Sommer net bietjie “brag”

Ek wil nie vanaand skryf nie, ek wil sommer net bietjie “brag” met my meisiekind. Ons het ‘n demo CD gemaak. Al is dit nou maar deur amateurs, klink dit nie te sleg nie.

Sy het net viervoet vasgeskop en gesê: “Ma, ek sing NIKS wat ‘rokkie of bokkie of sokkie’ in het nie!” En sy steek vas oor Idols ook, dink nie sy is goed genoeg nie. So, nou sal ek maar die demo hou en eendag vir my kleinkinders speel.

Maar ek wil bietjie “brag”, want ek dink nogal sy kan sing. Gaan luister as julle wil en oordeel maar self. ‘n Ma se oordeel is mos nooit onpartydig nie. En; “have no mercy, take no prisoners!”

http://media.putfile.com/Wherever-we-will-go–Megan

http://media.putfile.com/Ons-Belofte-Megan

http://media.putfile.com/Simply-the-best-Megan

Advertisements

5 Responses

  1. Nou net geluister. Jy mag maar trots wees.

  2. Ek stem saam met bib, jy mag maar trots wees en sy MAG maar sing! Ek sal my linkerpinkie (wou iets anders gesê het) gee om so ‘n stem te hê. Sy mag dalk deur die vingers glip by Idols, hulle luister na 1000’e ander hoopvolles elke dag – ek dink hulle raak gou gatvol en sien nie die werklike talente raak nie.

  3. Dag-dag!
    Niggie, vandag moet die goete op ‘n drafstaf op hierie plaas gebeur! Ding is klaar ‘n uur agter skedule…

    Wou net gou vir jou kom vertel:
    Ding se verskoning – nie vandag kans om te luister hoe jy klink nie, maar ding sal nog.

    Van sal nog gepraat – is een van ding se name waarop ding flink reageer – Moedertjie het ook eendag weer “onnerinniekoffiekan” geskep en toe vir ding die naam van “Salnog” gegee…
    maar dis anderdag se storie – sien, dis hoekom ding met niks klaarkry nie – vat altyd afdraaipaadjies…

    Wou jou kom vertel:
    Nog nie geluister nie; sal nog.
    Ding se dinge maar eers toegemaak – ding hoop die hekkie is toe – daar is net te veel swikkies en draaitjies wat ding se domkop helemal omklits. Dan dink ding ‘n ding werk nou sooo; en dan doen dit nie! Nee, hoor – hierdie blikbreine maak vir ding op en oud.
    Ding se verskoning dat dit toe nou nie uitgewerk het soos dit moes nie. Maar een ding waarby ding vasstaan – sodra die stoep weer oop is, laat ding jou eerste weet. Dan wil ding jou sommer nou vra, seblief, man, terwyl ding mos maar onbeholpe en elke ding is, sal jy “gasvrou” speel in die sin dat jy dan vir die ander sal loop vertel daar’s ‘n stoep waar hulle kan sit, asb?
    Dink maar daaroor – ding sal jou in elk geval laat weet sodra die nommers regloop – op die oomblik is dit egter ‘n totale afworsie.

    Ek pes dit om so stupid te wees – baie, baie, baie naby gekom aan hierdie ver*&$^#)@te rekenaar stukkend ^#(@)&* teen die stoepvloer! ‘n Hele nag en ‘n half en ‘n hele dag van ‘n kosbare naweek gemors om te besef dat ding dom is.

    Lekker dag – ding eers hardloop! Teen einde van week vat ding pad KZN toe – MOET net nou by die see uitkom! Nog so baie om te doen voor dan!
    d

  4. n Ma weet wat n Ma weet!
    Jy het rede om trots te wees – mag sy so voort gaan en jou net nog trotser maak!
    R

  5. Het nou-net eers geluister…. sy mag maar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: