Sutherland, Saturnus, Jupiter en die Maan

salt.jpgingang-na-sterrewag.jpgsonsopkoms-de-doorns.jpgDit was een van die mees leersame naweke wat ek nog ooit gehad het. Ek het nooit voorheen regtig in die sterre en planete belanggestel nie, en is eintlik Sutherland toe ter wille van Basil (my man) wat nou al so lankal mooi vra ons moet gaan sterre kyk. Omdat ek nie sterk op koue is nie, het ek altyd weggeskram van die ekspedisie, maar moes darem een of ander tyd ingee. Ek het toe my warmste klere uitgegrawe en Saterdag oggend 6 uur is ons weg uit die Kaap. Ek sit foto’s hierby, want dit vertel meer as woorde.

Ons dagtoer het 11h30 begin en vir meer as 2 ure aangehou. Ons het ‘n les in astronomie gekry en ek is nogal in my skik met myself, aangesien ek die enigste een was wat geweet het dat die naaste ster aan die aarde eintlik die son is. Net ‘n stukkie nuttelose inligting (vir ons): – die son het nog net genoeg energie oor om vir 5 biljoen jaar te brand, dan gaan hy uitgebrand wees!

Die tweede naaste ster is Alpha Centauri, en dit is eintlik 2 sterre. Toe ons met die aand toer deur die gewone teleskope (daar is 2, ‘n 14 duim en ‘n 16 duim) na die sterre en planete gaan kyk het, het Alpha Centauri soos ‘n motor wat aankom se twee hoofligte gelyk.

In die dag kon ons ingaan in SALT, wat staan vir Southern African Large Telescope. Dis die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond, maar ook eintlik in die wêreld. Dit is ‘n presiese copy van die een in Texas, so saam is die twee die grootste in die wêreld. Suid-Afrika besit 33% van SALT en die res is verdeeld tussen 5 ander lande, o.a. Brittanje, Duitsland, Amerika, Poland en Nieu-Seeland.

Die van julle wat meer wil weet, kan hier gaan lees oor SALT:

http://www.salt.ac.za/

Ons het die aand vir Saturnus gesien, duidelik met sy ringe om, asook Jupiter en 5 van sy mane. Heel laaste het ons na die Maan self gekyk. Dit was fantasties, ons kon tot die kraters op die Maan sien. Die toergids het gesê mens kyk altyd heel laaste na die Maan, want omdat die Maan so helder is, kan jy daarna nie meer die ander sterre en planete so goed sien nie.

Sy het ook vir ons ‘n sterrestelsel met nuwe sterre gewys en een waar die sterre oud is en reeds besig is om dood te gaan. Ek sal nooit weer met dieselfde oë na die hemelruim kyk nie.

En al het ek byna gevrek van die koue (ons het gisteraand vir ‘n uur en ‘n half buite in die koue gestaan om alles deur die teleskope te kon kyk en dit was YSIG!) was dit meer as 100% die moeite werd.

Advertisements

3 Responses

  1. Ek like jou blog en postings….you go girl!

    hoop jy het n stunning dag.

    Troedelkies
    xxxxx

  2. As dit nie was dat daai plek so koud was nie het ons daar kom bly!

    Daar is nou maar net daardie iets aan die sterrehemel wat mens half klein en onbenullig laat voel

  3. Ek is jaloers. Ek wil definitief binnekort ‘n plan maak om ook daar uit te kom. Maar sal ook eers moet moed bymekaarskraap vir die koue.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: