Fotos (updated 26-04-08)
Van tyd tot tyd sal ek fotos hier plaas, van plekke, dinge en goete (en dalk mense ook) wat vir my mooi/snaaks/anders is.
Die skuite kom in by Kalkbaai.
Water oor die rotse.
Nuwe Suid-Afrika?
Ingang na Che Bar in Kalkbaai - Lekker Cocktails!
Che Bar, Kalkbaai.
Binnekant Che Bar.
Ons is ook honger!
Vissermanne in Strand.
Seilboot in Strand.
Liefie vang ‘n Wit Steenbras.
Elke donker wolk het ‘n silwer randjie!
$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$$
As ek op my trappie by my voordeur staan, is hierdie my uitsig!
Sonsak tyd
Ons het vir die eerste keer ‘n draai by een van die grootste kwekerye in die Kaap gaan maak. Dis naby die N1 oppad Paarl toe en reg oorkant die berugte Ranch, waar die duur “dames van die nag” woon
Die kwekery is amper so groot soos ‘n winkelkompleks en ek wens ek kon al die mooi goed huis toe bring!
Hierdie papegaai is in die een winkeltjie en loop die hele winkel vol. Sy naam is Bugsy en nadat ek hom afgeneem het, wou hy amper op my kop klim.
Buddha by die water.
Feetjie vir jou tuin.
Venus in die woud.
Pad na die paradys?
Sal hy diewe afskrik?
Oupa sit oppie stoep
Koi vissies.
Bonsai boompies.
Baba by die water.
Regte outydse hobbelperd.
En laastens, die nuwe toevoeging tot die familie - Megan se hondjie. Klaar ‘n stoutgat!
******************************************************************************
Hierdie fotos is vandag geneem by Milnerton en op Bloubergstrand. Die wind het gewaai vir ‘n wen en ‘n plek!
Toring by Woodbridge, Milnerton
Seevoels langs die Dieprivier, Woodbridge
Kanovaarders op Dieprivier, Milnerton
Tenkskip, gesien vanaf Bloubergstrand
Die kitesurfers by Bloubergstrand
****************************************************************************************
Hierdie huis staan in Kuilsrivier. Wat het hierdie persoon gerook terwyl hy hierdie huis gebou het?
As jy dalk weer eendag ‘n pampoen soek vir Halloween - die Pampoenstalletjie tussen Worcester en Robertson!
############################################################
‘n Dassie by Goudini
Ja! Wat wil jy sien?
By uitkykpunt - Chapmanspiek. Die voeltjie wonder seker wat se snaakse gedierte is die!?
Bobbejaan op sy klip?
Vat jou goed en trek!
Twee studies in swart en wit -
*************************************************************************************
Jacobsbaai - hier het ons die naweek gebly.
En hier het ons GEKUIER!
Die Titanic op Paternoster? Nee - net Megan (my dogter) op Asjas
Ai, dis lekker om jonk en verlief te wees!
Binne Paternoster Hotel - by Ontvangs.
Die volgende drie fotos is met my foon geneem en die kwaliteit is nie ewe goed nie. Dis van onse vissermanne en die sonsondergang in Jacobsbaai, van die kreeffabriek se muur af!:
************************************************************
Die Calypso kom Houtbaai se hawe in.
Rob-eiland
Kampsbaai, van Kloofnek pad af gesien
Kleinmond
Skulpie by Kleinmond
Rivier by Wolseley
Tiekie - sy moet nog net praat, dan is sy ‘n mens!
‘n Pou by Touwsrivier
Na Montagu - deurgang na ‘n ander wereld
Bloukrans Tsitsikama - hoogste bungi springplek!





































































Jy mag maar!
Ek is mal oor die foto van Megan of Asjas - dit is vol jeugdige energie! Mens kan haar eintlik hoor lag in die wind…
Sonkind, jou meisiekind is pragtig!
Dankie Zee! Gister (4 Feb) was haar verjaarsdag. Sy is nou 22.
SS, Nou dan is n never late than sorry happy birthday vir haar toegewens
Hoop julle het haar dag geniet!
LOL! - Ja, ASJAS, ai man, kan ek en jy nie maar elke dag op asjas die see invaar nie? dink net aan die stilte op die see wat ons so baie van praat.
Gaan ons nog by Bloukrans spring? Wel, ek gaan, net om te sê ek het dit gedoen. Ek het mos gesê ek weet ek gaan ‘n rukkie moet dink voor ek val. LOL!!!
Hi Sonkind,
Daardie huis is dalk die huis van ‘n kunstenaar? Jou fotos is pragtig. My skoonpa het ook ‘n stukkie grond op Kleinmond. Die see bly maar mooi.
Groete
Sonneblom
Hallo daar! Wow dis mooi fotos.
Ek was darem al tot op George en Mosselbaai. Ek wens ook om eendag die Kaap te sien, maar omstandighede het dit tot duver nie toegelaat nie.
Daardie huis lyk amper soos ‘n mampoer stookketel!
Die foto van Loving you inside out “Te adorando pelo avesso” is ongelooflik. Na 511 se troues se foto’s het ek arrogant begin dink ek weet iets. Weereens moes ek terug slenk aarde toe.
Leon, noem my blond vir die oomblik , maar van watter foto praat jy hierbo?
As jy weer in my dorp kom, kom drink koffie!