Morele waardes – Met of Sonder God?

Kan mens morele waardes hê, al glo jy nie in God nie?

Ons het ‘n vriend, ‘n baie goeie vriend, (noem hom A). Hy is ‘n selferkende ateïs. Hy was nie altyd een nie, maar vir verskeie redes het hy ophou glo dat daar ‘n God is. My man het al opgegee om met sy vriend te redeneer, maar ek glo steeds dat ek A wel nog eendag weer van die teendeel sal oorreed.

So elke nou en dan het ons ‘n kokende debat hieroor en dan gooi ek en A mekaar met die boek – hy met die wetenskap boek en ek met die Bybel. Somtyds wil ons mekaar byna letterlik gooi, met wat ook al byderhand is. Maar ten spyte hiervan bly ons vriende, want hy is een van die mees “genuine” mense wat ek al ooit geken het.

Hy is pynlik eerlik en hy is groothartig en goedhartig tot op die punt waar hy homself somtyds te kort sal doen. Hy oortree nooit die wet nie, nie eers die spoed beperking nie. Hy probeer altyd die ander ou se kant insien, al kan hy ook goed hardkoppig wees as hy eers standpunt ingeneem het, soos met die geloof issue.

Kortliks, as hy geglo het, is hy een van daardie mense wat eendag reguit hemel toe sou gaan.

Nou, A se werk is van so ‘n aard dat hy een keer per jaar sekerheidsklaring moet kry. Dus gaan hy deur allerhande onderhoude en “check-ups” om te sien of hy skoon is, of wat mens dit ook al sal noem. Hierdie jaar is sy sekerheidsklaring opgeskuif van ‘Geheim’ tot ‘Hoogs Geheim’, so die keuring is dus heelwat strenger.

Sy onderhoud was toe Vrydag, en toe hy gevra word oor sy geloof, het hy, so eerlik soos wat hy is, geantwoord dat hy ‘n ateïs is. Die dame wat die onderhoud met hom gevoer het (sy is ‘n Indiër dame, al het dit seker niks met die saak te doen het nie), was hoogs ontsteld hieroor en het hom laat verstaan dat hy in daardie geval GEEN morele waardes het nie en dat dit vir hom niks goed beteken rakende sy sekerheidsklaring nie.

Sonder sy sekerheidsklaring is hy sy werk kwyt.

Hy het sy werk se beleid oor diskriminasie gaan naslaan en daar staan duidelik dat daar nie teen enigiemand mag gediskrimineer word as gevolg van geloof nie, maar sy het blykbaar vir hom gesê hy HET nie ‘n geloof nie.

Nou vra ek myself af, het net gelowiges morele waardes? Wat IS morele waardes eintlik? Ek het dit gaan naslaan.

“What are moral values?

Moral values are the standards of good and evil, which govern an individual’s behavior and choices. Individual’s morals may derive from society and government, religion, or self. When moral values derive from society and government they, of necessity, may change as the laws and morals of the society change. An example of the impact of changing laws on moral values may be seen in the case of marriage vs. “living together.”

In past generations, it was rare to see couples who lived together without the benefit of a legal matrimonial ceremony. In recent years, couples that set up household without marriage are nearly as plentiful as traditional married couples. But, not only are such couples more plentiful, they are also more accepted by other individuals in our society. In earlier society, the laws and morals simply came from the Roman system of law, which was largely based on the Ten Commandments. As society moved into the modern era, that earlier system of laws became more and more eroded.” 

 

Vir iemand wat sulke sensitiewe sake moet hanteer, is sy vir my erg oningelig. So ek dink, as hy haar gaan aankla van diskriminasie, gaan sy haar gat sien. En ek hoop hy doen dit, as sy sy sekerheidsklaring opneuk.

 

Sulke dinge maak my net die bliksem in. Ek dink hy het meer morele waardes in sy pinkie as baie ander mense wat ek ken wat elke Sondag in die kerke sit en verkondig hoe gelowig hulle is, maar as jy na hul lewens kyk, sou jy dit nooit kon raai nie. Heel waarskynlik ook meer morele waardes as die dametjie wat hom nou wil oordeel.

 

Advertisements

11 Responses

  1. Ek dink dat die hele stryd om goed en kwaad, die wortel is waarin alle gelowe gecentre is.

  2. ‘n Mens hoef nie in enige god te glo om moreel te kan lewe nie. Sommige Oosterse gelooftradisies erken nie die bestaan van ‘n god nie, tog is daar baie mense in die Ooste wat moreel lewe.

    As ‘n mens in ‘n god moet glo om moreel te lewe, beteken dit ook dat baie van die wêreld se top wetenskaplikes – wat elke dag werk aan oplossings om ons lewens te verbeter – immoreel is. Dit is doodgewoon nie waar nie.

  3. Ek eggo. Moraliteit is nie afhanklik van ‘n god nie. Lees gerus ‘n bietjie Plato (voor Christus, natuurlik).

  4. Wat meer kan ek sê. George som dit perfek op.

  5. ek geniet díe blog. lekker gesels in Afrikaans wat vir my ‘n baie mooi taal is. ek woon in Nederland. hier voer ons soortgelijke diskussies oor norme en waardes. ek vind dit is baie afhankelijk van mens se kultuur. hier is baie wat humanitair is. ek dink christene doen goed daaraan naar mense te luister pleks van altyd te wil onderwys asof hulle die wysheid besit.

  6. as julle lus het, kom besoek my blog op http://storyteller.blogse.nl.

  7. nog net een ander vraag. kan iemand my help om die ander woord vir ‘verkleurmannetjie’ goed te skryf?

  8. ‘n Verkleurmannetjie is ook ‘n trapsuutjies, trapsoetjies of kameleon in Afrikaans.

  9. Hang af watter soort Christen jy is. Die NG kerk as voorbeeld was nog altyd ‘n politieke dier en gaan saam met die stroom. i.e. apartheid, gay aanvaarding, vroue-dominees etc. Nog ‘n voorbeeld is die Amerikaners wat die kinders emosioneel opsweep dat hulle huil en “Jesus” uitskree en dan bring hulle ‘n groot cardboard beeld van GW Bush na vore. Hierdie mense word misbruik in die naam van geloof. Hulle het dan ‘n “christelike moraliteit” wat voorgeskryf word aan hulle deur mense met agendas. Dit klink vir my gevaarliker as ‘n ateis se moraliteit.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Criticism_of_religion#Moral_deficiency

  10. Morele waardes is nie gekoppel aan jou geloof of die tekort aan ‘n geloof nie. Dit is ‘n produk van jou opvoeding, agtergrond, omgewingsfaktore en genetiese inslag. Dit is egter so dat die meeste gelowe ‘n sekere moraliteitsvlak voorskryf of voorstaan. Indien jy egter Jesus in jou hart het (let wel, dat ek nie wanneer jy ‘n Christen is nie)oorheers dit al jou aangeleerde en ingebore geneigdheid tot sekere morele waardes so, dat jy nie anders kan as om Sy morele waardes na te aap nie.

  11. Baie nie Christenne, soos baie Christenne het morele waardes en anders om. Die punt is werklik in Psm. 49. In Christus het ek ‘n kans op die ewige lewe en sonder God se plan is ek bestem vir die doderyk.
    Kowie, jy het jou saak goed gestel en ek is eens met jou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: