If music was against the law…

I would have been born in jail!

Wat maak ek as ek nou regtig egtig so blou is, ek is eintlik donkerblou?

Ek gaan sit voor die CD-speler, met oorfone op en ek luister tot my ore begin pyn, tot dit voel of daar sulke klein mannetjies in my ore rond marsjeer.

Dit het ek gisteraand gedoen. En dan weet man en muis – los haar uit. Moet haar niks vra nie en moet haar niks sê nie – nie as jy jou lewe liefhet nie.

Wat luister ek?

Ek begin met Jan Blohm – ek luister sy blouste songs – en is sommiges van hulle vir jou BLOU! Daarna is dit Lize Beekman en Judy Boucher en Bob Dylan en Van Morrison en Neville Brothers en Eric Andersen (veral sy Blue River).

Teen daardie tyd sit ek nou al lekker en huil oor mense wat ek nie ken nie, wat ek nog nooit eers van gehoor het nie.

As die blou repertoire nou klaar is, dan maak ek ‘n ommekeer en ek loop haal vir Bon Jovi uit, en tussenin gooi ek sommer bietjie Yvonne Chaka Chaka en Mafikizola ook in. Nou is ek al amper daar waar ek wil-wil dans, want die ritme kielie my hier en kielie my daar! En die donkerblou is nou al amper ‘n ligteblou.

Dan kom Nino de Angelo, Elton John, Dr Hook, Steve, Bok,OMD en Theuns aan die beurt. Dan raak ek rustig en ek gaan haal vir Nikos en Tol & Tol uit.

En as die ligblou nou weer heeltemal wit is, dan haal ek die oorfone af en ek gooi Prince se Purple Rain kliphard oop, dat die ruite bewe en met daai sluit ek af en die duiwels is verjaag.

Ek moet nog vanaand weer al die CD’s op hulle plekke in die rakkies gaan bêre (Sug!)

Ten minste tot volgende blou maan!

Advertisements

4 Responses

  1. Ek weet waardeur jy is . . . simpatie met die huismense . . . 😎

  2. Nog iemand wat van Van Morrison se musiek hou. Cool!

    Ek deel jou siening. Musiek het die vermoë om mens se gemoedstemming te verander. Wie kan dan nog blou/bevoeterd voel as jy na “Ndihambe Nawe” luister? 😉

  3. Ahhh…Van Morrison-Brown eyed girl…my favourite en ek moet sê jy sluit jou aand af met n asemrowende snit-I mean Purple rain….come on…Ek haal asem op daai song.

    ♫ how am i suppose to live without music ♪♫

    Lekker dagie
    troedelkies
    xxxx

  4. […] 6 July 2007 Posted by George Maru in Musiek, Afrika. trackback Vroeër die week het Sonkind se post my herinner watse goeie musiek ons in Suid-Afrika het. Is daar ‘n beter manier om die naweek […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: