Verkleurmannetjie Blog en die “Blues”

Vandag klink die opskrif vir my soos ‘n ou Afrikaanse fliek. Iets soos “Die Professor en die Prikkelpop”.

Soos julle kan sien, het die blog se ‘look’ verander. Miskien verander ek dit weer, hang af hoe gou ek weer die “blues” kry. Hoop julle hou daarvan.

Gister het ek die blues gehad, sommer erg ook. As ek die blues het, dan doen ek sulke goed. Ek skuif ook my meubels rond en ek luister na die musiek van Van Morrison, Eric Anderson en Jan Blohm. (Ek wonder wie van julle ken ook die eerste twee se musiek). Dis blou musiek, o so blou!

My man noem dit gerookte musiek, want hy sê net iemand wat “iets” gerook het, kan na sulke musiek luister. Maar ek rook niks. Het al sigarette probeer, maar dit smaak te sleg. Het ook lank, laaaank gelede “Iets” probeer rook, maar toe eet ek daarna byna die hele yskas leeg en dit sou nie vir my werk nie. Ek kyk net vir kos, dan spring dit op my boude!

So, nou rook ek niks en ek drink net Tequila. Dis al alkohol wat nie maak dat daar so ‘n swaar man op my skouers kom sit nie. Maar natuurlik kan mens nie elke dag Tequila drink nie. Wat ‘n jammerte.

Hier is die lirieke van een van Eric Anderson se songs. Ek is vandag bietjie minder blou; teen more sal dit weer okay wees.

Spanish Steps

Words and Music by Eric Andersen
This song is a brief chronicle of frequently separated lovers. It begins on the Spanish Steps of Rome. English poet John Keats died in a small house at the foot of the steps.

Meet me on the Spanish steps oh you will not wait long
Near the place where we first met it was on the streets of Rome
You were young and your eyes were bright your cheeks were flush and fair
We were eye to eye on the Spanish steps I can see you standin there

When I was sailing the Portland coast your face came back to me
It became so real it was never a memory
A friend once asked would I send a word to the one in the long blue skirt
I didn’t want to lose you I didn’t know what one was worth

Later on we met again and we drank by the Oslo docks
The fire of art shot from your hands spillin freely from your heart
More than a smell of a memory and more than a love by choice
The thing that I remember best was the beauty in your voice

So now it’s you and I my love and the two you bore for me
I love you for your strength that you carry so quietly
So let us hold our glasses high and keep our voices hid
And take me down on this summer’s eve beneath the birches now
Meet me on the Spanish steps oh you will not wait long

Near the place where we first met it was on the streets of Rome
You were young and your eyes were bright your cheeks were flush and fair
We were eye to eye on the Spanish steps I can see you smilin there
I still see you smilin there

Lekker naweek almal! Ek gaan vries in Sutherland.

Advertisements

5 Responses

  1. Geniet Sutherland. Dit is baie mooi en dit het ‘n anderse bekoring. Neem baie foto’s. Die lug is blouer as blou daar!

    Die blues sal weg wees – gewaarborg. Wanneer jy weer gevoel in jou vingers en tone sal terugkry, kan ek nie sê nie.

  2. Wie’t gese mens kan nie elke dag Tequila drink nie…?

  3. Gerookte musiek…ha ha. Jy en my man sal goed oor die weg kom. Hy luister ook gerookte musiek. In die begin wou ek my polse sny as ek dit hoor, maar musiek soos Cohen groei nou al so bietjie aan my. Persoonlik help smarties of marsmellows vir my blues. Mooi bly!

  4. ek luister baie vir gerookte musiek. geniet dit. pleks van teguila drink ek so ‘n lekker belgiese bier daarby.

  5. does anyone knows if there is any other information about this subject in other languages?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: