Gene en Oorerflikheid

Hoe werk gene en oorerflikheid nou eintlik? Ek vra vir die volgende redes.

Ek het ‘n dogter en my suster het ‘n dogter. Maar my suster se dogter aard na my en my dogter aard na my suster.

As jy saam met Lisa (my suster) iewers heen wil gaan, moet jy haar twee dae voor die tyd kennis gee, sodat sy genoeg tyd kan hê om klaar te faff. As jy 8 uur iewers wil wees, beter jy vir haar sê julle moet 7 uur al daar wees, dan sal jy met baie geluk 10 oor 8 daar aankom. Megan (my dogter) is dieselfde en dit irriteer die “living daylights” uit my uit.

Ek is die oudste en moes dus altyd noodgedwonge vir kleinsus orals saamsleep. Dis mos een van daai vrek onregverdige goed wat oudste kinders oorkom. Jy mag nêrens heen gaan nie, maar op dieselfde ouderdom toe jy nêrens heen kon gaan nie, mag kleinsus orals heen gaan, natuurlik saam met jou, of jy nou lus is vir haar of nie. Maak nie ‘n fout nie, ek is vandag baie lief vir my suster en “we get along like a house on fire”, maar ek het nie baie van haar gehou toe sy klein was nie.

Elk geval, so elke keer as ek vir Lisa moes saamsleep, dan moes ek eers WAG vir Lisa, want sy moes eers 77 uur faff voor sy reg was om enige plek heen te gaan. Teen daardie tyd het ek al wraakgedagtes uitgedink wat “sibling rivalry” na ‘n Sondagskool piekniek laat lyk.

Nou, iemand daar Bo moes besluit het ek moet ‘n lelike streep getrek word, want toe is my meisiekind presies dieselfde. Gelukkig is ek nie eendag haar man nie, want hy sal moet BAIE geduld hê. Waar faff opgehou het, het Lisa en Megan begin. En noudat ek daaraan dink, my ma ook. Daar is al vir my ma gesê sy sal nog eendag laat opdaag vir haar eie begrafnis ook.  

Met faff bedoel ek natuurlik nou nie net mooi maak en mooi aantrek nie. Ek doen ook dit voor ek iewers heen gaan. Die verskil is net, ek doen dit en ek kry klaar. En ek is BETYDS (ek HAAT laat!). Hulle doen dit en kry NIE klaar nie. En ek weet wragtig nie WAT hulle doen nie, ek kon dit nog nooit uitgefigure kry nie.

En in daardie opsig aard Tamsyn (my suster se dogter) weer na my. Ek sal nou sê, “Tamsyn, kom ons gaan winkel toe”, en binne 10 minute is ek en sy oppad. Was dit nou Lisa of Megan, sou ons heel waarskynlik more oggend by die winkel uitgekom het, as ons gelukkig was.

Dus lyk dit my gene en oorerflikheid werk sommer so oorkruis, want ek aard ook meer na my ma se suster as na my ma self. My ma is hopeloos as dit by goed kom soos ‘n plug aan ‘n elektriese toestel sit, of ‘n TV instel. Dit het my ‘n leeftyd geneem om haar te leer om haar voicemail op haar selfoon te retrieve, om nie eers van sms’e skryf te praat nie. Toe ek die eerste keer ‘n sms van haar kry, het ek haar dadelik gebel om seker te maak dit is werklik sy.

Haar suster is baie ouer as sy, maar sy is clued up met al wat ‘n tegnologiese wonder is. Vir daai tannie sal jy niks kom leer nie!

So, nou wonder ek maar net hoe hierdie ding van gene en oorerflikheid nou werklik eintlik werk. Kan iemand my dalk sê?

Advertisements

4 Responses

  1. Hallo jou sonnige Sonkind!

    Ding het hierdie gesels van jou nou terdee geniet. Ding sal dit nog weer kom lees. Net die van die hart af kry: ons is ook so tydgebom. Daar is die klompies wat streng volgens die horlosie lewe en dan is daar die anner klompies wat hulle eie tyd het. Die ergste van almal is Broere se dogtertjie – die enetjie wat so pontig reguit vir Moedertjie gese het nee, nee, Oumie! Oumie leer my verkeerd. Spoed maak dood! Daai kind, klein soos sy is, keer hulle hele huishouding om op gereelde basis, want stokke en swaarde kry haar nie om vinnig te wees met enigiets nie. Broere en Mev. Junior is gebore met vuur innie dinges. Altyd haastig en altyd iewers oppad heen.

    Ding het al geleer: stadige mense sal jy nie vinnig maak nie. Nie in hierie lewe in nie. (.) So, ding het ‘n anner vriendin daar in die stad. Nou, toe ding nog daar vertoef het, moes ding gereeld op ‘n naweek haar vergesel mall toe. Dan spreek ons af vir 08:00. Kom ding by haar plek aan, dan kom 08:00 en dan gaat dit. Dan kom 09:00, dan drink ons nog koffie… Ding het eers skoon skuinsbenoddert geraak. Toe op ‘n dag besef: daai gaan nie werk nie. So, ding sou opdaag, rustig wag, nie ‘n woord se nie. As sy teen 10:00 begin haastig raak van ons moet nog winkels toe, dan sit ding nou EERS gemaklik, sien jy. En doodrustig sou ding dan se, onthou nou – sy’s nou opgedress vir die shopping – neewat, daai sal nie nou meer vandag nog werk nie. Kom ons probeer maar more weer. En dis dit. (.)
    Sy’t geleer om dit partykeer reg te kry. 08:00 is 08:00, nie 10:00 nie.
    Ding self is ook maar stadig, moet ding bieg.
    Ding sal weer kom storie oor gene en oorerflikheid. Kop nou eers haastig werk se kant toe.
    Sonkind, ag dankie, Nonna, vir wat jy gese het oor die stoep. Ding waardeer dit seer baie. Het jy die stoepstorie gesien oor Moedertjie se onskuld?
    sommerstoutoorjou
    d

  2. ek sou graag wil vertel hoe dit werk, maar ek weet ook nie. ons was met 9 kinders by die huis. 7 meisiekinders wat almal moet opmaak, aantrek en faff tot ‘n ware kuns ophef. dit het maar somtyds rof gegaan om almal bytyds by die skool te kry. weet net dit het altyd gewerk en op een of ander manier het hulle altyd klaar gekry. een van hulle het ons daaraan herinner dat ‘n chinese spreekwoord sê: “vir die haas en vir die skilpad is Nuwejaar op dieselfde dag”.
    Groete uit NL

  3. Ekke is ook soos jy. Gou en klaar. Jaco ook. Moeder aan die ander kant . . . sjoe, sy faff nie, maar vat baaaaiiiiieeeee lank om klaar te maak . . . 😀

  4. Ek het ook glad nie baie van my sussie gehou nie, maar nou dink ek sy’s fabulous.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: