Jou Naam op jou Nommerplaat?

Ek wonder altyd oor mense wat hul naam, bynaam, troetelnaam op hul nommerplaat laat aanbring (vandat ons ook nou, soos Amerika, “personalised” nommerplate mag hê). Miskien inhibeer die ingehamerde “net gekke en dwase skryf hul name op deure en glase” my, want ek kon nog nooit dink dat ek gemaklik sal voel met my naam of bynaam op my nommerplaat nie. Op skool was my bynaam Nukke, so dink nou hoe sal dit op ‘n nommerplaat lyk? NUKKE 007 WP???

Soggens as ek werk toe ry en soms in die verkeer vassit, dan kyk ek hierdie nommerplate so – en hier is nogal heelwat in die Kaap! En dan wonder ek oor die mens agter die nommerplaat.

Vanoggend het ek agter LOLLA gery. Nou, LOLLA laat my aan iets sags en “cuddly” dink, maar toe ek afdraai, sien ek die bestuurder van die motor en sy lyk eerder soos “super bitch” as soos ‘n Lolla, maar nou, ek moet seker ook onthou “looks can be deceiving”!

En dan is daar KOOS 1 – ek sien hom nogal gereeld. En ek wonder, waar is net KOOS? Waar is KOOS 2? Beteken die 1 agter KOOS hy is nommer een, of was net KOOS reeds gevat? En so aan.

As jy kon, as jy dalk het, wat sou jy op jou “personalised” nommerplaat sit?

Advertisements

13 Responses

  1. Sê nou maar jy bestuur eendag verskriklik sleg en daar’s een of ander wraakgierige ou wat jou nommerplaat sien en jou dan van die pad af ry die volgende keer as hy jou sien? Dalk bietjie paranoïes, maar dis waaraan ek altyd dink.
    Ek dink ek sal maar in elk geval eerder annoniem op die pad wil wees.

    Die beste nommerplaat waarvan ek al gehoor het – “MENEER – GP” op ‘n BMW waarvan die bestuurder ‘n swart man is.

  2. Hi

    Hier is ook nogal baie hier in KZN en ek kan my nogal verlag aan van hulle. Ek kan nie help om te wonder waar dit vandaan kom nie. Waar kom hulle aan die goed.

    Ek wou al lankal slegte bestuurders of parkeerders se nommer plate om my site sit. Dit sal dit nogal maklik maak as dit privaat nommers is ne.

    lekker dag en dankie vie die lekker lag.
    xx

  3. Dankie, ek bly in hierdie geval liewer net ‘n nommer en bly so onder die radar. Ek is in elk geval nie baie oorspronklik met sulke goed nie. Het op ‘n dag my kar se naam laat opsit met aftrekplastiek – net vir die fun. En toe beland ons in ‘n ongeluk en die naam wat op die agterste ruit was lê in die straat. Nog nie weer ‘n kar met ‘n naam gehad nie. Skarumba is dood, lank lewe Skarumba!

  4. diewitdraak, natuurlik. ek dink nie iemand sal sommer voor my inry nie.

  5. Hehehe. Grotman, hoe kan dit dan anders!

  6. Ek wil nie so nommerplaat hê nie, maar hemel, het julle al gesien hoe lyk Bloemfontein van die personalized number plates ?

  7. .. ek is seker in die volgende lonely planet van RSA, swaziland en lesotho gaan Bloem feature as ‘n nommerplaat-toeriste-attraksie.

  8. As ek moes, sou ek myne laat druk het: F*K*F GP – maar dan moet die nommerplaat op die nuwe H3 of F250 wees . . .

  9. Nee wat dit laat my gril.

    Nelba

  10. Slaan my asseblief met ‘n bofbalkolf dood die dag wat ek ‘n “personalized” nommerplaat op my motor plak!

  11. gelukkig ken ons nie die personalised plate hier nie. ons het ander dinge om ons persoonlike boodskap aan die motorwêreld te stuur. plakkers wat die ander weggebruikers vertel wat ons dink oor allerhande onderwerpe.
    daar is ‘n blogentree op my blog oor die stickers. ek los maar liewer my kar unpersonalised, sonder stickers.

  12. […] swart Mini Cooper Posted on February 6, 2008 by sonkind In Junie verlede jaar skryf ek oor mense met hul naam op hul nommerplaat, en wat ek daarvan dink as mense hulleself so adverteer, verewig, of wat ookal. Kortliks, ek dink […]

  13. […] sal miskien/dalk wel eendag my naam op my nommerplaat sit – wel, nou nie MY naam nie, maar ‘n naam – iets […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: