‘n privaatskool in Struisbaai nie. Ek se jou, dis vreeslik, as mens deel is van die Cape-clan pas jy verdomp nerens anders in nie, want almal is so anners as waaraan mens gewoond is. Hulle ken nie eens van ‘ougat’ nie – dink dis ‘n belediging…

    Nou het ek jou blog behoorlik kom ‘opgebruik’ en nou moet ek weer gaan werk, want o tog, ek wetie meer wa om te vat en wa om te lossie, nou los ek ma als en le op die blogs rond…

    Mooi dag verder

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: