28 Junie 2032? 25 Jaar vir Dina!

Toe is dit nou so – Dina Rodrigues kry lewenslank (25 jaar voor sy in aanmerking sal kom vir parool) vir die moord op Baba Jordan.

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2137864,00.html

Ek kan nie help om vir jou jammer te voel nie Dina. Dit was ‘n veragtelike daad wat jy gepleeg het en nou betaal jy net kort van die hoogste prys. Jy sal 51 jaar oud wees as jy eendag uit daardie tronk uit stap.

Mag jy iewers langs die pad in jouself vrede vind oor wat jy gedoen het. En wat jy aan jou ouers en familie gedoen het.

Nou kan die Nortons aangaan met hulle lewe, sover dit moontlik is om na so iets weer normaal aan te gaan met jou lewe.

Advertisements

3 Responses

  1. As straf maar enigsins as afskrikking gedien het, het ons nie nou in hierdie situasie in ons land gesit nie. Ek voel: ‘n oog virri oog. As jy moor, moet jy met jou lewe boet. 😐

  2. Sonkind, hallo
    Eerste keer wat ek hier by jou kuier, en dit was heel aangenaam. Ek moet jou sê, die wêreld sal te klein wees vir die persoon wat iets aan my blomkind doen. Daar sal nie die geleentheid wees vir hulle om hom/haar tronk toe te stuur nie.

    Maar ander sakie, jy MAG maar trots wees op jou kind se sangtalent. Ons Beloftes is amazing!!! Ek het al vergeet hoe mooi die woorde is en sy het my laat huil soos ‘n babatjie.

  3. Dankie Cisca, vir die mooi woorde oor Megan se singery! En dankie vir jou inloer hier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: