Sneeu soek, Bungi jump, ens.

Sondag oggend half nege is ons by die huis weg, op soek na sneeu. Ek is nie een vir koue nie, maar ek glo ook mens moet ALLES ten minste een keer probeer. So, ek gaan nog een keer Europa toe in die winter om te gaan “snowboard”. Sal die ski maar eers ‘n mis gee, dit lyk makliker om te “snowboard”

Weet nie wat gaan ek aantrek om warm genoeg te bly nie, want ek HAAT baie klere aantrek. En as ek nooit hoef skoene te dra nie, sal dit ook nog te gou wees. Somer of winter, dit waai eerste as ek by die huis kom. Ek het sulke katjie slippersokkies wat ek in die winter dra, is amper soos kaalvoet. Hulle is ook nou al gedaan – wil iemand nie vir my ander brei nie?

Anyway, ek dwaal af. Ons is oor die berg Worcester toe en toe Touwsrivier toe, maar daar was net so klein bietjie sneeu nog bo-op die berge.  By Touwsrivier wou ons ontbyt eet, en al wat ons toe kon kry is ‘n restaurant by ‘n BP vulstasie, wat maar bietjie ‘shady’ gelyk het van ver af. Draai toe maar daar af en besluit om eers net in te loer. Was ek nou aangenaam verras.

Dis ‘n plekkie waar mens nog regte boere ontbyt kry, met alles vars en die HEERLIKSTE konfyte. Jy kan ook tuisgemaakte koekies, konfyt en ingelegde lekker goete daar koop. Daar is selfs ‘n paar oornag kamers en chalets. En daar is die mooiste hout kershouers op die tafels, wat iemand plaasliks vir die restaurant gemaak het.

Sien my link:  http://www.cyberm.co.za/komkyk.htm

Dit bewys weer my punt – beproef alles. 

En van beproef alles gepraat – begin Julie gaan ek bungi spring by Tsitsikama. Dis vrek hoog – ek was al daar, maar het nie die moed gehad om te spring nie. Ly nog boonop ook aan hoogtevrees, maar mens moet jou “demons face”! Nou GAAN ek. Tot dan toe gaan ek moed bymekaarskraap, want dié keer draai ek nie om nie – my reputasie is op die spel!

Advertisements

3 Responses

  1. Ek haat skoene dra, dit waai ook altyd eerste. Oulike blog, ek sal gereeld kom inloer.

  2. Welkom! Pragtige foto vir jou blog. Naby Scarborough? Die foto voed my verlange…

  3. Miskien is dit tog nie so mal idee om kaap toe te trek nie. Daar is altyd iets om te sien en êrens om te gaan.

    Amazing foto!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: