Hoekom Sonkind?

Hoekom Sonkind? Want ek kan nie sonder die son nie. In die winter moes ek ‘n beer gewees het wat in ‘n gat kon kruip en eers weer uitkom as die swaeltjies terugkom en die seisoen terugdraai. Ek het al baie gewonder of dit iets te doen het met die tyd van die jaar wanneer mens gebore is. Ek is amper in die middel van November gebore, in Worcester, so ‘n lekker WARM Bolandse dorp.

Miskien is dit hoekom ek nie krag vir die winter het nie. In die winter kom sit daar so ‘n lelike donker man met ‘n lang swart jas, met ‘n donker kap, sodat jy nie sy gesig kan sien nie, in my kop. Ek raak so bietjie af as die reën te baie dae aanhou, het al my voete gestamp en na Bo geskree “dis nou GENOEG reën, ASSEBLIEF!”

Wonder ook of ek daaroor gestraf sal word, want al raak ek so obstroppolis oor die reën, is ek nogal gelowig. Ek is heeldag in gesprek met die Here, ek glo nie daaraan om Hom te bêre net vir bid of kerk nie. Soms sê ek sommer so in die middel van ‘n ding dankie vir my seëninge of iets spesiaals. Dus wonder ek of Hy kwaad raak as ek so opstandig is oor die weer, wat mos eintlik van Bo af kom.

Maar wag, ek dwaal af, iets wat ek nogal goed doen op ‘n gereelde basis! Wat ek wou weet, daar is mens wat MAL is oor die winter (ek is MAL daarvan!). Nou wil ek weet; is daardie mal-oor-die-winter-mense dalk in die winter gebore? Hoekom maak winter party mense “happy” en ander “crappy”?

Groete uit ‘n koue Kaap tot later. 

Advertisements

8 Responses

  1. Ek is ook ‘n Sonkind. Die winter gee my die blues. Ek is in Namibië se binneland in Oktober gebore – so goed soos somer in die Kaap. Ek is bly ek is nie al een wat in ‘n gat wil kruip nie. Al wat goed is van die winter is sop eet. Ek bibber op die oomblik….. lekker aand!

  2. More Jo-Ann

    Dankie vir die besoek aan my site. Ek leer nog maar hoe die blog ding werk en het gedink niemand gaan OOIT hier uitkom nie.

    Ek was nog nooit in Namibië nie, maar wil VREESLIK graag soontoe gaan, veral Walvisbaai toe.

    Die naweek gaan ek Sutherland toe (DINK aan my!!!), want ek het lankal vir manlief belowe hy kan vir sy verjaarsdag gaan sterre kyk. Nou sal ek maar suffer, want dis mos DIE koudste plek.

    Ek het vir my so ‘n kombersjas gekoop waarin ek myself gaan toedraai. Sal Maandag hier kom rapporteer en probeer om ‘n paar mooi foto’s ook te plaas.

    Mooi dag verder!

  3. Wow, jou foto bo-aan is ongelooflik. Daar is niks soos die Kaap op ‘n mooi dag nie…

    Ek is in die winter gebore (in Pretoria, miskien die deurslaggewende punt), maar is nie ‘n groot winter liefhebber nie. Maar… ek moet byvoeg dat ‘n sonnige wintersdag in die Kaap vir my beter is as ‘n somersdag. Dit moet daardie varsheid in die lug wees!

  4. Welkom by ons ou gemeenskappie!

    Ek is ook ‘n Oktoberbaba, gebore in Pretoria en grootgeword tussen Pta en Namibië. Winter maak my mal….ek hou niks daarvan nie.
    Nou wil ons wragtag nog Kaap toe trek….ek dink die madness is nou terminaal!

  5. Ek is `n Februariebaba en hou beslis nie van die winter nie. Ek dink ons moet saam die gat gaan soek waar ons kan wegkruip tot dit warmer is. Ek is beslis `n somer mens en kan nie wag dat die winter verby is nie.

  6. dis great om te sien hoe meer en meer afrikaanssprekendes wordpress begin gebruik. hartlik welkom 🙂

  7. Jy moet maar nie Engeland toe gaan in die winter nie.

  8. […] 24 Mei 2007 begin ek as Sonkind blog. Ek was nog so groen wat blog betref en het die grootste klomp strooi kwytgeraak. Die bloggery […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: