Die “stud” deur my wenkbrou is NIE deur my brein nie!

Op 18 / 19 Oktober 2001 het die maatskappy vir wie ek werk, na ‘n nuwe kantoorperseel getrek. Teen 12 uur die middag van die 19de, dit was ‘n Vrydag, het my baas ons almal huis toe gestuur, omdat ons so hard gewerk het aan die trekkery.

Ons was vrek moeg, maar besluit toe ons gaan elkeen iets “weirds” doen met ons af middag. Sommer om ons mooi, nuwe kantore te vier. Nou, ek werk saam met ‘n klomp IT mense en hulle is van nature “weird”, so ons besluit toe elkeen van ons moet iets lyfliks gaan doen, soos ‘n tattoo kry, ‘n naeltjie piercing of so iets! My baas, (sy is ‘n baie cool, sexy dame) het vir haar ‘n naeltjie ring laat inskiet, soos meeste van die ander girls. Twee of drie het gegaan vir die tattoo ding.

Dit was dieselfde tyd as Big Brother 1 op TV en ek het nou nog ‘n ou sagte plekkie vir Ferdinand Rabie. So, wat doen ek toe? Ek gaan vir ‘n “stud” deur my linker wenkbrou!

Dis nou ses jaar later en die stud is nog steeds op sy plek, maar dis die reaksie daarop wat my nou eens en vir altyd finaal afgepis het.

Dis basiese die enigste stukkie juweliersware wat ek dra, behalwe EEN oorring in elke oor, en dit dra ek nie eers elke dag nie, en my trouring. So, ek is nie vol gate gesteek en heeltemal behang nie. Ek het dit al oorweeg om die ou dingetjie uit my wenkbrou te haal, maar dan wen die Moedswillige duiwel hier op my skouer weer loshande.

Hier is van die scenarios wat ek al moes verduur. En laat ek net by alles sê, ek lyk nie te sleg vir my ouderdom nie, is definitief nie vol rimpels en plooie nie en ook nie skreeulelik, dat dit dalk die rede vir mense se gestaar is nie.

Na ek byna ‘n jaar lank die stud gedra het, kom een van ons grootbase (ons hoofkantoor is in Johannesburg) eendag na die Kaapse kantoor. Agterna moes ek hoor hy het my baas gevra: “That girl with the thing in her eye, is she any good?” For crying out loud! DIT, nadat ek net ‘n paar weke tevore per e-pos gelukgewens is met die manier waarop ek een van ons grootste kontrakte se deadlines ge”meet” het. Wat het hy gedink – die “stud” is deur my brein?!

As ek 5 sent gehad het vir elke keer wat ek gevra is: “Was dit nie seer nie?”, HOEF ek vandag nie meer te werk nie. Ek sou genoeg geld gehad het om op ‘n eiland te sit en myself te vermaak. NATUURLIK was dit bleddie seer, maar nie naastenby so seer soos kraam nie, en ek het DIT oorleef. En omtrent net so seer soos gaatjies in jou ore, en ek het dit OOK oorleef, saam met miljoene ander mense!

Male sonder tal het ek al gedink my hemp se knope is oop of iets hang iewers uit, soos wat mense hulself soms vergaap. Sien, ek vergeet van die knoppie daar op my wenkbrou wat mense so laat staar. Is dit so verdomp snaaks om ‘n stud in jou wenkbrou te hê?

Eendag sit ons in ‘n bekende koffieplek in die mall in Mosselbaai. Ons sit buite, want dit was ‘n lekker sonskyndag. Net ‘n paar treë van ons af, maar aan die binnekant, sit ‘n man en vrou. Mens kan mos voel as iemand vir jou kyk. Toe ek opkyk, sien ek sy beduie vir haar man ek het ‘n stud in my oog. Sy het actually wragtig met haar vinger na haar oog gewys en toe na my gewys. Het sy gedink die stud maak my blind? Hy moes omdraai in sy stoel om te kon sien en het ook geen geheim daarvan gemaak om te staar nie. Het hy gedink ek is breindood en kan nie sien hy kyk nie of maak die stud my so ‘n frats dat hy die REG het om te staar?

En so kan ek aangaan. My liewe man sê altyd ek moet my g*t afvee daaraan. “Hulle kyk vir jou outstanding beauty”, troos hy my altyd. Dis hoekom ek so lief is vir hom! (Beauty lies in the eye of the beholder!)

Ek is eintlik baie vredeliewend en ek gedra my ALTYD in die openbaar. Ek kon nog nooit verstaan hoe mense scenes kan maak in die openbaar nie, ek is te privaat daarvoor. Maar so waar as padda manel dra, as EEN mens my nog weer gaan skeef aankyk of snaakse aanmerkings maak oor die stud gaan ek reguit na hulle toe loop en die volgende sê:

“Ek sien die knoppie in my wenkbrou interesseer u verskriklik. Ek wil u vandag ‘n GROOT geheim vertel. Ek is van ‘n ander planeet af en ons het kom kyk hoe lewe julle aardlinge. Die knoppie in die wenkbrou is sodat ons mekaar kan uitken, want ons moes onsself konformeer om soos julle te lyk. As u goed oplet in winkelkomplekse, sal u nog heelwat van ons raaksien, maar moet tog nie te ooglopend staar nie, want van my mede “Aliens” is nie so gaaf soos ek nie, hulle sal u sommer laat verdwyn as hulle sien u kyk te veel vir hulle.”

Dan gaan ek omdraai en wegloop, sonder om vir ‘n antwoord te wag!

Advertisements

7 Responses

  1. Ek het baie simpatie. Ek word dag en nag aangestaar hier in Taiwan. Ek het wel ‘n piepklein silwer neusknoppie, maar selfs daarsonder sou ek aangegaap word, bloot omdat ek anders lyk. Party mense het definitief nie takt en selfbeheersing saam met hulle moedersmelk ingekry nie.

  2. Ok, nou wil ek sien hoe lyk jou knoppie en nou moet jy ‘n groot foto opsit. Ek is baie konserwatief en die “ergste” wat ek doen is om ‘n toonring te dra. Snaaks hoe mense NOG steeds daarna kyk?? Ek dra dit egter met ‘n lekkerkry.

    Ek het seker jou knoppie by M&B gesien, maar nie opgelet nie. Ek het twee jong neefs wat ringetjies in die wenkbroue drae en dit pla lankal nie meer nie, want daardie bietjie blink het niks aan hulle goue harte verander nie.

    Geniet jou naweek! Ek geniet jou blog 🙂

  3. Ja,nê! Dis snaaks waaroor mense issues het, maar aan mense wat ander vermoor of honde ket kettingsae sny, daaraan steur hulle hulle nie. 😦

  4. hey sonkind,
    mooi verhaal. mense kan somtyds so snaaks reageer. europa is bietjie anders. hier is baie wat tattoes het en dit graag wys. ek dink nie alle tattoes en piercings is altyd mooi nie. dink dan aan ‘n spreekwoord: al drae ‘n ape ‘n goue ring, dit bly tog maar ‘n lelike ou ding.
    so, stuur vir ons ‘n pic mee, dan kan ons kyk of ons met Basil gaan saamstem. groete. die eksame skrywery gister het goed gegaan. sien jou weer op my blog.

  5. Interessante storie, maar hoekom sit jy nie ´n foto by nie, dan sal ons oordeel hoe dit lyk… 🙂

    Sommige mense leef regtig nog in 100 jaar gelede… Alhoewel, 100 jaar gelede was daar ook al mense met piercings!

  6. Ek ken jou gevoel-Ek het n tongue stud,die enigste piercing op my liggaam,nie eers oor gaatjies nie….een vrou het my op n keer by n job interview uit gevra oor die ding.En ek glo dis seker oor die dat ek nie die job gekry het nie,ek steur my nie meer daaraan nie…..Hulle is net jaloers!!!!!

    hoop jy het n mooi dag.
    troedelkies
    xxxx

  7. […] dra nog steeds ‘n stud deur my wenkbrou – nie meer by my werk nie, maar elke naweek of vakansie tyd. Oktober 2011 sal dit TIEN jaar wees. […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: