Sonkind

Bring jou Hart
Ek het nooit “posters” teen my kamermure opgeplak toe ek ‘n tiener was nie. Dit was altyd vir my so half doelloos om te smag na onbereikbare mense, soos Hollywood sterre en diesulkes.

Ek het eerder ‘regte’ mense bewonder, mense wat ek geken het, mense van vlees en bloed, nie net papier teen my kamermuur nie.

Daar was ‘n neef van my wat ‘n polisieman was. Hy was heelwat ouer as ek en sy een oordrom het gebars in ‘n landmyn ontploffing, destyds in Angola, toe ons soldate mos nie regtig in Angola was nie. Danie Benz - ek het gedink hy is cooler as ‘n slush puppy.

Dan was daar ‘n prokureur wat my pa geken het, Golombik. Ek was bitter jonk, maar ek onthou dat hy die ou wat sy vrou met ‘n beeldjie doodgeslaan het, (iewers in ‘n rykmansbuurt in die suidelike voorstede van Kaapstad) verdedig het. “I was in awe of him!” Elke keer as hy by ons op die plaas gekom het, het ek so stil soos ‘n muis gesit, sodat die grootmense my nie moet raaksien en uit die geselsskap stuur nie, want hy was die mees fassinerende man wat ek ooit gesien het. En eendag het hy einste dié kliënt, wat toe op borgtog uit was, saamgebring plaas toe. Ek het nie geweet of ek bang of nuuskierig moes wees nie.

Toe kom TV en sepies en die eerste sepie wat ek gekyk het, was Santa Barbara en daar raak ek die eerste keer verlief op ‘n akteur - Cruz. “O my word!” As ek toe ‘n ‘poster’ van hom in die hande kon kry, was dit sekerlik teen my muur.

Maar ook daardie liefde het oorgewaai en ek het groot geword en ouer geword en geeneen het weer my pad gekruis, wat my heldeverering werd was nie.

Tot gisteraand toe. As ek nou nog op die plakkaat-teen-die-muur stadium was, sou die versoeking BAIE groot gewees het.

Liefie het my al baie gespot oor my sagte plekkie vir dié spesifieke persoon. As hy op TV is, dan roep Liefie; “Kom kyk gou! Hier’s jou boykie van Beaufort-Wes!” Dan vat ek die draai na die TV-kamer so op een been, met skreeuende voetsole.

Megan, my meisiekind, was al so bevoorreg om een aand saam met vriende by Theuns se huis in die Kaap te kuier, saam met hom. Dit was nou die een keer wat hierdie ma groen van jaloesie was. Vra ek haar wat sê hy, hoe is hy? Antwoord sy my ongeërg; “Jene Maaa, hy is net soos enige ander mens, doodgewoon, baie nice.”

Ai tog kind, hoe blasé kan mens tog wees? Maar nou ja, sy is seker reg.

Toe bring Liefie gister vir my die DVD - Bring jou hart.

Ag, my swak hart. Dis so mooi, so verskriklik mooi. Daai man se STEM! En selfs Juanita, wie se musiek ek nie eintlik luister nie. het my doeksaf gesing. Die twee het werklik ‘n vertoning gelewer wat onvergeetlik is. Daar is ietsie op vir amper elke smaak en nes mens dink jy het nou die beste gehoor, dan kom die volgende lied en dis mooier as die vorige een.

Die heel, heel mooiste is waar Theuns en Juanita saam Koos du Plessis se Gebed sing. Ek het hoendervleis gekry en koue rillings en trane in my oë, als tesame, so mooi is dit.

Gebed van Koos du Plessis

Laat my nooit die grond verlaat nie

Laat my in U skaduwee bly

Gee dat elke aardse vreugde en vrees

Eintlik nietig word vir my

Elke dag is ‘n gedagte

Elke kamer net vir U,

Elke aardse droom van rykdom en roem

Net ‘n skadu teen die muur

Elke afdraaipaadjie ken ek

En elke keer het ek gedwaal

Elke keer het U my iewers kom haal

Maak dit Heer die laaste maal

Wat ek is, is net genade

Wat ek het, is net geleen

Eintlik smag ek na U waters van rus

Lei my Heer, vanaand daarheen

Ek het vasgenael gesit tot die laaste note wegsterf en toe het ek Liefie ‘n vet soen gegee vir ‘n lief-geskenk.

Eintlik moes hy twee gekoop het, want ek dink ek gaan hierdie een stukkend kyk en luister!

Feëtjieland
WIPNEUS het al so rukkie terug gevra dat ek my feëtjies moet wys. (Wip, ek kry nie jou inskrywing van jou feëtjietuin nie!)

Elk geval, ek het nie eintlik ‘n regtige tuin nie, die feëtjies staan maar so op my boekrak en oral rond - eendag as ek groot is, sal ek vir my feëtjies hul eie huis bou.

Wel, hier is hulle, elkeen met hul eie storie en eie naam. Moenie my vra waar kom elkeen se naam vandaan nie - dit het net in my kop gekom toe ek hulle gesien het. Sommiges het dan ook nie ‘n naam nie.

Isolde is die hoof feëtjie. Sy was ‘n kersgeskenk van Liefie af. Sy is statig en koninklik en heers oor die ander feë.

Dan is daar Ally met haar paddafeëtjie. Het jy al ooit ‘n paddafeëtjie gesien? Kyk daar by Ally se hand. Ally is stout en ‘n regte karnallie. Moenie dat daai soet gesiggie jou flous nie!

Cynthie het my eendag geroep uit ‘n winkel se venster. Sy het gefluister niemand wil haar koop nie omdat haar oortjies so bietjie bakstaan. Toe bring ek haar huis toe en gee haar ‘n ereplekkie, op haar eie rakkie.

Elizabeth se gesiggie is die mooiste feëtjie gesiggie wat ek nog ooit gesien het. Sy kom van Montagu af, uit ‘n donker plaasstal, en nou sit sy in die lug en pas die ander feëtjies op.

Griselda en haar drakie was ‘n verjaarsdaggeskenk van my niggie, en ek weet sy het voorheen in ‘n plaasdamwinkeltjie naby Klapmuts gebly.

Mira en haar eenhoring kom ook van die plaasdamwinkel af. Sy is ‘n kersgeskenk van Megan af. Vir Mira en Ally moet ek fyn dophou, want hulle is geneig om erg kattekwaad aan te vang, tesame met die padda en die perd.

Simone het ek self gekoop. Sy staan in die hoekie, want die dag toe ek haar huis toe bring, glip sy uit my hand en kraak haar voetjie. Ek dink sy wou ontsnap, maar nou is sy gedoem tot die hoekie - foeitog.

Die ketelfeëtjie het Liefie se nefie vir my persent gegee en dit was so “sweet” van hom.

Dan is daar die Moon fairy en die Sleeping fairy. Ek kan nie meer onthou waar hulle vandaan kom nie, hulle was maar net altyd hier en dalk sal hulle eendag vir my hul name vertel.

Dan is daar heelwat ander karakterjies wat so tussen die feëtjies bly. Daar is ‘n kabouter, ‘n paar trolle, ‘n drakie en nog ander.

Eendag as die feëtjies en hul maatjies se huis klaar is, sal hierdie by hul voordeur hang.

Laaste is die feëtjies se bootjie en dan ‘n regte, egte outydse glasboei, wat die seevaarders in die jare toe die wêreld nog jonk was, gebruik het, lank voor lelike oranje boeie! Vandag gebruik die matrose in Feëland nog steeds net glasboeie.

It’s so wonderful; It’s so marvelous

And it’s believed to be everything is true in Fairyland

And if the Wizard had to wave his wand

then you would understand

Why every little girl and boy in the world

believe in Fairyland!

Die Son
Dit was seker onvermydelik dat ek een of ander tyd oor die son sal skryf. Nee, nie die poniekoerant nie, DIE PLANEET.

‘n Son is ‘n hemelliggaam waarom ‘n planeet wentel. Die aarde, asook verskeie ander planete, asteroїdes, meteorides en komete, wentel om die son. Die son, op sy beurt, wentel weer om die middelpunt van die melkweg, die sterrestelsel wat ons sonnestelsel bevat.

Die son bevat ongeveer 99.8% van ons sonnestelsel se massa. Die energie van die son, in die vorm van sonlig, onderhou amper alle lewe op die aarde en is ook die dryfkrag van die aarde se klimaat en weerstoestande.

Omdat die son die grootste en belangrikste liggaam in ons sonnestelsel is, is daar al verskeie metodes van waarneming (op ‘n afstand) geskep om die verskillende aspekte van die son te meet. Die son is die grootste kenmerk in ons sonnestelsel, al is dit maar net ‘n ster soos alle ander sterre in ons Melkweg. Die rede hoekom daar so ‘n ooglopende verskil in grootte en intensiteit is, is maar bloot weens ons nabyheid aan die son: slegs agt ligminute weg van die aarde af, terwyl ander sterre minstens ‘n paar ligjare van die aarde af is.

Die son het drie belangrike sones: die kern, die stralingsone en die konvektiewe sone.

Die temperatuur en druk in die kern van die son is intens. Die temperatuur daar word geskat as 15 000 000 °C, met ‘n druk van 340 biljoen keer die lugdruk by die aarde se seevlak. Dié druk is as gevolg van die son se swaartekrag, wat die enorme massa van die res van die son na binne trek. Dit skep die perfekte omstandighede vir kernfusie-reaksies en dit is hierdie reaksies wat die son se energie skep. Dit is dan ook hierdie energie wat geskep word, wat verantwoordelik is vir die lewe op die aarde. Die aarde se atmosfeer beskerm ons teen die meeste van die bestraling wat te sterk vir ons behoeftes is.

Die stralingsone strek tot 55% vanaf die kern, met die radius langs, aan die binnekant van die son. Die hoofdoel van hierdie sone is om energie vanaf die kern oor te dra na die oppervlak deur middel van uitstraling. Dit word gedoen deur middel van fotone - klein pakkette bestaande uit lig of magnetiese energie. Dit neem tussen 100 000 en 200 000 jaar vir ‘n foton om die Son se oppervlak te bereik! In hierdie sone daal die temperatuur van 7 000 000 °C tot omtrent 2 000 000 °C.

Tussen hierdie en die volgende sone word ‘n raakvlaksone bekend as die tagokline aangetref. Al het wetenskaplikes hierdie laag eers die laaste paar jaar begin bestudeer, het dit duidelik geword dat hierdie dun laag groot veranderings in fisiese karakter ondergaan. Daar is ook reeds voorgestel dat hierdie laag die oorsprong van die son se magneetveld is.

In die konvektiewe en laaste sone van die son se binnekant is die temperatuur ‘koel’ genoeg om die swaarder ione toe te laat om hul elektrone te behou. Omdat dit uitstraling baie moeilik maak, help konveksiestrome die oordrag van energie aan deur die fotone na die oppervlak aan te dryf. Hierdie sone beslaan die laaste 30% van die son se radius en kan gesien word as die streek waar die fotone hul laaste aandrywing na die oppervlak ontvang.

Wanneer die laaste foton uiteindelik uit die son se oppervlak ontsnap, word dit as lig- en hitte-energie vrygestel. Daar word geskat dat 700 miljoen ton waterstof elke sekonde verbruik word om 5 miljoen ton son-energie te produseer. Dit bepaal dan ook die tempo waarin die son homself ‘uitbrand’.

Die son is egter so groot dat, ten spyte van hierdie daaglikse brandstofverbruik, daar nog genoeg brandstof is om nog 10 biljoen jaar lank te hou! Die dag as die son uiteindelik al sy brandstof uitgebrand het, sal die swaartekrag veroorsaak dat dit insak. As dit gebeur, sal die kern nog groter druk ervaar en dan verhit en hierdie hitte na die boonste lae deur uitstraal, wat dan sal uitsit. Die son sal uiteindelik ‘n rooi reus word - ‘n baie groot, koel ster wat sy waterstofhulpbronne opgebruik het.

Die radiusuitsetting sal so groot wees dat die son se buitegrens die aarde se ligging sal verbysteek en sodoende die aarde sal insluk en in werklikheid laat verdamp. Die volgende wat dan sal gebeur is die totstandkoming van ‘n wit dwerg. Dit gebeur nadat die rooi reus se hele heliumvoorraad omgeskakel is na koolstof en die kern uitsit en afkoel. Nog verdere afkoeling sal lei tot die totstandkoming van ‘n swart dwerg, maar die proses vanaf ster tot swart dwerg neem biljoene jare.

Net soos die aarde het die son ook ‘n atmosfeer wat dit omring. Die son se atmosfeer bestaan ook uit drie sones, die fotosfeer, die chromosfeer en die korona.

Net bokant die oppervlak is die fotosfeer, die enigste deel van die son wat vanaf die aarde sigbaar is. Dit is tussen 300 en 400 km diep en het ‘n temperatuur van ±5 500 °C. Die fotosfeer het ‘n korrelrige of gestippelde voorkoms. Die temperatuur verlaag namate die afstand vanaf die son toeneem, so die gasse op die buitekant van hierdie sone straal nie soveel ligenergie as dié nader aan die oppervlak uit nie. Die effek van die visuele verdonkering van die buiterande van die fotosfeer word as “randverdonkering” beskryf. Aangesien hierdie rande donkerder voorkom, lyk dit vanaf die aarde asof die son ‘n skerp rand reg rondom het. Hierdie grens dui die oorgang van fotosfeer na die chromosfeer aan.

Die chromosfeer van die son se atmosfeer strek vanaf die fotosfeer se grens op tot ongeveer 2 000 km daarvandaan. Die temperatuur by hierdie diepte is tussen ± 4 200 °C en ± 9 700 °C. Hierdie sone word deur middel van konveksie verhit deur die onderliggende fotosfeer. Mens kan dit so veruidelik; relatief klein vingers warm gas vanaf die fotosfeer bars deur die chromosfeer se grens en verhit die omliggende gasmolekules. Hierdie vingers, wat as sonspykers bekend staan, duur net ‘n paar sekondes, al kan hulle tot lengtes in die omgewing van 5 000 km bokant die fotosfeer uitstrek.

Die korona is die finale laag van die son se atmosfeer en beslaan die grootste volume. Dit strek miljoene kilometers weg vanaf die chromosfeer/korona-grens. Dit is die deel van die son se atmosfeer wat gesien kan word tydens ‘n sonsverduistering - die dynserige lig wat die son se teenwoordigheid agter die maan aandui. Ten spyte van die patroon van die temperatuur in die fotosfeer en chromosfeer, waar die temperatuur verlaag as die afstand van die son af vermeerder, het die korona ‘n verskriklik hoë temperatuur - omtrent 2 miljoen °C! Die rede hiervoor is steeds onduidelik, maar wetenskaplikes vermoed dat dit iets te doen het met die son se magneetveld. Koronagapings is kenmerkend van areas wat koeler as hul omliggende streke blyk te wees, en wat sonwind toelaat om vanuit die korona na dieper ruimte te ontsnap.

Relatief koel en donker kolle verskyn nou en dan op die fotosfeer en dit word sonvlekke genoem. Dit is in der waarheid baie sterk magneetvelde wat deur die fotosfeer dring. Hulle kom altyd in pare voor, want die veldlyne gaan deur een sonvlek binne en keer terug na die fotosfeer deur die ander een. Elke elf jaar bereik die sonsiklus ‘n tydperk wanneer sonvlek-aktiwiteit dramaties toeneem. Die rede vir hierdie sonsiklus is nog onbekend, maar weer eens vermoed wetenskaplikes dat dit as gevolg van die son se magneetveld is.

Deur die studie van sonvlekke kon wetenskaplikes die son se rotasiefrekwensie vasstel. Die son draai een keer elke 27 dae om sy as.

Hoër op, in die chromosfeer, is daar gaswolke wat opstyg en gerig is op die magneetvelde wat deur die sonvlekke geskep word. Hierdie gaswolke, ook genoem sonvuurtonge, kan tot drie maande duur en oor die 50 000 km van die son se oppervlak af strek. Sonfakkels is uitbarstings van energie wat lyk asof hulle in die omgewing van sonvlektrosse in die fotosfeer ontplof. Die ontploffings stel gas, elektrone, sigbare lig, ultra-violet lig en X-strale vry. Wanneer hierdie verskillende soorte uitstralings die aarde se atmosfeer bereik, tree hulle in ‘n wisselwerking met die poolatmosfere en skep die Auroras - Aurora Borealis in die Noorde en Aurora Australis in die Suide. Sonvlamme kan ook inmeng met kommunikasiestelsels, omdat hulle verwante uitstralings die atmosfeer ioniseer, wat satellietkommunikasie via radiogolwe, onmoontlik maak.

Bietjie statistiek

Chemiese samestelling van die Son

Waterstof = 92.1%

Helium = 7.8%

Suurstof = 0.061%

Koolstof = 0.030%

Stikstof = 0.0084%

Neon = 0.0076%

Yster = 0.0037%

Silikon = 0.0031%

Magnesium = 0.0024%

Swawel = 0.0015%

Spoorelemente = 0.0015%

Son se massa = 1.989 ´ 1030 kg

Massa relatief tot die Aarde = 332.8 : 1

Gemiddelde afstand vanaf die Aarde = ± 150 miljoen km

Radius = 696 000 km

Radius relatief tot die Aarde = ± 109 : 1

Oppervlaktemperatuur = 5 500 °C

Temperatuur by die kern = 15 000 000 °C

Gemiddelde digtheid = 1.41 g/cm3

Ouderdom = 4.5 biljoen jaar

Rotasietydperk = tussen 25 dae (by die ewenaar) en 36 dae (by die Pole)

Liggewendheid (die totale hoeveelheid energie wat per sekonde vanuit ‘n hemelliggaam gestraal word) = 3.83 ´ 1026 W

Afstand vanaf die kern van die Melkweg = 25 000 ligjare

Bron: - http://www.wikipedia.org/

Nataniël
Ek was vroeër vanaand by die bekendstelling van Kaalkop 2, Nataniël se nuwe boek. My “claim to fame” is dat ek saam met hom op skool was. Hy is klein en kort en fyn en skreeusnaaks.

Ek het een of twee foto’s van hom geneem, toe vertel hy my sommer daar van die kissie af, waarop hy moes staan sodat ons almal hom kon sien, dat hy my sal opspoor as ek hom laat vet lyk op die foto’s. Nee wat, Nataniël, ek hoef nie bang te wees nie, jy het lankal daai “baby fat” langs die pad verloor!

Toe hy my boek teken, skinder ons gou so ‘n kort sessie oor ons onderwysers van destyds. Ek wens ek kon langer met hom gesels, maar sy tyd is beperk en almal soek ‘n handtekening in hul boeke.

Nataniël is seker vir sommige mense ‘n “acquired taste.” Vir my is hy iemand wat vir die wêreld gewys het dis okay om anders te wees, om jouself te wees, al pas daardie jouself-wees nie in die samelewing se kassies in nie. Dat dit, soos hy sê, okay is om die seël te lek, maar nie die brief te pos nie, want die “kick” het jy reeds klaar gekry!

Vandat hy 20 jaar gelede sy solo-debuut gemaak het, het hy al reeds meer as 60 oorspronklike verhoogproduksies aangebied, 13 albums vrygestel en 10 boeke gepubliseer. Sy shows is natuurlik ‘n belewenis. KAALKOP 2 is ‘n opvolg van die suksesvolle KAALKOP, Nataniël se eerste versameling rubrieke. KAALKOP 2 bevat 42 verdere aflewerings van die gewilde SARIE-rubriek, plus 26 nuwe verhale en 14 prettige verse.

Sy rubriek verskyn al 7 jaar in Sarie. Hy is ook direkteur van sy eie produksie maatskappy en van KAALKOP TRADING, vervaardigers van leefstylprodukte. By alles is hy ook Ambassadeur van Kindersorg SA. Dis omtrent ‘n mondvol. Soos sy uitgewer tereg sê, hy pas ‘n leeftyd in elke week in.

Nataniël bepleit die lees van boeke, dat ons ons kinders weer moet leer boek lees. Sy woorde: “‘n Boek is die enigste ding wat jy nie hoef af te sit as die vliegtuig opstyg nie. Tussen die bladsye van ‘n boek kan jy nog privaat wees, wegraak tussen die woorde sonder dat daar ander mense ook aanlyn is, sonder dat jy ‘n virus kan optel. ‘n Boek is die goedkoopste reis na verre lande. En as jy dan nie wil lees nie, snuif hom net, man - daar is ongelooflik baie gom in sy blaaie!”

Hy vertel sy eerste herinnering van vrees is toe hy klein was en op een of ander kamp was en almal ‘n fliek oor Nero of een of ander Romeinse keiser gekyk het. Daar was mense wat vir die leeus gegooi is en die skare het gejil en mal tekere gegaan. Die geraas het hom beangs gemaak en hy het gevoel hy kry nie asem nie. ‘n Paar jaar later was hy by Goodwood se skougronde met ‘n Republiekdagviering en weereens het hy daardie geruis van ‘n opgesweepte skare gehoor. So ook later by ‘n sokkerwedstryd en rugbywedstryde.

Uiteindelik het hy besef die meeste mense laat hulle meevoer deur ‘n groep-aksie, raak heeltemal weggevoer en opgesweep in ‘n groep, sonder om vir hulself te dink. En dat daar baie min mense in hierdie wêreld is wat verstaan dat daar enkelinge is, wat nie asem kry tussen sulke groepe nie, wat eenkant moet staan, volgens hul eie reëls moet lewe, om genoeg asem te kan kry om aan te hou sinvol lewe. Mense wat buite die samelewing se kassies lewe, want hulle pas doodeenvoudig nie binne-in nie.

Nataniël, ek is bly jy het gekies om so te lewe sodat jy genoeg asem kry, om te wees wie JY is, en dis vir my ‘n voorreg om te kan sê ek ken jou. Mag jou toekoms altyd blink en mooi wees en bly.

Donderdag, 11 Mei 1978
11 Mei 2008, Sondag, Moedersdag.

30 jaar gelede - 11 Mei 1978, Donderdag. Die laaste dag wat enige iemand vir Andrea gesien het. Was daar vorige jare wat Moedersdag op 11 Mei was? Ek weet nie. Waar is Andrea se ma vandag en hoe voel sy, na 30 jaar, op Moedersdag? Ek kan my nie indink nie.

Selfs vandag nog kan ek vir Andrea sien as ek my oë toemaak. Haar Pippie Langkous vlegsels wat hop as sy “hopscotch” gespeel het. My ma het altyd gepraat oor hoe besonders haar bruin oë by die witblonde hare was. Blonde mense het mos meestal blou oë. Sy was mooi, regtig mooi, die seuns was mal oor haar. Maar sy was nie gepla met hulle nie. Sy was ‘n ‘tomboy’ wat rokke gehaat het, boom geklim het, albaster gespeel het beter as enige seunskind. Of dalk het hulle haar net laat wen.

Sy sou daardie jaar twaalf geword het, maar sy is weg lank voor haar verjaarsdag. Daar was netbal die middag, sy is omtrent drie uur die middag by die skool weg, op haar fiets. Soos soveel ander middae voor dit. Almal van ons het destyds fiets gery, party het soms sommer gestap. Hulle plaas was omtrent twee kilometer van die skool af, met die grootste gedeelte plaaspad, grondpad.

Sy het nooit by die huis gekom nie. Ouers het nie daardie jare sommer binne ‘n uur of wat na kinders begin soek nie. Kinders het tussen die plase oor en weer by mekaar gekuier. Ses uur daardie aand het haar ma gebel. Nee, sy was nie by ons nie, sy het gesê sy gaan huis toe, na die netbal. Sy moes gaan leer vir ‘n toets.

Niemand was onmiddellik bekommerd nie. Elkeen wat gebel is, het maar gedink sy is dalk by die volgende een. Maar teen agtuur daardie aand het die grootmense besef sy is weg.

Die polisie is gebel, maar daar was nog nie genoeg tyd verby om haar as vermis aan te gee nie. Dit was jare voordat kinders wat sommer net verdwyn, onmiddellik as baie ernstig beskou is. Almal het maar net geglo sy gaan iewers opduik. Hoe kon almal so blind gewees het? Is dit omdat dit ‘n ander era was? Sou hulle haar gekry het as hulle gouer in alle erns na haar begin soek het? Hoe sal ons ooit weet en watter verskil sou dit na alles maak?

Sy het nie die volgende dag teruggekom nie en ook nie die dag daarna nie. Sy het nooit weer teruggekom nie. Uiteindelik is daar ‘n volskaalse soektog na haar geloods. Volkshuise (soos ons dit daardie jare genoem het) is met ‘n fynkam deursoek deur die polisie. Ek dink soms het hulle die mense onnodig hardhandig behandel, maar niemand kon lig op Andrea se verdwyning werp nie. Nie toe nie en ook nooit daarna nie.

Dit was asof sy in die niet verdwyn het, asof sy nooit regtig daar was nie. Daar was later pamflette. Ek onthou die pamflette.

VERMIS, Andrea Louise du Toit, 11 jaar oud. Met ‘n skoolfoto van haar, wat die vorige jaar geneem is. Sy glimlag breed op die foto en mens sien die ‘dimples’ in haar wange. Ek het nooit eers geweet sy het nog ‘n naam gehad nie. Louise - dit het nie by haar gepas nie en ek het gewonder van wie sy dit geërf het.

By die skool het almal ‘n storie gehad oor waar Andrea is. Sy het weggeloop Hollywood toe om ‘n beroemde filmster te gaan word. Sy het mal geraak en die berge ingevlug en bly iewers in ‘n grot. Sy het saam met ‘n ouer man weggeloop en hulle sou trou sodra sy groot is. ‘n Vreemde vlieënde voorwerp het haar opgesuig en nou gebruik die ‘aliens’ haar vir toetse. ‘n Mal man het haar gesteel en haar in stukke gekap.

Die laaste scenario was die gewildste, totdat dit tot ons kinderbreine begin deurdring het dat dit ook die heel waarskynlikste was. Hoe naïef was ons destyds?

Was ons te jonk om te verstaan van verkragting? Amper. Seks was ‘n vae iets waarvan ons geweet het, maar die detail was soos om vir jouself deur stoom in ‘n spieël te kyk. Verkragting was ‘n woord wat mens op ‘n fluistertoon gesê het. Dit het ons laat dink aan vuiste, vuilheid, donker plekke, blou kneusmerke, skande, pyn en hartseer. ‘n Woord wat ons laat voel het ons gaan gestraf word as ons dit hardop sê.

My kleinsussie het in hierdie tyd vir my ma gevra wat is verkragting. My ma het rondgeskuif, weggekyk en toe geantwoord, en ek sal haar woorde nooit vergeet nie.

“Dit is die vernietiging van alles wat vir ‘n vrou mooi behoort te wees.” Ek het dit nie toe verstaan nie, eers baie jare later het ek besef daar was nie ‘n beter antwoord nie.

‘n Paar dae na sy verdwyn het, het die polisie Andrea se fiets onder ‘n bos gekry, naby die treinspoor. Dit was nie naby haar roete huis toe nie, daar was geen verklaring oor hoe die fiets daar gekom het nie. Daar was net een stel vingerafdrukke op die fiets, Andrea s’n. As die fiets maar net kon praat. Verder was daar niks nie.

Andrea is nooit gekry nie, nie lewendig nie en ook nie dood nie. Haar ouers het die volgende jaar weggetrek. Sy was die enigste kind en hulle was reeds ouerig toe sy gebore is. Vir baie jare het ek gewonder of haar ma nou nie meer ‘n ma is nie. As ‘n mens skei, dan praat jy van jou eks-man of eks-vrou. Was haar ma nou ‘n eks-ma omdat sy nie meer ‘n kind gehad het nie?

Ek verskoon hierdie onsinnige gedagtes van my omdat ek dit gedink het toe ekself nog net ‘n kind was, omdat ek nie die omvang besef het van die verlies van ‘n kind nie. Verlies is ‘n eensame ding, maak nie saak hoeveel ander jou troos nie, dit bly net jou eie seer. Niks en niemand kan dit ligter maak nie. Die verlies van ‘n kind is iets wat ‘n ouer doodmaak. Jy kan asemhaal en aanhou lewe, maar eintlik is jy dood, saam met jou kind. Hoeveel te meer as jou kind net weg is, vir altyd net weg is.

Ek het Andrea se ma net een keer daarna weer gesien, amper twintig jaar later. Ons was in ‘n winkel waar daar linne op uitverkoping was. Ek het haar glad nie herken nie. My niggie wat by my was, het gesê; “Onthou jy vir Andrea wat weggeraak het? Daar is haar ma.”

Sy was spierwit grys en het oud en verwaarloos gelyk. Ek wou nie vir haar kyk nie en ek is uit die winkel sonder om enige iets te koop. Dit was vir my soos heiligskennis om na haar te kyk en te weet haar kind is na al die jare nog steeds net weg.

Vandag het ek haar weer onthou. Vanoggend het ek gewonder hoekom die datum aan my krap. Eers het ek gedink iemand verjaar en ek kon nie onthou wie nie. Dis eers vanmiddag, toe ek in die kafee staan om melk en brood te koop en die witkopdogtertjie haar ma se hand vat, toe hulle uitloop, dat die onthou my getref het, soos ‘n vuishou in die maag.

Sy sou nou 41 gewees het, maar vir my sal sy altyd 11 bly. Ek hoop iewers is daar vandag iemand om haar ma te troos op hierdie bitter dag, wat vandag saamval met Moedersdag, vir ‘n ma sonder haar kind.