Aborsie vs Veiligheidsgordel dra

Ek is nou so kwaad, jy kan sweis met my! Nee, ek is verby kwaad, ek loop laaang treë. As hierdie kort bene lang treë loop dan weet die wat my ken; die hel is nou los!

Vanmiddag, oppad huis toe, is ek nou die 77ste keer gestop omdat ek nie my veiligheidsgordel dra nie. Nou, hoor my mooi, ek soek nie preke nie. Ek DRA NIE ‘N VEILIGHEIDSGORDEL NIE, end van die prent!

Die bombastiese, onopgevoede, opgeblaasde kieste metropolisieman (wit man, as jy dalk wonder) druk my eers van die pad af in ‘n systraat in. Toe klim hy uit sy kar en pof hom eers behoorlik op en kom aange”swing” na my kar toe. Die gesprek loop toe so:

MP: “Jy het nie jou veiligheidsgordel aan nie, dametjie.” (Toe sien ek klaar rooi – ek haat verkleinwoordjies. En nou sit die duiwel in my kiertsregop.)

Ek: “Ja, ek weet, Meneer.”

MP: “Dis ‘n oortreding van die wet, dametjie.”

Ek: “Jou wet, Meneer. Nie myne nie.”

MP (nou bietjie meer opgeblaas): “Wat bedoel jy? Die wet is daar vir almal.” (Hy het darem die dametjie aan die einde van sy sinne verloor)

Ek: “Ek bedoel, Meneer, dat mens nie ‘n veiligheidsgordel hoef te dra as jy ‘n brief van jou dokter het om te sê jy is kloustrofobies nie. So dit beteken die wet is NIE op almal van toepassing nie” (Dis waar, hoor, ek het dit lankal uitgevind.)

MP: “Kan ek jou doktersbrief sien?”

Ek: “Ek het nie een nie, ek ly nie aan kloustrofobie nie.”

MP: “Dame, ek het nie tyd vir speletjies nie. Sit jou veiligheidsgordel aan. Dis ‘n bevel.”

Ek: “Ek is nie een van jou troepe nie. Jy beveel nie vir my nie. Gee my ‘n boete en kry verdomp klaar. Ek het nie tyd om hier te staan en redenasies met jou te voer nie.”

MP (Nou is hy goed de donner in): “Ek gee jou nou ‘n bevel, jy sit jou veiliogheidsgordel aan of ek arresteer jou vir verontagsaming van ‘n wettige bevel!”

Ek: “En ek sê nou vir jou, sit jou hand op my kar of op my en ek kla jou so vinnig aan van “harassment”, jou kop sal spin. Jy beter solank bel vir backup, terwyl ek my prokureur bel. Die vorige spietkop wat my probeer arresteer het oor ‘n veiligheidsgordel, het amper sy werk verloor.” (Dis ook waar, nie ‘n ydele dreigement nie.) “Gee my ‘n bleddie boete of ek ry.”

MP (Nou mooi rooi en bed0nnerd): “Ry, RY! En hoop ek kry jou nooit weer ry sonder jou safety belt nie (nou het hy sommer vergeet dis ‘n veiligheidsgordel), want dan SAL ek jou toesluit.”

HA – Jou moer, broer! (Ek het dit darem nie gesê nie, net gedink)

Ek stel NET my eie lewe in gevaar, as ek nou natuurlik al die statistiek moet glo. En bygesê, ek wat elke dag met statistiek van allerhande goed werk, weet presies hoe mense statistieke kan manipuleer. So, ek vat enige stats met ‘n vet sak sout, nevermind ‘n knippie.

Ek, as volwasse vrou, het in hierdie demokratiese land die reg om sover oor my eie liggaam te besluit dat ek ‘n aborsie mag hê as ek wil, maar ek het nie genoeg reg om te besluit of ek my eie liggaam wil vasgespe in ‘n kar nie? Come again!

Ek gee nie om as ander mense veiligheidsgordels dra nie. My kar het vyf van hulle en jy is meer as welkom om sommer al vyf om jou vas te maak as jy saam met my ry. Maar ek, nee, ek word nie vasgemaak nie.

Ek wens so een van die bliksems wil my nou regtig eendag ‘n boete gee, sodat ek dit nie betaal nie en kan hof toe gaan en dan moet hulle vir my sê hoe kom hulle by daardie een uit dat ek so in beheer is van my lyf, ek kan ‘n baba aborteer, maar ek is nie so in beheer van my lyf dat ek kan besluit of ek my kans sal vat, los of vas, in ‘n ongeluk nie.

Ek sal so wragtig gaan baklei tot in die konstitusionele hof, watch my!

Advertisements

12 Responses

  1. Ek stem 100% met jou saam oor jou reg om te kies. En terwyl die MP tyd gemors met jou geweldadige oortreding van die landswette, kon hy dalk sigbare polisiëring gedoen het waar dit saak maak. Wonder of hy homself net so oppof as hy ‘n groot boerseun van die pad afdwing. Of beoefen hy wetstoepassing net op “oënskynlik weerlose” vroue? Ek dra my gordel omdat ek “veiliger” voel. Maar dan was ek al teen ‘n windskerm vasgeplak.

  2. Ek het nou lekker gelag vir jou bravade. Net vir interessantheid – hoekom wil jy nie ‘n sitplekgordel dra nie?

  3. idiwidi – die eerlike waarheid: ek weet nie eintlik nie. Ek voel net ongemaklik as ek die ding aanhet. Miskien is dit ‘n mate van kloustrofobie. Miskien is dit net plein rebelsheid.

    Ek het nog nooit een gedra nie en toe, in 1996, ry ek een aand laat op die N2, teen 160km/h. Dit was my arm jare en my bande was nie watwonders nie. Toe bars ‘n agterband en ek rol my kar – 3 keer. En hy kom onder in die ‘ditch’ op sy dak te lande. Ek het met die rol agter in die kar beland en kon die agterste ruit uitslaan en uitkruip.

    Die kar het ook begin brand.

    Waar ek gesit het, die bestuurder se plek, was plat plat plat. Ek sou daar vasgesit het as ek my gordel aangehad het en heelwaarskynlik dood gewees het of doodgebrand het.

    Ek het weggestap met ‘n paar kneusplekke en n paar blou kolle. Die padvalke het my vertel hoe gelukkig ek was om so te lyk uit ‘n ongeluk waar ‘n kar so lyk.

    Ek het hierdie fatalistiese geloof, as dit jou tyd is, is dit jou tyd, met of sonder veiligheidsgordel. Dit was gelukkig nie my tyd nie.

  4. Ek sal graag die fight wil by woon, laat weet net. Ek voel ook so, maar dra dit maar as ek vinning ry of weet die koeltegoggas staan en wag. Ek het nie tyd om te stry nie . . . 😎

  5. Jy maak ‘n geldige punt oor veiligheidsgordels.

  6. Ek verstaan heeltemal jou punt oor gordels. Die toepassing van so ‘n wet is belaglik in ‘n land waar mense vooor die voet verkrag en moor sonder dat ‘n vinger op hulle gele word…

    MAAR, verlede jaar was ek in ‘n ernstige motor-ongeluk en my veiligheidgordel het my lewe gered. Van daardie dag af dink ek nie 2 keer om die gordel aan te sit nie. Nie om die “wet” te gehoorsaam nie, maar vir my eie lewe.

  7. Toe ek swanger was kon ek glad nie een dra nie en ek is erg oor die ding (het my naar gemaak). Soos die lot maar is, is ek ook gestop deur yours truly, maar ek het nie besef dis daarvoor nie. Meneer vra toe “het jy enige siekte waarvan jy weet” ens, maar hoe meer vrae hy vra, hoe kwater word ek (en as jy swanger is dink jy mos nie logies nie). Uiteinde van die saak is dat ek hom so sleg gese het, dat hy my R60 boete na R200 verhoog het. Plaas ek maar net gese het ek is swanger, maar nee, toe moet ek hom vra of hy nie kriminele het wat hy moet gaan vang nie!

  8. […] dra nog steeds nie my veiligheidsgordel in die kar nie – ek weier steeds en ek wag steeds vir ‘n boete sodat ek kan hof toe […]

  9. Ek glo ook jy het ‘n reg om nie ‘n gordel te dra nie. Ek glo ook die regering het die reg om te vra dat jy ‘n kontrak teken dat jy geen eise sal instel teen die padongelukfonds nie, en dat jy ‘n goeie mediese fonds het. Dan kos jy my of ander padgebruikers en belastingbetalers mos nie geld as jy in ‘n ligte ongelukkie jou neus breek of jou pankreas skaaf nie. Daar kan tot so plakkertjie wees “This driver is exempt from wearing a seat belt. In case of accident give other injured preference for ambulance and medical treatment”. Ek is seker jy jou so iets onderteken? Dit klink nou sarkasties maar ek is REGTIG nie. Jy het mos die reg om self te besluit?

    “Koeltegoggas” HA HA HA HA!

    • Ja Worsbeursie – sarkasties of nie, dalk moet ek net vir jou ‘n paar feite gee. ‘n Eis teen die huidige regering se padongelukfonds en die hond se gat is omtrent dieselfde. Ek sal jou en ander belastingbetalers en padgebruikers in elk geval nie ‘n sent kos as ek in ‘n ongeluk is nie. Ek betaal self belasting en medies en motorversekering en en en! En ek WAS REEDS in ‘n ongeluk, sonder veiligheidsgordel en het juis agv die feit dat ek NIE die ding gedra het nie, sonder ‘n skraap weggeloop. So ja, ek HET die reg om self te besluit. Amen 🙂

  10. Jammer Sonkind, jy het my nie oortuig nie, en ek glo steeds dat as ons twee in ‘n ongeluk betrokke moes wees, ek eerste in die ry moet wees vir die ambulans en noodhulp, en bloed oortapping, en die naaste hospitaal, want ek het meer gedoen om myself te beveilig.

    Onthou jou ‘navorsing’ is gebaseer op een voorval. Ek het met ‘n brandweerman gesels wat sommer bebliksemd raak as hy praat oor veiligheidsgordels en mense wat hulle nie dra nie. Is dit regtig jou opinie dat daar ‘n komplot of onderduimse motief is by motorvervaardigers en die hele gordel ding is sommer ‘n foefie en doen niks aan veiligheid nie?

    Dit is regtig net hierdie punt waar ek met jou verskil. Ek glo jy het die reg om te maak net wat jy wil met jou liggaam en eiendom. Ek voel nie eers vreeslik sterk oor die ding nie, en het so bietjie rondgelees op jou blog en geniet hom. Moet dit asseblief nie persoonlik opneem nie of my opinie teen my hou nie 😀

    O ja, ek is mal oor die feit dat jy die bliksemse spietkops opdraande gee. Ek probeer dieselfde doen. 😀

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: